Stof tot nadenke: Verandering…

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2 Kor. 3: 1820

Verandering is een van daardie konsepte wat ons benoud maak. Ons is so gewoond aan wat ons ken, en sien nie altyd kans dat enigiets verander om ons nie; uit vrees dat ons nie sal weet hoe om die verandering te aanvaar en hanteer nie. Twee bekende persoonlikhede het as volg oor verandering gevoel: ‘Veranderings is die wet van die lewe. En dié wat net op die verlede of die huidige konsentreer, gaan beslis die toekoms verpas.’ is ‘n aanhaling van John F Kennedy. Dit is besonder waar van alle tye af. Die bekende Leo Tolstoi se aanhaling bring ons nader aan wat God in ons lewe bewerk deur verandering: ‘Alles verander. Alles beweeg – en die beweging is God. En terwyl daar lewe is, is daar dié bewustheid van die goddelike. Om die lewe lief te hê is om God lief te hê. Swaarder en tog die grootste seën vir ‘n mens is dit om hierdie lewe lief te hê in ‘n mens se lyding.

Daar is nog menige ander bekendes wat hule siening oor verandering uitgespreek het, waarvan hierdie maar enkeles is: ‘Wees die verandering wat jy graag in die wêreld wil sien’, ‘n bekende aanhaling van Gandhi; ‘Dit is in verandering dat dinge betekenis kry.’ ‘n aanhaling van Heraklitus; ‘Niks is permanent behalwe verandering nie.’ ‘n aanhaling van Herodotus. Dit is duidelik dat verandering ‘n gegewe is in die lewe. Iets wat ons soms benoud laat oor die onbekendheid daarvan. Ons kan egter met sekerheid weet dat die verandering om ons teweeg gebring word deur God en Sy Gees wat in ons werk, soos Trevor Hudson dit so mooi saamgevat het: ‘Werklike verandering vloei altyd van binne af voort. Dit is ‘n saak van die hart. Innerlike verandering vind plaas in daardie verborge area van ons lewens wat God alleen kan bereik en wat ons nie sonder God se hulp kan sien nie. Dis alleen die Gees van God wat daardie verandering van hart, wat ons diepste behoefte is, teweeg kan bring.

Ons staan binne-in ‘n redelik groot verandering in ons gemeente, te wete die standplaasverwisseling wat tussen twee predikante gaan plaasvind. Ons kan egter in sekerheid leef dat ook dit die werking van die Heilige Gees is wat beide predikante gedring het om ‘n verandering te maak. Dit kan dus omwentelinge teweeg bring, maar as dit God se wil is, kan ons seker weet dat dit ten bate van beide gemeenskappe, asook die predikante is. Dinge sal noodwendig tot ‘n sekere mate verander, want daar word nuwe energie na die gemeentes gebring, en tog is dit wat God gewil het.

As daar ‘n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook ‘n verandering van die wet.” (Heb. 7: 1220);
Die saak word nog duideliker as ons daaraan dink dat die ander priester wat te voorskyn tree, ooreenkom met Melgisedek, deurdat Hy priester word nie deur die bepaling van die wet oor menslike afstamming nie, maar deur die krag van onvernietigbare lewe.” (Heb. 7: 15-1620)

Ons moet onthou dat ons geborge is in die priesterskap van Jesus Christus, wat met ‘n eed deur God as priester bevestig is. Hy is die priester wat vir ewig sal bly. Hy wat ons verlos het uit die dood.

Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met ‘n eed, maar Jesus met ‘n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met ‘n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ “ So het Jesus ook van ‘n beter verbond geword.” (Heb. 7: 20-2220);
Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ‘n priesterskap wat nie op ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” (Heb. 7: 24-2520)

Binne-in enige verandering kan ons rustig wees in die wete dat God nooit verander nie. Hy is Almagtig, vir ewig en vir altyd dieselfde.

Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ‘n mens dat Hy van gedagte verander nie.”” (1 Sam. 15: 2920);
Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie.” (Jes. 43: 1320);
So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land.” (Jer. 7: 383);
Ek die HERE, het immers nie verander nie. Maar julle Jakobskinders kry nie end nie.” (Mal. 3: 620)

Ons moet ons lewens dus in die verandering wat van God af kom, inleun, en die lewe in ons gemeente met vreugde voortsit, te midde van die verandering. Dit mag hartseer en afskeid van bekendes te weeg bring, maar dit is soos God dit gewil het. Die God wat ons hartseer oor ons verlorenheid in vreugde verander het deur vir ons verlossing te bewerkstellig deur Jesus Christus, en die bystand van die Heilige Gees op die pad wat elkeen van ons moet stap.

