Afkondigings 12 – 17 Oktober 2025

Afkondigings

Sondag 12 Oktober 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan André du Plessis van Gideons wat ons gemeente besoek vanoggend.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Kolossense 3:12-17 (1983-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Wees dankbaar!
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Spesiale offer vir Gideons by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Maandag 13 Oktober 2025 :

  • Skole open.

Dinsdag 14 Oktober 2025 :

  • Die kerkraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van
  • Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die spesiale kerkraadsvergadering betreffende die standplaasverwisseling tussen ds Danie Goosen ends Leon Cronje van NG Stellenbosch Welgelegen gemeente.

Woensdag 15 Oktober 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons  . Alle belangstellendes welkom.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 41
Verjaarsdae Week 41

Sondag 19 Oktober 2025 :

  • Gesinsdiens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Biddag vir Gesondheidsdienste.
  • Kategese – kinders woon gesinsdiens by saam ouers/kategete.
  • Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsontbyt – Geopende Deure

Saterdag, 18 Okt om 09:00 (NG Hartenbos gemeente).
Kom geniet ‘n heerlike boere-ontbyt @ R70 pp, en bid saam vir ons vervolgde broers en susters.  Spesiale gas:  Henk Taute.
Bespreek jou plek by die kerkkantoor (044-6950440) of ds Johan E (0823726729).

Bedieninge

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons  .

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Ons benodig ook asseblief tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand vir ons Wolwedans uitreik werkers. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia – Kontak Ons    om dit by u af te haal.

Die getuienisbediening sê baie dankie aan al die gemeentelede vir hul skenkings om die Dagsentrum vir 60Plussers in bedryf te stel, asook die skenker van die twee selfone ontvang.

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons  .

“Mag my gebed standhoudend voor U wees soos reukwerk, die ophef van my hande soos die aandoffer” (Ps. 141:2 Afr20).

Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tajikistan

Tajikistan is die kleinste staat in Sentraal-Asië en meer as 90% van sy bevolking beoefen Islam. Godsdiens word streng gereguleer en Christene mag nie hulle geloof persoonlik of op skrif deel nie. FEBA se aanbieders gebruik stemwisselaars om hul identiteit te verbloem wanneer hulle God se Woord in kort Bybelprogramme deel. Hulle het ook onlangs ’n tienerprogram op sosiale media begin.

Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming en moed waar FEBA Tajikistan die evangelie verkondig en vra Hom om herlewing in die land te bring.

SS Konsert
SS Konsert
Dankfees 25 Oktober 20525
Dankfees 25 Oktober 20525

Dankfees

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314.
(Indien ‘n EFT gedoen word, moet udit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. Kontak gerus vir Pieter van der Merwe indien u graag wil help braai  – 📞 Kontak Ons  

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak Ons  .

📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak Ons  .

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak Ons  .

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb 8 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.  📞 Barbara Gericke – Kontak Ons   📞Corita du Preez – Kontak Ons  .

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie – Kontak Ons  .

🥪 Jaffles –­ R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak Ons   📞 Corrie Pieters – Kontak Ons  .

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon – Kontak Ons  .

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak Ons   📞 Elsabé Richards – Kontak Ons  .

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Kontak Ons  

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – Treintjie – R5 per rit, “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath – Kontak Ons  .

🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u  welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak Ons  .

🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Kontak Ons  .

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 12 Oktober 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 12 Oktober, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n heerlike begin vir elke dag.
    •  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Goed en Goedheid?”
  • Gemeentenuus:
    • Oorsig van Klub 50 se Oktober 2025 kunsgeleentheid is op die wetbtuiste.
    • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 10 Oktober 2025

Dagstukkies April

10 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here hoor jou gebede en antwoord wanneer jy opreg soek. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here verhoor jou gebede


Teks: “As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou” (Deut. 4:29)

