Nuusflitse Week 11+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 16 Maart 2025 : Erediens 09:00 gelei deur ds Danie Goosen & ds Charné Viljoen. Kategese afsluiting (kwartaal 1) – hervat weer op 13 April.
Woensdag 19 Maart 2025 :
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A
Kooroefening by die orrel om 16:45
Vrydag 21 Maart 2025 : Menseregtedag – Kerkkantoor gesluit
Sondag 23 Maart 2025 : Erediens om 09:00. GEEN Kategese.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen
26Maart 2025 Wolwedans boodskap, sop en brood
27 Maart 2025 Bloedskenk 14;00 – 19:00

Afkondigings 16 – 23 Maart 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 16 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen & ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 2:36-47.
  • Die tema van die prediking is: NG Kerk Groot-Brakrivier?
  • Derde Lydensweek.
  • Kategese afsluiting (kwartaal 1) – hervat weer op 13 April.
  • Spesiale offer vir Carpe-Diem Skool by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 19 Maart 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Kobus en Ansie Pieters, Hydriaweg 1A. Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 21 Maart 2025 :

  • Menseregtedag – Kerkkantoor gesluit.

Sondag 23 Maart 2025 :

  • Erediens om 09:00.
  • Prediker – Ds Danie Goosen.
  • Vierde Lydensweek.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek

Prys God vir FEBA Mosambiek se sewende stasie, Victory FM, wat nou in die Cuamba-streek uitsaai! Programme dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe in agt tale, insluitend gesinslewe, geestelike leierskap, Bybelstudie en kinderprogramme.

Ons gebed vir die week: Bid dat God die Victory FM-span met wysheid, krag en kreatiwiteit sal toerus in hul bediening aan nuwe luisteraars, en dat Hy Sy krag deur elke uitsending sal gebruik sodat dit diegene sal bereik wat dit moet hoor.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

16 Maart 2025

  • Erediensbediening:
    • Skakel na die YouTube Erediens van 16 Maart 2025.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
  • Bybelstudiereeks:
    • Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Regverdige oordeel…”.
  • Gemeentenuus:
    • Kort artikel, ‘Klub50 maak musiek’, oor die vrolike samekoms van die 50-plussers.
    • Die Bybelblokkiesraaisel No. 22 van volgende maand is reeds beskikbaar op die webwerf.
    • Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘ 044 620 2205

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 14 Maart 2025

14 Maart

Ek hoop dat jou oë sal oopgaan vir God se liefde en genade in jou lewe. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.

Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry

Teks: “… die Here het vir Lea kinders gegee…” (Gen. 29:31)

  • Kyk, jou lewe is ‘n getuigskrif van God wat getrou, vol liefde en genade is.
  • Verstaan jy dat jy uit die goeie hand van die genadige God leef (Ps. 16:1; Joh. 10:28-30).
  • God die Almagtige sorg altyd vir jou. Alles wat jy het kom van Hom af (Ps. 16:5). 
  • Hy het ‘n wonderlike deel in die lewe vir jou afgemeet en gegee. Jy kan nie daaroor uitgepraat raak nie (Ps. 16:6).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U selfs in moeilike tye sorg.
In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Maart 2025

13 Maart

My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar van bedrog

Teks: “maar die aand van die troue het hy sy dogter Lea gevat en haar na Jakob toe gebring,…” (Gen 29:23)

  • Jy moet Ja sê en dit doen, of nee sê en dit doen (Matt 5:37). 
  • Moenie iets sê wat nie waar of half-waar is nie (Jak 5:12).
  • Soms sê jy een ding en doen ‘n ander ding, of doen dit glad nie. 
  • Dit is emosionele bedrog wat mense emosioneel seermaak en verhoudinge opbreek. 
  • Die Here haat liegstories, halwe waarhede en mense wat ander uitbuit. Hy haat ‘n kullery (Spr. 16:11).
  • Hy is lief vir die waarheid en vir mense wat die waarheid praat (Spr. 12:22).

