19 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal stilword en luister na God se stem – jy is Sy kind. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Word rustig en stil – hoor God se wil en plan
Teks: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword” (Deut. 27:9)
- Wees stil en weet, die Here is die Almagtige God – Hy doen die onmoontlike.
- Wat Hy besluit, gebeur (Jes. 41:1).
- Maak spesiale tyd om stil te word – Hy praat met jou in tye van stilte (1 Kon. 19:13).
- In stilte hoor jy Sy stem! In stilte kry jy vrede! In stilte kry jy nuwe krag!
- In stilte kry jy ‘n nuwe visie!
Gebed:
Vader, dankie dat U ook in my stil tye met my werk.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


