24 Oktober
My wens en gebed is dat jy vir die toekoms sal vertrou dat jy veilig in God se hande is. Hier is God se Boodskap net vir jou vandag.
Tema: In die onbekende is jy steeds veilig
Teks: “Daar is geheime dinge wat net die Here ons God weet. Hy het dit nie aan ons geopenbaar nie” (Deut. 29:29 – Die Boodskap)
- Dinge wat in die toekoms of hede gaan gebeur, is nie in jou hande nie – dit is net in God se hande.
- Jy kan juis daarom rustig wees: jy bly veilig in Sy hande.
- Moenie bang wees vir vandag se uitdagings nie – gryp dit aan, want in God se veilige hande is daar altyd grense.
- Jou onbekende toekoms is in die hande van die Alwetende, Liefdevolle God.
- Hy versorg jou! Hy gee vir jou om! Hy beskerm jou ook!
Gebed
Vader, dankie dat U van my lewe deeglik kennis dra.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


