Sondag 27 September 2026 :

- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 25:14-30.
- Die tema van die prediking is:Ons is Navolgers.
- Biddag vir Bediening aan die Jode.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale Offer vir Bediening aan Jode by die deure.
- GEEN tee na die erediens nie.
- Groenkloof preek om 10:00 – Leon Cronje.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Woensdag 30 September 2026 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
- GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie.
Sterftes
Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.
Verjaarsdae

Sondag 4 Oktober 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Biddag vir Bejaardes.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Oktober 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 37, asook die antwoorde vir nommer 36 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Klub 50 – Noot vir Noot

Getuienisbediening – Kersprojek

Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00


DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.
Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone.
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,
5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! ❤️Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.
🥪 JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers. 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies. 📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼 ☕ Koffie – R15, Tee – R10, Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel, olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel. 📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal
Het jy geweet dat meer as 1600 tale geen Bybelvertaling het nie? FEBA Internasionaal se missie is om Christus deur media aan hierdie onbereikte mensegroepe te bring. Waar ons ookal werk, stel ons sprekers van plaaslike dialekte aan om die evangelie te vertaal en met hul gemeenskappe te deel. Die oes staan reg, maar die werkers is min.
Ons gebed vir die week: Bid dat die Here mense sal stuur om FEBA in nuwe tale te help uitsaai, en dat Hy onbereikte gemeenskappe op Sy Woord sal voorberei.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 27 September 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
- Getuienisbediening
- Lynette se nuutste nuusbrief uit Madagaskar is beskikbaar.
- Nuusbrief uit Reni Oekraïne.
- Gebedsgids vir Oktober 2026 vir lees of vir aflaai om te druk.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die goedheid van die Here’”.
- Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 27 September 2026 tot 4 Oktober 2026”
Kommentare is gesluit.