”Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.”
(2 Kor. 7: 1020)
Wat maak ons bedroef?
Almal van ons ervaar droefheid deur die loop van ons lewe. Dit kan die verlies van ‘n geliefde wees. Dit kan die verlies van iets wat vir ons kosbaar is, wees. Dit kan die ongenaakbaarheid van die wêreld wees. Dit kan die seer en pyn van ‘n ander wees. Wat dit ookal vir jou beteken, en wat jou bedroef maak, ons almal moet dit verwerk en voort gaan met ons lewens.
2 Korintiërs 7 stel dit duidelik dat droefheid wat oor ons pad kom, volgens die wil van God plaasvind. Ons word nooit gevrywaar van daardie seerkry nie. Daardie magtelose hartseer wat jou beetpak, wanneer dit met jou gebeur nie. Ons word soms lamgelê en dink dat ons nie weer sal kan aangaan nie. Maar wat ookal met ons gebeur dit is die werk van die Here om ons te lei na ons verlossing. Want Hy het ons so lief gehad dat Hy sy eniggebore seun gegee het om vir ons sonde te ly.
Jesus Christus het ook die droefheid ervaar, en verstaan ons lyding in die geval van hartseer.
Teksverse:
“Toe Hy ná sy gebed opstaan, gaan Hy na sy dissipels, en vind hulle van droefheid aan die slaap.” (Luk. 22: 4520);
“Hy is verag, deur mense verlaat, ‘n mens van smarte, bekend met siekte, soos iemand vir wie ‘n mens jou gesig verberg. Hy is verag, en ons het hom nie geag nie. Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor pns sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar genesing vir ons..” (Jes. 53: 3-520);
“As ek vrees vir ‘n verskrikking, dan kom dit my oor; dit waarvoor ek bang is, oorval my.” (Job. 3: 2520)
Die doel van droefheid?
Die doel van droefheid is om ons kans te gee om daardeur te werk, en steeds te besef dat God die Vader ons liefhet. Dit is God wat vir ons weer bemoedig, tydens, en na enige droefheid wat ons teëgekom het.
Soos Job moet ons steeds besef dat ons die Here kan loof, te midde van hartseer. Dit is Hy wat vir ons die vertroosting bewerkstellig. Ons moet besef dat hierdie hartseer en pyn slegs van tydelike aard is. Dit is die ewige nalatenskap, wat vir ons deur die verlossingsdaad van Jesus Christus bewerkstellig is, wat belangrik is.
Hoe kry ons dit reg? Ons vra die Heilige Gees om ons te kom vul met die vrede wat alleen van God af kom! Alleen is ons nie in staat daartoe nie. Die Here se nabyheid, wat ons altyd kan ervaar, is die enigste hoop wat ons het, in die wete dat God ons lief het. Elkeen van ons!
Teksverse:
“Want kyk nou net watter toewyding julle droefheid volgens die wil van God vir julle bewerk het: ja, watter verontskuldiging, watter verontwaardiging, watter ontsag, watter verlange, watter ywer, watter bestraffing! In elke opsig het julle getoon dat julle ontskuldig is wat hierdie saak betref.” (2 Kor. 7: 1120);
“Maar God, wat die neerslagtiges bemoedig, het ons bemoedig.” (2 Kor. 7: 620);
“Dan sal jongvroue vreugde vind in kringdanse, ook jong manne en ou manne saam met hulle. Ek sal hulle rou verander in vrolikheid; Ek sal hulle troos, en aan hulle vreugde gee in die plek van droefheid…” (Jer. 31: 1320);
“Die Gees van my Heer, die Here is op my, omdat die Here my gesalf het. Hy het my gestuur om ‘n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, om die genadejaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos,…” (Jes. 61: 1-220);
“Want ons ligte en tydelike verdrukking bewerk vir ons ‘n gewigtige en allesoortreffende ewige heerlikheid.” (2 Kor. 4: 1720);
“Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap nie, sodat julle nie treur soos ander mense wat nie hoop het nie.” (1 Tes. 4: 1320);
“Hy het gesê: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek na die skoot van die aarde terugkeer. Die Here het gegee en die Here het geneem. Mag die Naam van die Here geprys word!” (Job 1: 2120)
Sondag 18 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese 09:00 Sondag 18 Oktober 2026: LEEFKerk 17:00 Woensdag 21 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45 Woensdag 21 Oktober 2026Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik Woensdag 21 Oktober 2026Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5) Vrydag 23 Oktober 2026 18:00 Potjie, Vuur en Vermaak Saterdag 24 OKTOBER 2026 DANKFEES Sondag 25 Oktober 2026 : Nagmaal om 09:00 Kleuterkerk in konsistorie. Geen Kategese Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbedieing
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 28:16-20.
