28 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag weer sal kies vir lewe – vir alles wat goed en positief is. Hier is God se Woord.
Tema: Weer eens: Kies lewe!
Teks: “Vandag gee Ek vir julle die keuse: kies tussen lewe en dood. … Ag, mag julle maar die lewe kies!” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)
- Daar is net twee keuses in die lewe – lewe of dood – daar is geen neutrale opsie nie.
- Wie vir die lewe kies, kies om jouself, ander mense, die gemeenskap – ja, die wêreld – ’n beter plek te maak.
- Jy kan vandag weer van voor af kies: kies die lewe! Verbeter jouself, jou familie en jou gemeenskap.
- Wanneer jy lewe in die wêreld indra, sal jy self ook geluk, vreugde en vervulling ervaar.
Gebed
Liewe Vader, gee my die wysheid om vir die lewe te kies.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