Hy het toe ‘n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “Amen, ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.” (Matt. 18: 220);
Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê.” (2 Kor. 7: 983);
Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020);
Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gee. ” (2 Kor. 5: 583);
…Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.” (Joh. 16: 2020)

Skep asem vir vandag: 19 Oktober 2025

Dagstukkies April

19 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal stilword en luister na God se stem – jy is Sy kind. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: Word rustig en stil – hoor God se wil en plan

Teks: “Bly stil en luister, Israel! Vandag het jy die volk van die Here jou God geword” (Deut. 27:9)

  • Wees stil en weet, die Here is die Almagtige God – Hy doen die onmoontlike.
  • Wat Hy besluit, gebeur (Jes. 41:1).
  • Maak spesiale tyd om stil te word – Hy praat met jou in tye van stilte (1 Kon. 19:13).
  • In stilte hoor jy Sy stem! In stilte kry jy vrede! In stilte kry jy nuwe krag!
  • In stilte kry jy ‘n nuwe visie!

Gebed:

 Vader, dankie dat U ook in my stil tye met my werk.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 43+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

 Sondag 19 Oktober 2025 : Gesinsdiens- 09:00 Kategese – kinders woon gesinsdiens by saam ouers/kategete
Woensdag 22 Oktober 2025: Kooroefening 16:45
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is 22 Oktober5 & 19 November en 10 Desember.
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
26 Oktober 2025: NAGMAAL 09:00
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 19 – 26 Okt 2025

Afkondigings 19 – 26 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 19 Oktober 2025 :

  • Baie welkom by die gesinsdiens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 18:1-8.
  • Die tema van die prediking is: Verander vir ander?
  • Biddag vir Gesondheidsdienste.
  • Kategese kinders en kleuters woon gesinsdiens by saam ouers/kategete.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 22 Oktober 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons  . Alle belangstellendes welkom.

Vrydag 24 Oktober 2025 :

  • Gemeentekonsert om 18:00 in die kerksaal.

Dankfees

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. Kontak gerus vir Pieter van der Merwe indien u graag wil help braai  – 📞Kontak Ons  .

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak Ons  

📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak Ons  .

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak Ons  

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb nog 6 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.  📞 Barbara Gericke –Kontak Ons   📞Corita du Preez – Kontak Ons  

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie Drost–Kontak Ons  .

🥪 Jaffles –­ R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak Ons   📞 Corrie Pieters – Kontak Ons  .

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon –Kontak Ons  .

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb

eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak Ons   📞 Elsabé Richards –Kontak Ons  

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Kontak Ons  .

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie/R10 vir 5 gooie/R5 om te sit, Springkasteel – eenmalige R10, Waterwurm – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath – Kontak Ons  .

🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u  welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak Ons  .

🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters –Kontak Ons  .

Saterdag 25 Oktober 2025 :

  • Dankfees begin om 08:00.
Dankfees 25 Oktober 20525
Dankfees 25 Oktober 20525

Sondag 26 Oktober 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Hervormingsfees.
  • Nagmaal.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure.
  • Nuwe lidmate 2024-2025 word verwelkom in die kerksaal na die erediens.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).

Standplaasverwisseling

Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 Oktober 2025, is die standplaasverwisseling tussen ds Leon Cronje van NG Welgelegen in Stellenbosch en ds Danie Goosen van NG Groot-Brakrivier, goedgekeur.

Ds Leon Cronje is derhalwe beroep na NG Groot-Brakrivier in plek van ds Danie Goosen.

