Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 13: 1-9
Tema: Die Onverwagte?
Datum: 23 Maart 2025
Lees meer “Erediens: Die Onverwagte? Lukas 13:1-9. Ds Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Lukas 13: 1-9
Tema: Die Onverwagte?
Datum: 23 Maart 2025
Lees meer “Erediens: Die Onverwagte? Lukas 13:1-9. Ds Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Ek bid dat jy vandag God se geleenthede met albei jou hande sal aangryp. Ontvang God se Woord spesiaal vir jou.
Teks: “ Jakob het toe klaargemaak en … na sy pa, na Isak toe vertrek in Kanaän. ” (Gen 31:17-18)
Liewe Vader. Dankie dat my geluk in U planne is.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy die vrede beleef en weet dat God altyd saam met jou is. Hier is die Woord van die here vir jou.
Teks: Toe sê die Here vir Jakob: “Gaan terug na jou vaderland, na jou familie toe. Ek sal by jou wees.” ” (Gen 31:3)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my beskerm.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sondag 23 Maart 2025: Erediens 09:00 – Geen Kategese.
Woensdag 26 Maart 2025: Blokbyeenkoms 6B :18:00
Woensdag 26 Maart 2025: Kooroefening: 16:45
Woensdag 26 Maart2025: Wolwedans boodskap, sop en brood
Donderdag 27 Maart 2025 : Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 30 Maart 2025 : Erediens om 09:00 – Geen Kategese
9 April 2025: Klub 50 – Wat wil jy nog hê?
12 April 2025: Gholfdag


Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Van hierdie maand af verleng FEBA Pakistan se daaglikse mediumgolfuitsendings van 30 na 60 minute! Die span werk ook aan ’n nuwe videoreeks, “Christelike Gesinslewe”, wat hopelik in April op YouTube sal begin uitsaai. FEBA Pakistan se opvolgwerkers het intussen hulle werk op alle uitsaaiplatforms uitgebrei om kontak te maak met mense wat na God soek en om nuwe luisteraars leiding te gee.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Pakistan se span veilig sal bly en dat hul nuwe programme oorvloedige vrug sal dra.
Klub 50



| Staan ‘n kans om ’n krat vol kruideniersware te wen!R20 lootjies Sondae by die tee na kerk by Johan Smit te koop. |

23 Maart 2025
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205
e-pos: Stuur ‘n Boodskap
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense sal bou. Hier is God se Boodskap aan jou
Teks: “Jakob het ook aan Laban gemerk dat hy nie meer soos voorheen oor hom voel nie. ”
Liewe Vader. Dankie dat U wat die groot Versoener is, my ook ‘n versoener maak. In die Naam van Jesus Christus die Verlosser. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak sal leef.
Teks: “Toe vra Laban: “Wat moet ek jou betaal?” en Jakob antwoord: “U hoef my niks te betaal nie. ” (Gen 31:28)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my geleenthede omdraai in wonderlike geluk. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
With just one month left of Anne and Annika’s three-month stay, time is flying by, and there’s still so much to do and experience! Last week, Annika and I began working on the mural in the new classroom. We managed to complete the background for our underwater-themed design, though I’m still finding traces of blue paint under my fingernails! Our goal is to finish most of it in the coming days. Every now and then, some of the children would put their heads around the door and encourage us by some ‘oohs’ and ‘aahs’.
Lees meer “Sendingnuus uit Madagaskar – The week 9 March 2025”Liewe vriende en familie
Ek sit hier in dir hospitaal kamer en gebruik die tyd om te skryf terwyl Mari-Alena bietjie slaap. Vanmore het sy my gebel en gesê dat sy soveel pyn het en dit nie meer kan uithou nie. Sy is moeg vir die chemo en wil huis toe kom.
Ek jaag hospitaal toe met ‘n stukkende hart. My dogter krul van die pyn. Sy kan nie sit of staan of lê nie.
Lees meer “Michelle Potgieter – Mari-Alena Maart 2025”Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap vir jou.
Teks: “Gee my nou my vrouens en kinders vir wie ek by u gewerk het, want ek wil weggaan. U weet hoe goed ek vir u gewerk het.” ” (Gen 30:26)
Liewe Vader. Dankie dat ek ‘n goeie werker kan wees. Dankie dat ek ‘n goeie werker was. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.
Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)
Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy die wonderwerke van God verwag, raaksien en self ook beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.
Teks: “God het op Ragel ag geslaan en haar Gebed verhoor. Sy het swanger geword…” (Gen. 30:22)
Liewe Vader. Baie dankie dat U my gebede verhoor as dit met my swaar gaan. In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Tydens die Maart byeenkoms van Klub50 lede het hulle pret gehad met die musiek instrumente wat Lasya, ‘n musiekonderwyseres wat ook by ‘Up with Downs’ betrokke is, saamgebring het.
Almal het met oorgawe deelgeneem aan die slaan op die dromme en ander musiekinstrumente. Die byeenkoms is afgesluit met heerlike hamburgers vir middagete, waarvan die vleis op die braaivleis vure gaargemaak is. Dit was ‘n gesellige en vrolike kuier oggend vir almal.
“Uit Myself kan Ek niks doen nie. Ek oordeel volgens wat Ek hoor, en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil nastreef nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.”
Joh. 5: 30
In hierdie aardse bestaan van ons, soek ons altyd iemand of iets om te beskuldig, wanneer dinge nie volgens ons eie plan of menslike oordeel gebeur nie. Wanneer iets verkeerd gaan, soek ons ‘verskonings’ oor hoekom dit nie ons eie skuld is nie, om so enige blaam van onsself af weg te keer. Ons is altyd baie vinnig om ‘n oordeel oor die situasie te fel, sonder dat ons die wil van God gevra het. Ons blameer selfs ons menslike natuur en begeertes, waarteen ons sogenaamd geen verweer het nie. Ons moet egter besef dat ons verantwoordelikheid moet neem vir enigiets, waar ons, teen die wil van God, verkeerde besluite geneem het en dus na enige verkeerde dinge en oordele gelei het. Die eintlike vraag vandag is of ons wel regverdig oor enigiets kan oordeel? Ons word herhaaldelik gemaan om nie net te oordeel nie!
Lees meer “Stof tot nadenke: Regverdige Oordeel”My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.
Teks: “Jakob het hom vir Ragel vererg en vir haar gevra: ‘Kan ek God se werk oorneem?’” (Gen. 30:2)
Liewe Vader. Baie dankie dat U vir my in alle omstandighede sorg. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Danie Goosen
Skriflesing: Psalm 27
Tema: Vastigheid!
Datum: 16 Maart 2025
Lees meer “Erediens: Vastigheid! Psalm 27. Ds Danie Goosen. NG Kerk Groot-Brakrivier”Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.
Tema: Wees tevrede
Teks: “Toe Ragel merk dat sy nie … kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster.” (Gen. 30:1)
Liewe Vader. Gee my insig om dankbaar te wees dat U elke dag vir my sorg. In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Kom skenk bloed op Donderdag 27 Maart 2025 vanaf 14:00 – 19:00 in die Kerksaal.
Bloedskenk geleentheid, voorrade baie laag.
