18 Oktober
Ek bid vir jou. Ek hoop dat jy die nuwe geleenthede wat God aan jou bied, sal raaksien. Hier is ‘n gedagte net vir jou.
Tema: Sien jou nuwe seisoene raak
Teks: “Julle staan op die punt om deur die Jordaan te trek om die land in besit te neem wat die Here julle God aan julle gee” (Deut. 11:31)
- Die Here van nuwe geleenthede bied ook aan jou geleenthede waarvoor jy al lank bid.
- Jou nuwe seisoen en nuwe tydperk is om die draai – dit kom.
- Al moet jy dalk nog ‘n kort rukkie wag, dit is op pad en niemand kan dit keer nie.
- Wees gereed om te beweeg. Nuwe deure gaan oop.
- Wees bly en opgewonde! Wees gelukkig! Glimlag en leef rustig in vrede.
Gebed
Vader, gee my die moed om elke nuwe geleentheid aan te gryp.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