  • Die Here het belowe om jou gebede te verhoor. Bid tot Hom met ’n opregte hart (Matt. 6:6).
  • Die Almagtige Drie-enige God het lankal antwoorde vir elke uitdaging van jou – Hy wag dat jy vra.
  • Soek slegs hulp by die Here en hou jou oë oop vir die uitkomste wat Hy gee.
  • Bid met geloof, vertroue en verwagting – Hy wat beloof het, is getrou om te antwoord en te gee.
  • Word nou rustig. God maak alle toe deure vir jou oop.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my gebede verhoor.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Oktober 2025

Dagstukkies April

9 Oktober

My wens is dat jy nie die oorsaak sal wees dat ander mense foute maak nie. Hier is ’n Woord van God net vir jou.

Tema: Moenie ander laat struikel nie


Teks: “Deur julle toedoen het die Here vir my kwaad geword en dit met ’n eed bevestig dat ek nie deur die Jordaan sou gaan nie…” (Deut. 4:21)

  • Soms maak mense jou so kwaad dat jy self sonde doen – ons optrede beïnvloed ander.
  • Jou lewe, woorde en dade het ’n ingrypende invloed op die mense rondom jou.
  • Maak seker jy stap agter die Here aan sodat jy nie die oorsaak is dat ander mense skade kry nie (Matt. 5:29–30).
  • Bou ander mense op. Wees ’n positiewe invloed in die samelewing.

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid om ander mense eerder op te bou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Dankfees 25 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Dankfees 25 Oktober

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314.
(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. 📞Pieter v/d Merwe – Kontak ons vorm.

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak ons vorm.

📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak ons vorm.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak ons vorm.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb 8 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.      

📞 Barbara Gericke –Kontak ons vorm 📞Corita du Preez – Kontak ons vorm.

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie – Kontak ons vorm.

🥪 Jaffles –­ R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak ons vorm 📞 Corrie Pieters –Kontak ons vorm.

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon – Kontak ons vorm.

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb

eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak ons vorm 📞 Elsabé Richards – Kontak ons vorm

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster –Kontak ons vorm.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – Treintjie – R5 per rit, “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath –Kontak ons vorm

🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u  welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak ons vorm

🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Kontak ons vorm.

Dankfees 25 Oktober 20525
Dankfees 25 Oktober 20525

Skep asem vir vandag: 8 Oktober 2025

Dagstukkies April

8 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag goeie raad sal ontvang en ook wysheid met ander sal deel. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Wees ’n wyse adviseur


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28c)

  • God se wysheid kom dikwels na ons deur ervare gelowiges wat gewillig is om te deel.
  • Wees nederig genoeg om te luister na raad van mense wat al ver op die geloofspad geloop het.
  • Jou eie ervaring – beide suksesse en mislukkings – kan kosbare lesse vir ander wees.
  • Goeie advies op die regte tyd gegee, kan iemand help om groot foute te vermy.
  • Goeie advies op die regte tyd gegee, kan iemand help om groot foute reg te maak.
  • Geniet God se wysheid! Leef tevrede!

Gebed

Liewe Vader, maak my hart oop om U wysheid te ontvang en dit met ander te deel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Oktober 2025

Dagstukkies April

7 Oktober

My hoop is dat jy vandag moed sal ontvang en ook ’n bron van bemoediging vir ander sal wees. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Praat mekaar moed in


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28b)

  • Jy is nie alleen in jou stryd nie – God sien elke traan en verstaan elke vrees wat jy het.
  • Die Here gebruik dikwels ander mense se woorde en dade om jou hart te bemoedig en te versterk.
  • Jou eie woorde van bemoediging kan vandag iemand anders se lewe totaal verander.
  • Wees bewus van mense rondom jou wat moeg en ontmoedig is – jy kan God se instrument van hoop wees.
  • Wees ’n oase van hoop!