Gebed

Liewe Vader. Gee my integriteit en die gawe om altyd eerlik te wees. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Maart 2025

12 Maart

Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Tree reg en billik op

Teks: “Jy is familie, maar dit beteken nie dat jy vir my verniet moet werk nie. Sê my wat ek jou moet betaal.” (Gen. 29:15)

  • Iemand moet vergoed word vir dit wat hy doen en dit wat hom of haar toekom (Matt 10:10). 
  • Jy mag nie van iemand iets neem wat syne of hare is en jou nie toekom nie – die Bybel noem dit steel (Eks 20:15).
  • Jy moet alle mense, gesinslede en familielede, vriend en vyand, werker en werknemer, almal eerlik, reg en billik hanteer (Job 36:4; Spr. 18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25; 4:1).
  • As jy vir iemand werk, wees eerlik en werk hard omdat die Here jou altyd sien en jy Sy kind is (Kol 3:22-23).
  • As jy vir iemand werk gee moet jy toe sien dat jou werkers eerlik, reg en billik beloon word, anders steel jy hulle geld (Kol 4:1) .
  • Jou eintlike Baas en Hoof, God die Alsiende Vader sien jou en sal jou vir jou regverdigheid, eerlikheid en hardwerkendheid beloon (Kol 3:22-25).

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie U my help om regverdig teenoor almal op te tree. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Maart 2025

11 Maart

My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Help iemand anders

Teks: “ Jakob het nader gekom en die klip van die put af weggerol en Laban se kleinvee laat suip.” (Gen 29:10)

Daar is mense wat hulp nodig het. Help hulle.

  • Wanneer jy ander mense help, sal jy self die vrugte daarvan pluk (Spr. 11:17).
  • Wanneer jy vir ander mense help, is jou lewe vol blydskap en geluk (Spr. 11:18).
  • As die Here vir jou goed is, sal jy arms vol geluk ervaar. Ander mense sal dit sien (Spr. 10:22).

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my help om ander te help.

In  Jesus se Naam. Amen.e Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus uit Madagaskar – The week 2 March 2025

Lynette se weeklikse nuusbrief_ Die week – 2_03_2025

“God has not forgotten you, He loves you”

It was Anne’s turn this week to start her series on the characteristics of a Royal Ranger leader. Sometimes we need to return to the basics and reflect on our relationship with the Lord. It was therefore very fitting that Anne’s teaching started there; reading and studying the Bible, praying and cultivating a thankful heart, so that we are able to share this with the children. As I was on my way to school in a tuctuc that morning, feeling somewhat overwhelmed by the day ahead, a tuctuc passed by with a sticker that read: ‘God has not forgotten you, He loves you.’

Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The week 2 March 2025”

Skep asem vir vandag: 10 Maart 2025

10 Maart

Mag jy die uitkoms wat onverwags kom, raak sien en dit met oop arms aangryp. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Die uitkoms is daar – sien dit raak

Teks: “ Hy het onverwags uitgekom by ‘n put in die veld waar drie troppe kleinvee lê.” (Gen. 29:2)

  • Die Here God beplan ons lewe haarfyn en voer dit in detail uit – dit pas soos ‘n legkaart in mekaar in. 
  • Jy is met ‘n plan en doel in gedagte, geskep.
  • Voor jou geboorte is jy al aangestel en gekies vir ‘n bepaalde taak (Est 4:14; Jer. 1:5).
  • Niks in die lewe is per “toeval” of per “ongeluk” nie. 
  • God gee altyd die rigting aan en wys met insig en wysheid die pad wat jy moet stap. Volg dit.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse…

- NG Kerk Groot-Brakrivier

Ek prys U omdat ek op ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is U werke en ek besef dit maar te goed.”

Ps. 139: 14

Dié vers was die tema wat die Cook Eilande se Christene gekies het vir die pas afgelope Wêreldbiddag vir vroue. Dit was ‘n wonderlike, en onvergeetlike belewenis, veral toe die vroue, aan die einde spontaan en sonder enige begeleiding, die Onse Vader as finale gebed tot God gesing het. Die program het gedraai om die skepping van ons as mens, en dat ons volmaak geskape is deur God. Hy wat ons reeds van voor geboorte af ken. Ons kan net in verwondering staan oor die werking en instandhouding van ons liggame, wat deur God beplan en uitgevoer is.