Sterftes 2025:

12 Oktober – Sarah Holtzhausen: Wyk 8A
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 42
Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

“Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16 Afr53).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië

Die FEBA-span in Indië se bedieningsveld word toenemend moeiliker. In dele van die land teiken ekstremiste Christene met dreigemente, invalle en liggaamlike geweld, terwyl anti-bekeringswette strenger raak. Die span gaan egter voort om God se Woord getrou uit te saai en skep ook programme om luisteraars op te voed in onderwerpe soos geestesgesondheid, mensehandel en probleme in die werksplek.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se uitsendings in Indië vervolgde gelowiges sal bemoedig en ook nie-gelowiges na Christus sal lei.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 19 Oktober 2025

1. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Gesinsdiens van 19 Oktober, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.

  • Bybelstudiereeks:
  •  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verkwikkende begin vir elke dag.
  •  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verandering…”
  • Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 18 Oktober 2025

Dagstukkies April

18 Oktober

Ek bid vir jou. Ek hoop dat jy die nuwe geleenthede wat God aan jou bied, sal raaksien. Hier is ‘n gedagte net vir jou.

Tema: Sien jou nuwe seisoene raak

Teks: “Julle staan op die punt om deur die Jordaan te trek om die land in besit te neem wat die Here julle God aan julle gee” (Deut. 11:31)

  • Die Here van nuwe geleenthede bied ook aan jou geleenthede waarvoor jy al lank bid.
  • Jou nuwe seisoen en nuwe tydperk is om die draai – dit kom.
  • Al moet jy dalk nog ‘n kort rukkie wag, dit is op pad en niemand kan dit keer nie.
  • Wees gereed om te beweeg. Nuwe deure gaan oop.
  • Wees bly en opgewonde! Wees gelukkig! Glimlag en leef rustig in vrede.

Gebed

Vader, gee my die moed om elke nuwe geleentheid aan te gryp.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 17 Oktober 2025

Dagstukkies April

17 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal kies om die mense naby jou gelukkig te maak. Hier is God se wil uit die Woord.

Tema: Jy kan seën of straf spreek

Teks: “Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor” (Deut. 11:26)

  • Dikwels spreek ons dood oor mense, sake, dinge of selfs die natuur – deur ons woorde, styl en ingesteldheid.
  • Jy kan ook lewe of dood oor mense spreek.
  • Christusgelowiges is geroep om lewe oor ander mense te spreek.
  • Selfs teenoor jou grootste vyande moet jy goeie dinge uitspreek, nie slegte dinge nie.
  • Seën ander mense. Maak hulle gelukkig deur jou woorde.
  • Fokus daarop om iemand te wees wat lewe en hoop oor ander uitspreek.

Gebed

Vader, help my om iemand van seën en lewe te word.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus: Lynette se nuusflits Die WEEK – 5/10/2025

Sendingnuus Madagaskar

I have been blessed by the hospitality and kindness of family and friends during my time here in Cape Town. Going to church and connecting with supporters and prayer partners, is always a time of refreshing and encouragement. My mom turns eighty-two this month and spending time with her is a priority even though it is not always easy amid a busy schedule.

Lees meer “Sendingnuus: Lynette se nuusflits Die WEEK – 5/10/2025”

Skep asem vir vandag: 16 Oktober 2025

Dagstukkies April

16 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here vir al jou fisiese en materiële behoeftes sal sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here sorg vir al jou emosionele, geestelike, fisiese en materiële behoeftes

Teks: “… sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes” (Deut. 11:14)

  • Soms kom jy in ervarings waar dit voel asof alles doodloop – jou planne werk nie meer uit nie.
  • Onthou dan: Dit is die Here wat voorsien en sorg.
  • Wanneer jou planne nie meer werk nie, doen God die onmoontlike.
  • Hy sal verseker in voorspoed én teenspoed vir jou sorg.
  • Soms moet jy net leer om te wag. Wees net gelukkig!

Gebed

Vader, gee my die geloof om U te vertrou vir die regte uitkomste vir my lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Oktober 2025

Dagstukkies April

15 Oktober

My gebed is dat jy vandag sal ervaar hoe ononderbroke die Here vir jou sorg. Hier is God se Boodskap spesiaal vir jou vir vandag.