Gebed

Liewe Vader, gebruik my vandag om ander se harte te verlig en hoop te gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Oktober 2025

Dagstukkies April

6 Oktober

My wens is dat jy vandag sal verstaan dat God jou spesifieke roeping en take gee. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here gee vir jou hulp


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28a)

  • God het jou nie doelloos geskep nie – Hy het ’n belangrike plan met jou lewe wat net jy kan uitvoer.
  • Jou roeping kan in die werkplek, familie, gemeenskap of bediening wees – alles is ewe belangrik.
  • Moenie die “klein” take verontagsaam nie – dikwels gebruik God dit om jou voor te berei vir groter dinge.
  • Vertrou dat die Here jou alles sal gee wat jy nodig het om jou roeping suksesvol uit te voer.

Gebed

Liewe Vader, help my om elke dag met doelgerigtheid te leef en my roeping te voltooi.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: God se beloftes

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

Spr. 30: 5 83

God is ‘n God van beloftes! Deur die hele Woord van God vind ons telkemale Sy beloftes aan die wat in Hom glo. Hy het egter nie beloof dat daar nie ook swaarkry dae gaan wees nie, maar wel dat Hy altyd by Sy mense sal wees met onderskraging. ‘n Anonieme aanhaling verwoord dit so goed: ‘God het ons nie dae sonder pyn; lag sonder verdriet of sonskyndae sonder reën beloof nie. Maar Hy het ons krag vir die dag en troos vir die trane en lig vir die pad beloof’. God se belofte aan Abraham is die bekendste, en Abraham en sy nakomelinge het daaraan vasgehou dwarsdeur hul lewens.

Lees meer “Stof tot nadenke: God se beloftes”

Skep asem vir vandag: 5 Oktober 2025

Dagstukkies April

5 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here veg jou gevegte. Hier is God se spesiale Boodskap net vir vandag.

Tema: Die Here hanteer jou probleme


Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die Here julle God sal vir julle veg(Deut. 3:22)

  • Die Here het jou altyd gehelp, daarom hoef jy nie bang te wees nie.
  • Die Here is groter as alle gevare – persoonlik, finansieel, politiek, jou werk of selfs jou gesondheid.
  • Staan terug en vertrou Hom dat Hy alleen alles sal oorwin.
  • Leef met vrede omdat jy weet jy is nie alleen in die stryd nie – Hy veg saam met jou.

Gebed

Liewe Vader, gee my vertroue in U dat U elke geveg vir my sal oorwin.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 41+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 5 Oktober 2025 : Erediens – 09:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is & 22 Oktober5 & 19 November en 10 Desember.
Woensdag 1 Oktober 2025: Kooroefening 16:45
8 Oktober 2025 Klub 50 – Anthony Noble 10:00
Sondag 12 Oktober 2025 : Erediens – 09:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
Saterdag, 18 Okt om 09:00 (NG Hartenbos gemeente) Gebedsontbyt 
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp

Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.

Lees meer “Nuusflitse Week 41+ van 2025”

Afkondigings 5 – 12 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 5 Oktober 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 17:11-19 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die geskenk van dankbaarheid?
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA – George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 8 Oktober 2025 :

  • Klub 50 saamkoms in saal – 10:00 (slegs vir persone wat bespreek het).
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 12 Oktober 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Paul Smuts van Gideons besoek ons gemeente.
  • Spesiale offer vir Gideons by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Week 41 Verjaarsdae
Week 41 Verjaarsdae
Geloofsonderskeiding
Geloofsonderskeiding
SS Konsrt
SS Konsrt

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 28, asook die antwoorde vir nommer 27, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Ons vra asb u voorbidding vir spesiale kerkraadsvergadering wat op 14 Oktober in die kerksaal gaan plaasvind, betreffende die standplaasverwisseling tussen ds Danie Goosen en ds Leon Cronje van NG Stellenbosch Welgelegen gemeente.

Gebedsontbyt – Geopende Deure

Saterdag, 18 Okt om 09:00 (NG Hartenbos gemeente).

Kom geniet ‘n heerlike boere-ontbyt @ R70 pp, en bid saam vir ons vervolgde broers en susters.  Spesiale gas:  Henk Taute.
Bespreek jou plek by die kerkkantoor (044-6950440) of ds Johan E (0823726729).