Lees meer “Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse…”

Skep asem vir vandag: 9 Maart 2025

9 Maart

Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is God se boodskap aan jou.

Tema: ‘n Tweede kans

Teks: “Gaan na Paddan-Aram toe,… en trou daar met ‘n dogter van jou oom Laban… ” (Gen. 28:2)

  • Het jy al agtergekom dat jy soms dom en dwase dinge gedoen en besluit het.
  • Tog gee die Here, die God van meer kanse aan jou ‘n tweede, ‘n derde, ‘n vierde of meer kanse om dinge weer reg te stel.
  • Herstel is deel van God se wonderlike plan vir jou.
  • Vertrou God volkome vir hierdie herstel en genade.
  • In Christus kry jy Sy vergifnis, maar ook baie ander geleenthede wat Hy gee.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U vol van genade is en my meer geleenthede gee om dinge reg te stel. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Maart 2025

8 Maart

Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie . Hier is die boodskap vir jou.

Tema: Kies reg en leef gelukkig
Teks: “Nou moet jy na my luister, my seun, en doen wat ek jou sê.” (Gen. 27:8)

  • Soos wat jy in die Here vertrou, moet jy ook verwag dat dinge sal gebeur.
  • Soms kom verleiding na jou toe terwyl dit mooi, goed en reg lyk en klink. 
  • Die Here verlos jou daaruit, want Hy is regtig getrou, goed en sal jou uit alles uithelp.
  • Leef binne die wil van die Drie-enige God. 
  • Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my lei om die regte dinge te doen. In  Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 11+ van 2025

Nuusflitse
  • Sondag 9 Maart 2025
    • Erediens en Kategese 9:00
  • Woensdag 12 Maart 2025 :
    • Geen Wyksbyeenkoms nie.
    • Kooroefening 16:45
  • Donderdag 13 Maart 2-25:
    • Bybelstudie Groenkloof 10:00
  • Sondag 16 Maart 2025
    • Erediens en Kategese 9:00
  • Wolwedans boodskap, sop en brood
    • 12 & 26 Maart

Afkondigings 9 – 16 Maart 2025

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 9 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Willem Smit wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 2.
  • Die tema van die prediking is: Bruggies en skoene.
  • Tweede Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 12 Maart 2025 :

NEEM KENNIS: Daar is GEEN Blokbyeenkoms die week nie as gevolg van die Moderamenvergadering wat ds Danie moet bywoon op 11 & 12 Maart.

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 16 Maart 2025 :

Erediens om 09:00.
Prediker – Ds Danie Goosen.
Derde Lydensweek.
Kategese.
Spesiale offer vir Carpe-Diem skool by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Verjaarsdae

Sterftes 2025:

4 Maart –Het Bouwer: Wyk 13C

Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

Die 8ste Maart was Internasionale Vrouedag. Kom ons bid vir die vroue in FEBA se bediening. Sommige vroulike luisteraars is in ongesonde verhoudings vasgekeer of word oorweldig deur moederskap, terwyl ander bid dat hulle mans en seuns veilig vanaf die oorlog sal terugkeer. FEBA se vroulike personeel vereenselwig hulself met hierdie luisteraars deur gedeelde ervarings en dien as lewende voorbeelde van God se herskeppende liefde.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se vroulike personeel krag sal put uit God se teenwoordigheid wanneer hulle met luisteraars werk en dat luisteraars vreugde in Christus sal ontdek.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 9 Maart 2025

  • Erediensbediening:
    • Skakel na die YouTube Erediens van 9 Maart 2025.
  • Getuienisbediening:
    • Daar is sendingnuus en toekomsplanne
  • Bybelstudiereeks:
    • Daar is vanaf 1 Maart 2025 kort nuwe dagstukkies, ‘Skep asem vir vandag’, beskikbaar. U kan vorige dagstukkies vind deur die skakel onderaan die berig.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse”.
  • Gemeentenuus:
    • Die Wêreldbiddag van 2025, by VGK, is opgedateer met meer inligting oor die Cook Eilande (die gasheer en program saamstellers) asook musiek, wat spesiaal vir die dag geskryf is. Kyk gerus daarna.
    • Bybelgenootskap van SA se Gebedsgids en katalogus (met bestelvorm), vir Herfs 2025, is nou geplaas.
  • Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Leraars:

Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  ‘

Tel: 044 620 2205

Kontak ons…

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 7 Maart 2025

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad
Teks: “Trek weg van ons af. Jy het te sterk geword.” (Gen. 26:16)

  • Jaloesie, vrees en konflik veroorsaak dat ander mense die lewe vir jou moeilik kan maak.
  • Dit kan dan voel asof jy by doodloopstrate kom.
  • Wat vir jou na ‘n ramp lyk is vir die Here die begin van ‘n nuwe oplossing.
  • Jy weet mos die Here is altyd by jou.
  • Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy beskerm jou en gee jou raad (Spr. 3:25-26).

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U my tydens krisisse en probleme
bystaan. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Maart 2025

Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)

  • Oënskynlike beter opsies is nie noodwendig die regte opsie en uitkoms nie.
  • Soms wys die Here vir jou om iets te doen wat teen die verloop van die lewe gaan
  • Dit lyk na ‘n dom besluit, maar dit is die wil van die Here – stap agter die Here aan.
  • Wie die wil van die Here doen, sal gelukkig wees.

Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Maart 2025

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat moontlik is, is nie aanvaarbaar nie
Teks: “ Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.” (Gen. 25:34)

  • Ideale en volmaakte omstandighede bestaan nie altyd in die lewe nie. Moet nie daarvoor wag nie.
  • God is jou Beskermer, jou Rots, jou Skepper en jou Versorger.
  • Daarom kan jy onbesorg in die aande slaap en in die dag leef (Ps. 4:9)
  • Leef met jou oë gerig op die toekoms – ‘n beter toekoms.
  • Die Drie-enige God, Hy maak jou baie gelukkig.

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Bybelgenootskap – Gebedsgids Herfs 2025

Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Kom bid saam met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vir die werk wat hulle doen vir die verspreiding van Bybels in die wêreld.

Met die Bybel as grondslag en gemotiveer deur die Groot Opdrag, vervul die Bybelgenootskap van Suid-Afrika hul missie om bekostigbare Bybels beskikbaar te stel terwyl die volgende waardes al hul aktiwiteite rig – integriteit, vertroue, respek, diens, aanspreeklikheid – sodat elkeen die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.

Lees meer “Bybelgenootskap – Gebedsgids Herfs 2025”

Skep asem vir vandag: 4 Maart 2025

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ʼn Droom vir iets beters
Teks: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.” (Gen. 25:31)

  • Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee(Spr. 3:4).
  • As die Here jou nie help nie, werk niks vir jou uit nie(Ps. 94:17).
  • Gryp na beter dinge in die lewe. Kry dit op ‘n eerlike en hardwerkende maniere. Jy sal vol geluk wees.
  • Moenie met die minder belangrike en middelmatige dinge tevrede wees nie.
  • Neem eerlike leiding en bereik die beste vir God en vir jouself.

Gebed
Liewe Vader. Maak my oë oop dat ek kan sien wat U vir my wil gee. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Maart 2025

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Hanteer almal die dieselfde
Teks: Isak het vir Esau voorgetrek,… Rebekka het vir Jakob voorgetrek…” (Gen. 25:28).

  • Ons is geneig om sekere mense beter en met meer respek as ander mense te hanteer.
  • Wanneer sekere mense voorgetrek word, diskrimineer jy teen ander. Dit bring wrywing tussen mense.
  • Ongelukkig gebeur dit wel binne ons gesinne, ons families, werkplek, ons vriendekring, ons kerke, die regspraak, ons samelewing en ons land se politiek.
  • God werk nie so nie: Hy hanteer alle mense presies dieselfde. Almal is voor Hom gelyk (Job 36:4; Spr.18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25).
  • Volg God se voorbeeld. Hanteer alle mense dieselfde.
  • Volg God se voorbeeld: Sien alle mense as Sy beeld en Sy verteenwoordigers op aarde.

Gebed

Liewe Vader. Laat ek U voorbeeld volg. Help my om almal regverdig te hanteer. In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.