Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 November 2026 – Troos in moeilike tye

17 November

Wanneer niks lekker is nie, is daar steeds een plek waar jy troos kan kry. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.

Tema: Troos in moeilike tye

Teks: “Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.” (Ps. 119:50)

  • Net God is jou regte veilige plek – by Hom is jy altyd welkom. (Ps. 43:2)
  • God se beloftes is soos ’n anker wat jou vashou in ’n storm.
  • As jy sleg voel, lees ’n belofte uit die Bybel en hou daaraan vas.
  • Stuur vandag vir iemand wat swaarkry ’n bemoedigende Bybelvers.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat u beloftes my troos – hou my vas in moeilike tye.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.