16 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here vir al jou fisiese en materiële behoeftes sal sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here sorg vir al jou emosionele, geestelike, fisiese en materiële behoeftes
Teks: “… sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes” (Deut. 11:14)
- Soms kom jy in ervarings waar dit voel asof alles doodloop – jou planne werk nie meer uit nie.
- Onthou dan: Dit is die Here wat voorsien en sorg.
- Wanneer jou planne nie meer werk nie, doen God die onmoontlike.
- Hy sal verseker in voorspoed én teenspoed vir jou sorg.
- Soms moet jy net leer om te wag. Wees net gelukkig!
Gebed
Vader, gee my die geloof om U te vertrou vir die regte uitkomste vir my lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