Die tema van die prediking is: Gaan uit!
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
Kategese.
Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 21 Oktober 2026 :
Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom.Marida – Epos Kontak.
Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5 – gelei deur ds Leon Cronje. Johan Smit – Epos Kontak.
Vrydag 23 Oktober 2026 :
Potjie, Vuur & Vermaak Konsert om 18:00.
Kampvuurkonsert op soek na deelnemersPotjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Saterdag 24 Oktober 2026 :
Dankfees 08:00-12:00🎉.
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟
Bydraes kan by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom en moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314. Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt, 5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom bylokaal 6 (Ma, Wo, Vr).
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom bylokaal 6 (Ma, Wo, Vr).
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.
🥪JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig jafflepanne (duidelik gemerk), braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke🧁Kolwyntjies🍞Brode🥧Tertjies.
📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼
☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog van die volgende bestanddele – koekmeel,olieen suiker.R7 elk.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Bring jou swembroek saam om die waterwurm en “dunk tank” te geniet! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2dehandse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook
mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.
📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goe
Sondag 25 Oktober 2026 :
Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
Nagmaal.
Hervormingsfees.
Kleuterkerk in die konsistorie.
GEEN Kategese.
Spesiale Offer vir Gideons by die deure.
Tee in die kerksaal na die erediens.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen (Nagmaal).
LEEFKerk – GEEN.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
In die voorportaal is nuwe lidmaatvorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Sterftes 2026:
4 Oktober – Hans Böhi: Blok 08C
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
“Met ons hele wese wag ons op die Here; Hy is ons hulp en ons skild” (Ps. 33:20 Afr20).
Verjaarsdae Week 43 NG Kerk Groot-BrakrivierOndersteuningsbediening Kersfunksie Uitnodiging 11 November 2026 NG Kerk Groot-BrakrivierOmgeebediening NG Kerk Groot-BrakrivierGetuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tajikistan
Tajikistan is die armste land in Sentraal-Asië. Sowat 93% van die land is bergagtig. Minder as 1% van die bevolking is Christene. Dit is in elke opsig ’n uitdagende sendingveld, en perfek vir radiobediening. Bediening dra egter groot risiko vir diegene wat dit doen, so FEBA se plaaslike personeel verskuil hul identiteite deur stemveranderingstegnologie tydens uitsendings te gebruik.
Ons gebed vir die week:Bid vir die veiligheid van FEBA Tajikistan se personeel en luisteraars en bid dat die uitsendings blywende vrug sal dra.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Erediensbediening:
Kry die skakel na die YouTube Erediens van 18 Oktober 2026,gelei deur ds Charné Viljoen.
Getuienisbediening
Missie Japan se nuusbrief oor die jaarlikse herfsbraai vir die Jeug van Japan.
Bybelstudiereekse:
‘Splitsekondes met God’is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Oorwin droefheid”.
Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00 Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00 Leraars: Ds. Charné Viljoen Ds Leon Cronje Kassiere: Alfreda Stander Skriba: Carmi Kriel Kerkkantoor Telefoon: 044 620 2205 Faks: 044 050 1532 e-pos: Epos Kontak webblad: www.nggrootbrak.co,za Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30 Bankbesonderhede: FNB tjekrekening Rek Nr. 530 831 865 11 Takkode 210314
As jy al God se goeie dade moes neerskryf, sou jy nooit klaarkry nie — vandag is ’n goeie dag om te begin. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Niemand is soos God nie
Teks: “Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.” (Ps. 40:6)
• God se troue liefde gee jou uitkoms, net soos Hy jou belowe het. (Ps. 119:76)
• God dink altyd aan jou — nie net partykeer nie, maar elke oomblik.
• Daar is niemand soos Hy nie: geen celeb, held of vriend kom naby sy grootheid nie.
• Begin vandag ’n lysie van dinge wat God vir jou gedoen het, en voeg elke dag iets by.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U altyd aan my dink — daar is niemand soos U nie.
