17 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om die mense naby jou gelukkig te maak. Hier is God se wil uit die Woord.
Tema: Jy kan seën of straf spreek
Teks: “Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor” (Deut. 11:26)
- Dikwels spreek ons dood oor mense, sake, dinge of selfs die natuur – deur ons woorde, styl en ingesteldheid.
- Jy kan ook lewe of dood oor mense spreek.
- Christusgelowiges is geroep om lewe oor ander mense te spreek.
- Selfs teenoor jou grootste vyande moet jy goeie dinge uitspreek, nie slegte dinge nie.
- Seën ander mense. Maak hulle gelukkig deur jou woorde.
- Fokus daarop om iemand te wees wat lewe en hoop oor ander uitspreek.
Gebed
Vader, help my om iemand van seën en lewe te word.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