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Ons benodig ook asseblief tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand vir ons Wolwedans uitreik werkers. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia – 084 783 1308  om dit by u af te haal.

Die getuienisbediening sê baie dankie aan al die gemeentelede vir hul skenkings om die Dagsentrum vir 60Plussers in bedryf te stel, asook die skenker van die een selfoon ontvang.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Dankfees Okt 2025
Dankfees Okt 2025

Dankfees

  • Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

Kontak asb vir Ruan as jy kan help – 082 762 0003.

Basaar Tafels
Basaar Tafels

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Filippyne

In die Filippyne het sommige mense beperkte toegang tot opvoeding omdat hulle ver van skole af grootword, of omdat hulle weens omstandighede op ’n jong ouderdom moet begin werk. FEBA Filippyne werk saam met die regering om programme uit te saai wat mense help om hul basiese opvoeding te voltooi, wat vir hulle deure oopmaak vir nuwe moontlikhede in die toekoms.

Ons gebed vir die week: Loof God dat Hy FEBA Filippyne gebruik om hoop deur opvoeding te bring en bid dat FEBA se uitsendings luisteraars sal aanspoor om hul geloof in Christus te plaas.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 5 Oktober 2025

1.  Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 5 Oktober, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.

Getuienisbediening:

  1.  Ons neem afskeid van Michele se dogter, Mari-Alena, wat haar einddoel in Christus bereik het.
  2. Die nuutste nuus van Lynette van Madagaskar is beskikbaar. Sy besoek tans Suid -Afrika.

Bybelstudiereeks:

  1.  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n heerlike begin vir elke dag.
  2.  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: God se Beloftes”

Gemeentenuus:

  • Deel met ons jou gunsteling Christelike geestelike liedere sodat ons skakels op die webtuiste kan plaas. WhatsApp julle keuses se tema, sanger of orkes na 073 319 9807.
  • Die Gebedsgids vir Oktober is beskikbaar.
  • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 4 Oktober 2025

Dagstukkies April

4 Oktober

My gebed is dat jy vandag sal onthou dat dieselfde God wat in die verlede gehelp het, steeds vir jou sal sorg. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Vertrou die Here


Teks: “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het'” (Deut. 3:21)

  • God herinner jou aan al Sy wonderwerke en magtige dade – Hy wil hê jy moet dit onthou.
  • Neem vandag tyd om te dink aan hoe die Here jou al gehelp het – maak ’n lys van Sy getrouheid.
  • Die Here van toe is steeds die Here van vandag en môre – Hy verander nooit nie (Heb. 13:8).
  • Moenie bang wees vir uitdagings, probleme, hartseer en geleenthede nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U vir my omgee en my elke dag help.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Oktober 2025

Dagstukkies April

3 Oktober

Ek hoop dat jy vandag wysheid sal ontvang en ook goeie raad aan ander sal kan gee. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Gee mekaar goeie raad


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28c)

  • Moses moes vir Josua advies gee sodat hy as leier kon slaag – mentorskap is belangrik.
  • Wees oop om advies van Geesvervulde mense te ontvang – God gebruik hulle om jou te lei.
  • Gee ook aan ander mense goeie, Bybelse advies sodat hulle ook sukses kan behaal.
  • Jou wysheid en ervaring kan ander help om suksesvoller te wees in hulle verhoudinge.
  • Jou wysheid en ervaring kan ander help om suksesvoller te wees op alle terreine van hulle lewe.
  • Leef met vreugde en verwagtinge!

Gebed

Liewe Vader, laat ek U Geesvervulde advies met oop arms vandag ontvang en uitdeel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Oktober 2025

Dagstukkies April

2 Oktober

My gebed is dat jy vandag moed sal kry en ook ander sal bemoedig. Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou.