Daar is baie stemme wat vir jou sê waar jy geluk sal kry — maar net een Stem kan jy regtig vertrou. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Tema: Vertrou net op God
Teks: “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.” (Ps. 40:5)
• Die Here het al soveel goeie dinge vir jou gedoen, net soos Hy belowe het. (Ps. 119:65)
• Dit gaan goed met die mens wat op God vertrou, nie op geluk, sterre of die nuutste neiging van mense nie.
• Wees versigtig vir dinge wat belowe om jou lewe te verander, maar jou van God af wegtrek.
• Kyk vandag mooi na wie en wat jy volg, ook aanlyn.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek my vertroue in U kan stel — help my om nie agter valse dinge aan te loop nie.
Soos jou gunsteling-liedjie wat heeldag in jou kop speel, wil God vandag ’n nuwe lied in jou hart sit. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: ’n Nuwe lied
Teks: “Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied vir ons God. Baie sal daarvan hoor en Hom die eer toebring, hulle sal op die Here vertrou!” (Ps. 40:4)
• God se woorde is soos ’n lied wat jou deur die lewe dra. (Ps. 119:54)
• Wanneer God jou help, sit Hy ’n nuwe lied van dankbaarheid in jou mond.
• Jou eie verhaal van wat God in jou lewe gedoen het, kan iemand anders help om ook op Hom te vertrou.
• Luister vandag doelbewus na ’n lofliedjie en sing saam.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir die nuwe lied wat U in my hart sit — laat my lewe U eer.
”As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle werklik vry wees.”
(Joh. 8: 3620)
Wat maak jou bevrees?
Iedereen van ons was al bang. Bang vir die onbekende. Bang vir wat voorlê. Bang vir wat in ons land aan die gang is. Bang vir mense, diere of vreemde omstandighede. Bang vir wat die vreemde veranderde toekoms vir ons inhou.
Ons is nie alleen in hierdie bangheid nie. Daar is menige verhaal in die Bybel waar vrees vir eienaardighede, onverstaanbare gedrag genoem word. Dit is bekend dat vrees kan lei tot gesondheids ongesteldheid. Om bevrees te wees kan ons as mens se lewenslus knak. Ons moet so spoedig moontlik dit waarvoor ons bang is, aanspreek. Anders kan dit tot ons ondergang lei.
Vrees kan ook tot mislukking lei. Soos duidelik uit die geval van die Gideon manskappe, wat vol moed aangemeld het, maar toe dit tyd was om die geveg deur te sien, het die Here gesê dat hulle liewer moet wegdraai terug huis toe.
Teksverse:
“En groot vrees het die hele gemeente en almal wat hiervan gehoor het, oorval.” (Hand. 5: 1120);
“Die man in wie die bose gees was, het hulle bespring en hulle almal oorweldig en die oorhand oor hulle gekry, sodat hulle kaal en gewond uit daardie huis gevlug het. Dit het bekend geword onder al die Joodse en Griekse inwoners van Efese, en vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is verheerlik.” (Hand. 19: 16-1720);
“Dit gaan sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.” (Spr. 15: 1583);
“Kondig dan nou aan ten aanhore van die manskappe, “Wie ook al bang en aan die bewe is, kan omdraai en wegvlug van die berg Gilead.” (Rig. 7: 320)
Hoe kan ons die vrees oorwin?
Die antwoord om vrees te oorwin, lê by die Here! Moses het die volk ingelig, dat daar geen nodigheid vir vrees is nie. God self sal vir hulle veg. Hulle kon dit net aanskou. Verder is daar menige tekste wat ons lei na die vrymaking van vrees. Wanneer ons besef dat ons vrymaking van alle vrees alleen deur geloof in Jesus Christus lê.
Deur die waarheid van die evangelie te ken, kan ons vrygemaak word. Deur die vrymaking van oorgawe aan Jesus Christus se verlossing. Deur die Woord van God te ken, kan ons vryheid van vrees ervaar, want ons krag is in die wapenrusting van God, wat ons soos wildsbokkies op hoë plekke laat loop, omdat ons die beskermende skild van die Woord aan het.