Tema: Hy sorg ononderbroke vir jou


Teks: “Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daarvoor” (Deut. 11:12)

  • “Ononderbroke” beteken sonder om te stop – die Here sorg heeltyd vir jou.
  • Hy sluimer nie en slaap nie (Ps. 121:4) – elke sekonde, minuut, uur, maand en jaar is Hy by jou.
  • Ongeag watter spanning of probleme jy beleef, jy is altyd ononderbroke onder Sy beskermende hand.
  • Sy liefde en sorg het geen tydsbeperkings nie – dit is 24/7, 365 dae per jaar.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U heeltyd en altyd vir my sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Oktober 2025

Dagstukkies April

14 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sorg die hele jaar vir jou. Hier is ’n Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Die Here sorg die hele jaar


Teks:Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daaroor” (Deut. 11:12)

  • Daar is nooit ’n tyd wanneer die Here nie in jou lewensverhaal betrokke is nie.
  • Van Januarie tot Desember is Hy teenwoordig – in jou gesin, familie, werk, ja, elke area van jou lewe.
  • Wanneer jy dink jy is alleen, weet dat die Here by jou is. Hy help jou om te oorwin.
  • Hy sorg nie net vir ’n rukkie nie – dit duur die hele jaar en jou hele lewe lank.
  • Wees nou rustig en word gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U van die begin tot die einde van die jaar, heeltyd by my is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Oktober 2025

Dagstukkies April

13 Oktober

My wens en gebed is dat jy vandag sal besluit om die Here heelhartig lief te hê in elke area van jou lewe. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Gee jouself heelhartig oor aan God


Teks: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deut. 6:5)

  • God vra nie vir halfhartige toewyding nie – Hy wil jou hele hart, siel en krag, jou hele menswees.
  • Ondersoek jou lewe: in watter plekke van jou lewe is jy nie so lief vir die Here nie?
  • Heelhartige liefde beteken totale oorgawe in jou persoonlikheid, gesin, werk en finansies.
  • God maak jou gelukkig wanneer jy met alles wat jy is en het Hom volg – hou niks terug nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om U met al my krag, al my verstand en emosie heelhartig lief te hê.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Oktober 2025

Dagstukkies April

12 Oktober

Ek hoop só dat die Woord van God jou hele denke en optrede sal oorneem. Hier is ’n spesiale boodskap van die Here vandag.

Tema: Maak jou vol van God se dinge


Teks: “Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly” (Deut. 6:6)

  • Die Bybel moet jou gedagtes oorneem en die Gees moet jou denke beheers.
  • Dit word jou kompas.
  • Almal moet deur die manier hoe jy dink, praat en optree weet jy is ’n Christusgelowige.
  • Jou identiteit moet so deur God se Woord gevorm wees dat mense Jesus in jou raaksien.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U vir my riglyne in die Bybel gee vir hoe ek moet leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Oktober 2025

Dagstukkies April

11 Oktober

Ek hoop so dat jy sal leer om te kan hoor wanneer God met jou praat. Hier is Sy Boodskap vir vandag.

Tema: Die deur is oopgemaak! Vertel alles vir God!


Teks: “Vandag het ons ondervind dat God met mense praat, en hulle bly lewe” (Deut. 5:24)

  • Is jy ook verwonderd dat jy met God kan praat sonder om te sterf – wat ’n voorreg!
  • Daar is geen saak te groot, te klein of te skandelik om nie met die Here te deel nie.
  • Die Here God weet in elk geval alles van jou af.
  • Deel met Hom alles wat op jou hart is – Hy gee vir jou om. Hy hoor jou. Hy verhoor dit.
  • Die deur na God is altyd oop – gebruik dit vandag. Hy wag al van vroeg af vir jou.

Gebed

Liewe Vader, help my om U stem te hoor wanneer U met my praat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 42+ van 2025

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 12 Oktober 2025 : Erediens – 09:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
Dinsdag 14 Oktober 2025 Spesiale kerkraadsvergadering betreffende die standplaasverwisseling 
Woensdag 15 Oktober 2025: Kooroefening 16:45
Saterdag, 18 Okt om 09:00 (NG Hartenbos gemeente) Gebedsontbyt 
Sondag 19 Oktober 2025 : Gesinsdiens- 09:00 Kategese – kinders woon gesinsdiens by saam ouers/kategete
Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is 22 Oktober5 & 19 November en 10 Desember.
24 Oktober 2025 SS- Gemeentekonsert
25 Oktober 2025 Dankfees
31 Okt – 2 Nov 2025 Gesinskamp

Lees meer “Nuusflitse Week 42+ van 2025”