23 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om vol vreugde en blydskap te leef. Hier is God se Boodskap vir vandag.
Tema: Wees bly en positief
Teks: “As jy die Here jou God nie met vreugde en blydskap dien nie omdat jy baie besit…” (Deut. 28:47)
- Omdat die Here jou goed versorg, moet jy gelukkig, vol vreugde en blydskap wees.
- Wys dit aan ander. Dra dit aan ander oor! Steek dit aan!
- Wees iemand wat die hartseer, stukkende en gebroke wêreld ’n aangenamer en mooier plek maak.
- Jou positiewe houding is ’n getuienis van God se goedheid in jou lewe.
Gebed
Vader, gee my die vermoë om positief te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