Staan dus gewortel in oorwinnende gesindhede deur die Gees van God. Plaas jou vertroue volkome in die hand van die Here. Want dit is waar dat elkeen van ons nie bang hoef te wees vir enige aardse teenstand nie, want as die Almagtige God vir ons is, wie kan teen ons wees? Daarby moet ons standvastig in ons geloof bly en met danksegging en lofprysing neerbuig voor die Vader wat ons so lief gehad het en uit genade gered het.
Teksverse:
“Maar Moses het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk. Want die Egiptenare wat julle vandag sien, sal julle nooit weer sien nie. Die Here sal self vir julle veg. Julle moet net stil bly.”” (Eks. 14: 13-1420);
“Die Here het die oordele oor jou afgewend, jou vyande uit die weg geruim. Die Koning van Israel, die HERE, is in jou midde; jy sal geen onheil meer vrees nie. Op daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: ”Moenie vrees nie, Sion; Moenie dat jou moed jou begewe nie. Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.” (Sef. 3: 15-1720);
“…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh. 8: 3220);
“God is my sterk toevlug; Hy maak my pad volmaak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms ‘n bronsboog kan span.” (2 Sam. 22: 33-3520);
“Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom,…” (Joh. 12: 1520);
“Op God – ek loof sy woord – ja, op God vertrou ek. Ek is nie bang nie, wat kan ‘n mens aan my doen?” (Luk. 1: 73-7620);
“Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het Hy net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die duiwel, kragteloos kon maak en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry.” (Heb. 2: 14-1520);
“Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie. Inteendeel , eerbiedig Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle lewe.” (1 Pet. 3: 14-1520):
“In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.” (1 Joh. 4: 1820)
Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese. Sondag 11 Oktober 2026: LEEFKerk 17:00 Woensdag 11 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45 Woensdag 11 Oktober 2026Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 6 (Avonddans) Woensdag 11 Oktober 2026Blokbyeenkoms om 18:00 -Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes, Melkhout Estate, Toekoms) Sondag 18 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese 09:00. Vrydag 23 Oktober 2026 18:00 Potjie, Vuur en Vermaak Saterdag 24 OKTOBER 2026 DANKFEES
Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes, Melkhout Estate, Toekoms) by Chris & Ann Pretorius, Heuwelsig 10 – gelei deur ds Leon Cronje. Ann Pretorius – E-Pos Kontak..
Verjaarsdae
Verjaarsdae Week 42 NG Kerk Groot-Brakrivier
Sondag 18 Oktober 2026 :
Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
Kategese.
Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Kampvuurkonsert op soek na deelnemersPotjie vuur en vermaak 23 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314.
Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez – E-Pos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost –E-Pos Kontak..
🥪JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak..
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke🧁Kolwyntjies🍞Brode🥧Tertjies.📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak..🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog van die volgende bestanddele – koekmeel, olie, suiker, eiers. R7 elk.📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak..
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..
“Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë” (Ps. 25:1 Afr20).
Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-BrakrivierOmgeebedieing NG Kerk Groot-BrakrivierOndersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Voertuig benodig
Voertuig benodig NG Kerk Groot-Brakrivier
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en geestesgesondheid
Mense se geestesgesondheid is wêreldwyd in ‘n krisis. Ongesonde werksomgewings, disfunksionele huishoudings, vrees, hartseer, ’n soeke na betekenis – mense smag na die vrede wat slegs God kan gee. FEBA Radio spreek geestesgesondheid aan deur Bybelse bemoediging en besprekings met kenners. In Oekraïne en Kirgisië word die programme deur opgeleide beraders gelei, terwyl ons spanne in Indië en Pakistan hulle toespits op bewusmaking oor depressie en angs in kulture waar dit as skandelik beskou word.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Radio se geestesgesondheidsprogramme luisteraars na die Bron van ware vrede sal lei
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Erediensbediening:
Kry die skakel na die YouTube Erediens van 11 Oktober 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
Getuienisbediening
Die nuutste nuus van Lynette van Maddagaskar is geplaas.
Bybelstudiereekse:
‘Splitsekondes met God’is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Oorwin die vrees”.
Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00 Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00 Leraars: Ds. Charné Viljoen Ds Leon Cronje Kassiere: Alfreda Stander Skriba: Carmi Kriel Kerkkantoor Telefoon: 044 620 2205 Faks: 044 050 1532 e-pos: Epos Kontak webblad: www.nggrootbrak.co,za Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30 Bankbesonderhede: FNB tjekrekening Rek Nr. 530 831 865 11 Takkode 210314