Afkondigings 26 Oktober – 2 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 26 Oktober 2025 :

  • Baie welkom by die Nagmaal gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 8:31-38 (2020-vertaling).

Die tema van die prediking is: Vrygekoop!

  • Hervormingsfees.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese, maar kleuterkerk gaan voort in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure.
  • Nuwe lidmate 2024-2025 word verwelkom in die kerksaal na die erediens.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger (Nagmaal).

Woensdag 29 Oktober 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Vrydag 31 Oktober – Sondag 2 November 2025 :

  • Familiekamp te Harkerville.
Verjaarsdae Week 43 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 43 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 2 November 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Dr Gerrie van Deventer.
  • GEEN Kategese as gevolg van Familiekamp.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Beroeping

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 Oktober 2025, is die standplaasverwisseling tussen ds Leon Cronje van NG Welgelegen in Stellenbosch en ds Danie Goosen van NG Groot-Brakrivier, goedgekeur.

Ds Leon Cronje is derhalwe beroep na NG Groot-Brakrivier in plek van ds Danie Goosen wie beroep is na Stellenbosch-Welgelegen.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 29, asook die antwoorde vir nommer 28, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Nuwe intrekkers

Nuwe intrekkers NG Kerk Groot-Brakrivier
Nuwe intrekkers NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Klub 50 Jaar afsluitibng 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Jaar afsluitibng 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –   Kontak Ons    / Riëtte Jansen van Rensburg –  Kontak Ons   

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 5 & 19 November en 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Ons benodig asseblief ‘n enkel bed en indien moontlik ‘n matras vir ‘n ouma in Wolwedans. Baie dankie weereens vir al die bekers (ons het eers genoeg) wat ons ontvang het, sowel as die twee selfone. Laasgenoemde vervul ‘n belangrike funksie om met die leiers in Wolwedans te kommunikeer. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –  Kontak Ons   .

Opsoek na kamer te huur vir enkellopende ma met 2 kinders. Kontak Wendy – 083 528 5823 indien u kan help.

“As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word” (Jak. 1:5 Afr20).

Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tsjad

FEBA Tsjad verkonding die Goeie Nuus getrou in N’Djamena se omgewing en luisteraars is gretig om aan die gebedsprogram deel te neem. Meeste versoeke gaan oor gebed vir werk. Hoewel Tsjad een van die laagste werkloosheidsyfers in Afrika het, is dit een van die mins-ontwikkelde lande ter wêreld en die gemiddelde inkomste is baie laag.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Tsjad luisteraars sal help om God se koninkryk te soek en hul geloof in Hom sal plaas om in hul behoeftes te voorsien.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 26 Oktober 2025

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens en Nagmaal van 26 Oktober gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Die weeklikse nuus van Lynette (Madagaskar) se ervarings tydens haar besoek aan Suid-Afrika.
  • Bybelstudiereeks:
  • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier