Die onvergeetlike Dankfees van Oktober 2025

Die Dankfees onder leiding van Ruan Viljoen en die Basaar sameroepers, was ‘n groot sukses. Daar is vooraf gereël en georganiseer om alle bestanddele, bydraes en medewerkers betrokke te kry.

Die fees naweek het reeds op Vrydagaand, 24 Oktober, ‘n aanvang geneem. Die humoristiese SS Konsert, wat deur Johan Smit gereël is, is met gelag en vrolikheid ontvang. Die ‘Dunk’ ‘n Dominee het groot byval gevind.

Saterdagoggend is daar reeds van vroeg af gereed gemaak vir die dag. Dit was ‘n wonderlike saamwerk dag, waar nuwe kennisse gemaak is en heerlik saam gewerk is. Al die verskillende stalletjies was in gereedheid gebring en het lekker vroeg reeds mense kon help.

Daar is heerlik aangekoop, gekuier en gesels onder die sambrele te midde van ‘n klam Saterdagoggend. Almal het in afwagting gewag vir Die ‘Dunk’ ‘n Dominee geleentheid, wat vanaf die Kerk se onderdak trappe aanskou is.

Die naweek is afgesluit met ‘n Nagmaal Erediens tydens Herforming Sondag, gelei Deur Ds. Charnè Viljoen. Die was voorwaar’ n onvergeetlike naweek.

Dankie vir elkeen wat vooraf beplan, bygedra en gedurende die dag saam gewerk het om die dag so groot sukses te maak.