Skep asem vir vandag: 22 Oktober 2025

22 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal onthou dat God, wat goed is, alle goeie dinge gee. Hier is God se Boodskap vir vandag.

Tema: Wat jy besit, kom van die Here af

Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)

  • Alles wat jy besit – jou geld, huis, gesin, gesondheid – is geskenke van die genadige Here spesiaal net vir jou.
  • Al het jy hard daarvoor gewerk, dit bly die Here wat gesorg het dat jy dit kon verkry.
  • Hy sorg in goeie én slegte tye – Hy het dit in die verlede gedoen en sal aanhou om dit te doen.
  • Erken dat alles wat jou gelukkig maak, alle goeie dinge, ’n bewys van Sy liefde en sorg vir jou is.

Gebed

Vader, maak my hart rustig en gee my vrede omdat U altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.