Nuusflitse Week 41+ van 2024

Nuusflitse

Sondag 6 Oktober 2024 : Erediens en doop 09:00 Kategese 09:00
Woensdag 9 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 13 Oktober 2024 : Erediens en doop 09:00 Kategese 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. 
Vrydag 25 Oktober 2024: SSSSS – Konsert 19:00
Saterdag 26 Oktober 2024 : Dankfees 09:00 – 12:00
Sondag 27 Oktober 2024: Dank Seisoen skop af met Worsrolletjies

Afkondigings 6 Oktober tot 13 Oktober 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings

ondag 6 Oktober 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Tiaan & Ilze Koen (dogtertjie – Ariana Koen).
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 16.
Die tema van die prediking is: Jou erfenis?
• Bediening aan die Jode.
• Kategese.
• Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Woensdag 9 Oktober 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 13 Oktober 2024 :

• Prediker – Ds Charné Viljoen: Kerk & Groenkloof.
• Doop.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Gideons by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybel Blokraai :

Bybel blokraai nommer 13 & 14 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /
Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Omgeebediening :
Kan iemand dalk asb help met ‘n enkelbed wat nie gebruik word nie? Ons benodig een vir ‘n kind. Kontak Corrie Pieters – 0823279527.

Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

FEBA Oekraïne het ‘n derde radiostasie aan die oorlog afgestaan en ‘n vierde is in gevaar. Die span werk hard om by te hou met die groeiende bediening en die toenemende behoefte aan God se Woord. Met ’n potensiële energiekrisis op hande en winter op pad, is hulle en hul luisteraars uitgeput en desperaat vir hoop.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Oekraïne en hul luisteraars elke dag nuwe hoop en moed in God se beloftes sal vind. Bid vir God se voorsiening deur die winter en dat Sy vrede tussen Rusland en Oekraïne sal kom.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
6 Oktober 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 6 Oktober 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Voorbidding word gevra vir Tsabong se Missionale Konferensie.
b) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
c) Daar is nuus uit die Oekraïne.
d) Die nuusflitse van Missie Japan vir September is beskikbaar.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping”.

  1. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
NG Kerk Grootbrak Dankfees

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Dankfeeslyste sirkuleer tans in die gemeente.

Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314.

(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb

as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS: @ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk. Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Geldelike bydraes sal waardeer word. Asseblief geen bestellings!

Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra

dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.

8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor.

Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Ook benodig ons asb tweedehandse speelgoed vir ons tombola tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure. Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991

/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de

Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 21 Oktober. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 082 563 1927.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Sendingnuus Madagaskar: Lynette skryf vir ons oor die week 22 September 2024

Madagaskar NG Kerk Groot-Brakrivier

Joshua Generation School, Lovako School and Royal Rangers are all under way after the school holiday. 

Kids and Discovery Rangers meet every Wednesday afternoon.  The Discoveries are a big group this year and they are packed like sardines into the classroom where we meet for prayer and worship before they disperse into their individual patrols.  We are studying the Bible book of Ezra for the next five weeks and for the skills merit, they are learning all about the birds of Madagascar. 

Lees meer “Sendingnuus Madagaskar: Lynette skryf vir ons oor die week 22 September 2024”

Nuusflitse Week 40+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 2 Oktober 2024 : Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 6 Oktober 2024 : 09:00 Doop. Prediker – Ds Danie Goosen: Kerk & Groenkloof. Kategese 09:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des
25 Oktober 2024: SSSSS-Konsert
26 Oktober 2024 Dankfees

Afkondigings 29 September 2024 – 6 Oktober 2024

Afkondigings

Sondag 29 September 2024 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Besoek van Sendelinge van Nepal.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Markus 9:38-50.

Die tema van die prediking is: Wie nie vir ons is nie?

  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die

deure.

  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 2 Oktober 2024 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 6 Oktober 2024 :

  • Prediker – Ds Danie Goosen: Kerk & Groenkloof.
  • Doop.
  • Bediening aan die Jode.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
  • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2024 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybel Blokraai :

Bybel blokraai antwoorde vir nommer 11 & 12 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Getuienisbediening :

  • Wolwedans boodskap, sop en brood:

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 2, 16 & 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

  • Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.

Omgeebediening :

Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!

Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ensovoorts sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep wil graag mense ondersteun met:

  • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
  • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.

Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.

Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 /

Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625

Sterftes 2024:

12 September – Kasoepie van Niekerk: Wyk 13A

Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Die webwerf(nggrootbrak.co.za)

29 September 2024

  1. Erediensbediening:

Skakel na die YouTube Erediens van 29 September 2024.

  1. Gemeentenuus:

Op 5 Oktober 2024 is ons kerksaal 100 jaar oud.

  1. Bybelstudiereeks:

Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?”