Tema: Praat mekaar moed in


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28b)

  • Die Here verstaan jou onsekerhede.
  • Wanneer jy bang is of jy iets moet doen, onthou: die Here help jou elke oomblik.
  • God gebruik jou om ander mense moed in te praat – wees vandag ’n bron van bemoediging.
  • Soek ook self bemoediging by ander gelowiges – God werk deur mense om jou te versterk.
  • Wees opgewonde oor wat wag! Leef met moed! Die Here versterk jou!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my die moed gee om elke dag se uitdagings te kan hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Bernice West – Lyfie (Official Music Video)

Bernice West - Lyfie (Official Music Video)

Luister na ‘Lyfie’ hier: https://bernicewest.lnk.to/JonaAlbumID

Volg haar op:
Facebook:   / bernicewestmusic  
Instagram:   / bernicewest_  
TikTok:   / bernicewest_  

#Bernice West #Lyfie

Music video by Bernice West performing Lyfie.

© 2022 Inhoud Huis Musiek Kopie Reg (Pty) Ltd, under exclusive license to Universal Music (Pty) Ltd

http://vevo.ly/130Dc3

PAARL-Skool

PAARL-SKOOL

Ondersteuningsdienste by Paarl Skool

Die skool akkommodeer leerders van 5-18 jaar oud en bied ‘n Voorskoolse, Grondslag-, Intermediêre, Senior, Funksionele en Werkvoorbereidingsfase wat aangepaste onderrigmetodes en assesseringstegnieke gebruik, wat lei tot positiewe en suksesvolle leerervarings. Ongelukkig kom baie kinders uit benadeelde agtergronde, en hul ouers kan nie bekostig om hul skool-, bus- of koshuisgelde te betaal nie.

Lees meer “PAARL-Skool”

I Surrender – Hillsong Worship

I surrender _Hillsong

‘I Surrender’ by Hillsong Worship, from the album ‘Cornerstone’ released in July 2012.

YouTube

YouTube kanaal:    / hillsongworship  

Sosiale media::   / hillsongworship    / hillsongworship    / hillsongworship    / hillsongworship  

https://hillsong.com/worship

Lyrics

Verse 1:

Here I am
Down on my knees again
Surrendering all
Surrendering all

Verse 2:

Find me here
Lord as You draw me near
Desperate for You
Desperate for You
I surrender

Verse 3:
Drench my soul
As mercy and grace unfold
I hunger and thirst
I hunger and thirst

Verse 4:
With arms stretched wide
I know You hear my cry
Speak to me now
Speak to me now

Chorus:
I surrender
I surrender
I want to know
You more I
want to know You more

Bridge:
Like a rushing wind
Jesus breathe within
Lord have Your way
Lord have Your way in me
Like a mighty storm
Stir within my soul
Lord have Your way
Lord have Your way in me —

I Surrender Words & Music by Matt Crocker © 2011 Hillsong Music Publishing (APRA)
CCLI: 6177317 —

#ISurrender#HillsongWorship#Cornerstone#Hillsong#Worship#WorshipMusic

Skep asem vir vandag: 1 Oktober 2025

Dagstukkies April

1 Oktober

My wens is dat jy vandag sal verstaan dat God jou spesifieke opdragte gee en jou toerus om dit uit te voer. Hier is die Here se Woord vir jou.

Tema: Die Here gee vir jou take


Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28a)

  • Die Alwyse Here gee aan jou spesifieke take en verantwoordelikhede.
  • Jou opdragte verskil van ander mense s’n – dit is uniek vir jou situasie, ouderdom en verhoudinge.
  • God roep jou om elke taak wat Hy aan jou gee met oorgawe aan te pak en dit tot Sy eer uit te voer.
  • Moenie die klein of groot take wat Hy jou gee onderskat nie – alles is belangrik in Sy oë.
  • Wees dankbaar dat Hy jou gebruik. Wees rustig, die Gees lei jou. Wees bly dat Hy jou raaksien!

Gebed

Liewe Vader, maak my oë oop sodat ek elke taak tot U eer kan uitvoer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.