Sondag 9 Maart 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Willem Smit wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 2.
- Die tema van die prediking is: Bruggies en skoene.
- Tweede Lydensweek.
- Kategese.
- Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 12 Maart 2025 :
NEEM KENNIS: Daar is GEEN Blokbyeenkoms die week nie as gevolg van die Moderamenvergadering wat ds Danie moet bywoon op 11 & 12 Maart.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 16 Maart 2025 :
Erediens om 09:00.
Prediker – Ds Danie Goosen.
Derde Lydensweek.
Kategese.
Spesiale offer vir Carpe-Diem skool by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Verjaarsdae

Sterftes 2025:
4 Maart –Het Bouwer: Wyk 13C
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd
Die 8ste Maart was Internasionale Vrouedag. Kom ons bid vir die vroue in FEBA se bediening. Sommige vroulike luisteraars is in ongesonde verhoudings vasgekeer of word oorweldig deur moederskap, terwyl ander bid dat hulle mans en seuns veilig vanaf die oorlog sal terugkeer. FEBA se vroulike personeel vereenselwig hulself met hierdie luisteraars deur gedeelde ervarings en dien as lewende voorbeelde van God se herskeppende liefde.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se vroulike personeel krag sal put uit God se teenwoordigheid wanneer hulle met luisteraars werk en dat luisteraars vreugde in Christus sal ontdek.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 9 Maart 2025
- Erediensbediening:
- Skakel na die YouTube Erediens van 9 Maart 2025.
- Getuienisbediening:
- Daar is sendingnuus en toekomsplanne
- Bybelstudiereeks:
- Daar is vanaf 1 Maart 2025 kort nuwe dagstukkies, ‘Skep asem vir vandag’, beskikbaar. U kan vorige dagstukkies vind deur die skakel onderaan die berig.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse”.
- Gemeentenuus:
- Die Wêreldbiddag van 2025, by VGK, is opgedateer met meer inligting oor die Cook Eilande (die gasheer en program saamstellers) asook musiek, wat spesiaal vir die dag geskryf is. Kyk gerus daarna.
- Bybelgenootskap van SA se Gebedsgids en katalogus (met bestelvorm), vir Herfs 2025, is nou geplaas.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘
Tel: 044 620 2205
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