4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China

Daar is ongeveer 400 onbereikte mensegroepe in China. FEBA se Liangyou Teologiese Kweekskool lei pastore op om die Goeie Nuus met mense in uitdagende omstandighede te deel. Ten spyte van verskeie hindernisse word FEBA China se programme nog steeds deur miljoene luisteraars afgelaai en God se Woord omskep steeds lewens.

Ons gebed vir die week:Bid vir FEBA China om sterk te staan in hul geloof wanneer hulle die uitdagings van evangelisasie in China bestuur en bid vir die Liangyou Teologiese Kweekskool se instrukteurs en studente om vol te hou met hul studies en hul bediening.

Kom kuier lekker saam terwyl jy iets drink en eet!

Dankfeeslyste sirkuleer tans in die gemeente.

Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.

Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314.

(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb

as “GFees” & Bloknr & Van, merk)

Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.

INDIEN U GRAAG BETROKKE WIL RAAK DEUR HULP AAN TE BIED OF ‘N SKENKING TE MAAK KAN U DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

1.KERRIE-EN-RYS: @ R40. Corita du Preez – 084 265 9487 / Barbara Gericke – 082 411 1222.

2. JAFELS: @ R20 elk. Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of SMS by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.

3. ROOSTERKOEKE: Heel @ R15 elk / Konfyt @ R20 elk / Konfyt en Kaas @ R25 elk / Hoender Mayo @ R25 elk. WhatsApp of SMS gerus vir Kevin van Tonder – 079 214 2497.

4. PANNEKOEK: @ R6 elk. Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie, eiers en kaneel), wat by die kerkkantoor afgegee kan word. Indien u kan help WhatsApp of SMS gerus vir Piet Snyman – 082 297 3476.

5. SOSATIES: Sosaties @ R17 elk. Asseblief geen bestellings! Eddie Drost – 082 920 1829.

6. GEBAK EN TEETUIN: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Ons vra

dat elke wyk iets gebak sal bydra vir die koektafel. Michelle Roon – 064 674 9756 / Marie Snyman – 082 229 8316 / Rita Pienaar – 076 401 5858.

7. GROENTE: Jaco Erasmus – 072 424 4640.

8. WIT OLIFANT: Bring asb enige ongebruikte goedere van jou (of jou vriende!) na die kantoor.

Dit kan deur Annalene by jou huis kom haal word as dit vir jou prakties moeilik is. Annalene de Swardt – 082 4955 011.

9. KINDERTAFEL: Ons benodig asb geldelike bydraes vir die kindertafel. Ons sal ook vrywilligers waardeer wat kan help met insamelings asook hulp kan verleen by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor afgegee word gedurende kantoor ure. Charné Viljoen 083 294 6640.

10. POEDING: 350ml@ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 / Dorette Visser – 072 400 1991

/ Ilse du Toit – 083 610 1155 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help.

Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.

11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Annalene de

Swardt – 082 4955 011.

12. LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10. Vries goed. Corrie Pieters – 082 327 9527.

13. VLEISTAFEL: Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u

welkom om vir Adolf Jonker te kontak – 0825631927.

BAIE DANKIE VIR JUL ONDERSTEUNING

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624

Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205

e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314

Dankfees naweek: 27-29 Oktober 2023

Die dankfees, waarvan die organisasie reeds twee maande voor die tyd begin het onder leiding van Ds. Goosen, was ‘n groot sukses.

Die fees is afgeskop meet ‘n gesellige SSSSS (sop, sap, sjerrie, stoepstories en ander stuitighede) Konsert, onder leiding van Johan Smit en geopen deur Hynn Engelbrecht, in die kerksaal. Die verskeidenheid van items en grapperige stories en oorhoofse projeksies, was goed ontvang. Dit was lekker om ander talente, as wat mens gewoonlik sien, hier tot uiting te sien kom. Die konsert se laaste item was wonderlike getuienis van die bekende Desire Gardner, wat vertel het hoe sy as jong kind deur geloofs genesing gesond geword het, en sy het ons ook gewaarsku om tog nooit ‘n eier in die mikrogolf gaar te maak nie. Dit was ‘n gesellige saamkuier, om nie te mis volgende jaar nie.

Die dankfees van Saterdag was heerlik, met al die stalletjies, die heerlike tente waaronder mense kon skuil en die verskuiwing van verskillende stalletjies teen die moontlike impak vn die voorspelde reën . Die mense het reeds vroeg begin regmaak, poedings uitskep, groente en vleis aflaai, roosterkoeke bak, sosaties braai, kerrie inskep, worsbroodjies maak, jaffels en allerhande heerlike gebak by beide die koektafel en die teetuin, en defnitief nie die minste nie, die groep pannekoek bakkers, wat deur tien emmers deeg moes werk (1800 pannekoeke), in vergelyking met die ses emmers van vroeër jare. Die boeke tafel en die wit olifant tafel het ook lekker snuffel moontlikhede geskep, vir wie dit ‘n belangrike aktiwiteit is.

