Sondag 4 Oktober 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Habakuk 3:16-19.
- Die tema van die prediking is:Nogtans?
- Biddag vir Bejaardes.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Dinsdag 6 Oktober 2026 :
- Skole open.
Woensdag 7 Oktober 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
- (Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
- Klub 50 Funksie in die kerksaal om 10:00. Slegs vir persone wat bespreek het.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak
- Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier, Geminiweg 20 – gelei deur ds Leon Cronje. Whitey van der Merwe – Epos Kontak

Sondag 11 Oktober 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
Sterftes 2026:
17 September – Teresa Verwey: Blok 09
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
NG Reebok Orrelkonsert
Geleentheid: Uitvoering met 2 virtuelepyporrels
Orreliste: Gerrit Jordaan, Phyllis Goldblatt, Tinus Badenhorst
Program: Orrelwerke, improvisaties en verwerking van Bach, Mathias, Gerschwin, Karl Jenkins en Niel van der Watt.
Datum: 11 Oktober 2026 om 15:00
Plek: NG Kerk Reebok
Toegang: Donasies
Navrae: Mouton Lotter, Epos Kontak


Dankfees 24 Oktober 2026

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.
Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,
5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez –E-Pos Kontak..
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – E-Pos Kontak..
🥪 JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.
📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak..
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.
📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak.
.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼
☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel, olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak.
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook
mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.
📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10
elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..
Ondersteuningsbediening

Omgeebediening

Getuienisbediening

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
Kry die skakel na die YouTube Erediens van 4 Oktober 2026,gelei deur ds Charné Viljoen. - Getuienisbediening
- Die nuutste nuus van Michelle uit die Oekraïne is geplaas.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Gevaar van wegdrywing”.
- Gemeentenuus:
- a) Die Gebedsgids vir Oktober is op die webtuiste.
- b) Blokkiesraai en Woordsoek No. 37, asook die antwoorde vir No. 36 is beskikbaar.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026”
Kommentare is gesluit.