Skep asem vir vandag: 29 Oktober 2025

29 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om voorspoed en seën in ander se lewens te bring. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Bring voorspoed in die wêreld in

Teks: “Kies of julle wil hê dat dit voorspoedig met julle gaan, of dat teëspoed julle moet agtervolg.” (Deut. 30:19 – Die Boodskap)

  • Voorspoed of teëspoed in jou lewe hang af van die keuses wat jy maak.
  • Jou eie keuses en optrede bepaal of dit met jou en ander mense goed of sleg gaan.
  • Kies vandag die lewe! Kies om voorspoed in jou en ander se lewens te bring.
  • Wees ’n seën en ’n vreugde vir almal rondom jou – maak ’n positiewe verskil.
  • Wees ’n voorspoedmaker!

Gebed

Liewe Vader, gebruik my om voorspoed en geluk in my wêreld in te bring.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.