Die kindertafel, teetuin en buite tente was heerlike kuierplekke waar mens met bekendes kon sit en gesels, in hierdie ‘besige’ tye waar daar nie altyd tyd is vir kuier nie. Daar was selfs ‘n ‘selfie’ punt, waar mens die oggend kon verewig. Deur die hele loop van die oggend het die vrolike klanke van Miggel-hulle se boerorkes vanuit die kerksaal oor die hele terrein weerklink, en menige voete het gejeuk.

Die naweek is afgesluit, met ‘n goeie opkoms, met die dankbaarheids nagmaal in die kerk, waar die preek deur Ds. Danie Goosen uit Luk. 17: 11-19 met die tema “Regstellende aksie?” ons herinner het daaraan dat ons nie moet vergeet om dankbaar te wees vir die gawes wat ons ontvang nie. Terwyl die preek deur Ds. Gerrie van Deventer by Groenkloof (asook die YouTube opname) met die tema “Die brood van die lewe” ons daaraan herinner dat Christus alleen die brood van die lewe is.

Na die diens is nuwe intrekkers in gesellige luim ontvang met tee ‘met koekies’ om hulle te verwelkom in die gemeente. Dit was ‘n heerlike kenmekaar geleentheid.

Die Betuurspan en die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier wil die kerkkantoor personeel, hele gemeente asook almal uit die gemeenskap wat betrokke was by die reëlings, harde werk voor en tydens die fees, asook die ondersteuning wat ons geniet het, almal bedank vir hul betrokkenheid en sukses van die Dankfees.

Stof tot nadenke: ‘Oorwin die kwaad’

“Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie”
Rom. 12: 21

Die woord kwaad word dikwels in die bybel gebruik, maar in ‘n verskeidenheid van kontekste. Die vers in Romeine 12 verwys nie na die emosie wat ons amal so dikwels aan skuldig is nie, maar aan die boosheid wat ons so maklik kan verswelg. Dit is so maklik om te val; deur die dinge wat ons dink, doen en sê. Ons moet gedurig daarop bedag wees dat die ‘kwaad’ alles in sy vermoë sal doen om ons te oorwin. Joh. 3: 20-21 stel dit duidelik dat almal wat kwaad doen, haat die lig omdat dit sy duister dade aan die kaak kan stel. Wanneer ons in die waarheid handel, kan almal sien dat ons gehoorsaam is aan God, by wie die kwaad geen plek het nie (Ps. 5: 5).

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Oorwin die kwaad’”

Nuusflitse Week 44+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 1 November 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel
Sondag 5 November 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Doop. • Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood se uitreike 1, 15 & 29 Nov. 

Afkondigings 29 Oktober – 5 November 2023

Afkondigings

Vandag – Sondag 29 Oktober 2023 :

Daar is “dankbaarheidskoevertjies” beskikbaar in die voorportaal, waarin u enige bydrae kan insit. Dié koevertjies word tydens vandag se diens opgeneem.

• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Luk 17: 11-19.

Die tema van die prediking is: Regstellende Aksie?
• Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale Offer vir Kindersorg by die deure.
• Nuwe Lidmate 2022-2023 word verwelkom in die kerksaal na afloop van die erediens. Tee en eetgoed sal bedien word. Almal is welkom.

Lees meer “Afkondigings 29 Oktober – 5 November 2023”

Stof tot nadenke: Bekommernis

“Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.”
Matt. 13: 22

Dit is so maklik om verstrengel te raak in die alledaagse gebeure, gerugte van oorloë, woede, haat, nyd en leuens rondom ons, dat ons die gevaar loop om sonder vrug te bly. Christus stel dit so mooi in Luk. 12: 25-26 “Trouens wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? As julle nie eens so ‘n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge?” Dit is so deel van ons lewe omdat ons alles om ons wil beheer en beplan. Terwyl God ons telkens herinner daaraan dat Hy in beheer is. Ons kan kyk na die diere en vöels van die veld (matt. 6: 25-27). God het in Sy raadsplan ‘n siklus van seisoene en beskikbare voedsel in die vorm van nuwe saad en nuwe lewe geskep.

Lees meer “Stof tot nadenke: Bekommernis”

Nuusflitse Week 43+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 25 Oktober 2023 : • Kooroefening – 17:15 by die orrel
Vrydag 27 Oktober 2023 : • Gemeentekonsert om 18:00.
Saterdag 28 Oktober 2023 : • Dankfees om 09:00.
Sondag 29 Oktober 2023 : • Erediens om 09:00. • Prediker: ds Danie Goosen. • Nagmaal. • GEEN Kategese
Wolwedans boodskap, sop en brood 1, 15 & 29 Nov
Klub 50 funksie : Afsluitingsete Woensdag 1 November 11:30 vir 12:00
Groenewaldfonds sluit op 30 November 2023