15 Oktober
My gebed is dat jy vandag sal ervaar hoe ononderbroke die Here vir jou sorg. Hier is God se Boodskap spesiaal vir jou vir vandag.
Tema: Hy sorg ononderbroke vir jou
Teks: “Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daarvoor” (Deut. 11:12)
- “Ononderbroke” beteken sonder om te stop – die Here sorg heeltyd vir jou.
- Hy sluimer nie en slaap nie (Ps. 121:4) – elke sekonde, minuut, uur, maand en jaar is Hy by jou.
- Ongeag watter spanning of probleme jy beleef, jy is altyd ononderbroke onder Sy beskermende hand.
- Sy liefde en sorg het geen tydsbeperkings nie – dit is 24/7, 365 dae per jaar.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U heeltyd en altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


