Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 September 2026 – Sit ‘n wag voor jou mond

Dagstukkies April

20 September

Liewe Vriend

Wat jy sê kan jou uit die moeilikheid hou of jou daarin instoot — mag jy vandag jou woorde versigtig kies.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Sit ‘n wag voor jou mond

Teks:  “Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar.”  (Spr. 21:23)

  • Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.  (Ps. 122:6)
  • Net soos jy bid vir vrede, kan jy ook die vrede deur jou eie woorde bewaar. Let op wat jy sê.
  • Een onnadenkende opmerking kan ‘n vriendskap seermaak — dink twee keer voor jy iets deel.
  • Voordat jy vandag iets skryf of sê wat jy nie kan terugtrek nie, vra: sal dit vrede bring of net rusie stook?

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die gawe van woorde — help my om dit vandag met wysheid te gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: ‘Seëninge elke dag’

“Die Here sal vir jou sy goeie skatkamer, die hemel, oopmaak om die reën van jou land op tyd vir jou te gee en al jou handewerk te seën.” (Deut. 28: 1220)

Hoe kyk ons na seën?

Is ons ingestel daarop om die seëning wat ons pad kruis raak te sien? Of soek ons net altyd na die negatiewe? Vind ons liewer foute in en om ons? Of is ons daarop ingestel om dié dinge in ons lewe, wat ondersteuning en vreugde bewerkstellig, raak te sien? Daardie dinge wat in ons ‘n passie wakker maak, omdat ons dit as ‘n gawe beskou.

So dikwels waardeer ons nie ‘n vriendelike bedoeling, of wil ons die positiewe hulp nie aanvaar nie. Vriende wat moeite doen met opregte bedoeling word soms bitsig behandel. Is ons agterdogtig oor ‘n ander se bedoeling? Is ons so ingestel op onsself dat ons nie die goeie, wat ons pad kruis elke dag, raaksien nie? Daardie vriendelike groet; die raaksien en opregte belangstelling; die opwindende voëlgesang, of die klein lieflike blommetjie langs ‘n stowwerige pad.

Dis God gegewe seëninge wat God daagliks vir ons gee. Die gesegde van Neville Talbot beskryf dit goed: ‘Afgesien van hoe teneergedruk jy voel, as jy jou seëninge tel sal jy altyd aan die wenkant wees.’

Aardse behoeftes teenoor geestelike behoeftes

In die Onse Vader gebed leer Jesus Christus ons dat ons God mag vra vir ons daaglikse brood. Ons kan bid tot God en vra vir wat ons nodig het. Die brood is die beeld van ons menslike en tydelike behoeftes. Dit sluit kos, klere, behuising, gesondheid, en ook ander dinge wat mens se lewenspassies insluit.

Menslike aardse geluk is iets wat momentele lewensvreugde kan gee, maar in ‘n oogwink weggeneem word of vernietiging bring. Tog maan Christus dat ons nie ons te veel moet bekommer oor wat ons sal eet, of wat ons sal aantrek nie. Dit is belangriker dat ons na God se nabyheid moet soek. Dit is belangriker vir ons lewensbestaan om die koninkryk van God te soek en die lewende water in te neem.

Die geluk wat Christus bring is onaantasbaar en onvernietigbaar. God se geluk is dus ‘n standhoudende geluk wat gebore word uit die saam leef met God. Elke oomblik van elke dag. Dit bring ‘n onversteurde kalmte, te midde van lewens-storms. Dit is iets wat deur niks in hierdie aardse lewe of dood weggeneem kan word nie.

Teksverse:

“Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet? Of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge wat die heidennasies soek. Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matt. 6: 31-3220);

“Gee ons elke dag ons daaglikse brood.” (Luk. 11: 320);

“Jesus het haar geantwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.” (Joh. 4: 13-1420);

“Daarom ervaar julle pyn; maar Ek sal julle weer sien, en dan sal julle harte bly wees, en niemand sal julle blydskap wegneem nie.” (Joh. 16: 2220);

Sien ons elke dag se seëninge raak?

Ons moet tot die besef kom, wanneer ons Christene is, dat elke mens, elke gebeurtenis, elke ervaring, deur God oor ons pad kom. Laat ons gedurig soek na die positiewe, die opbouende kritiek, die vriendelike of hartseer mens wat ‘n dringende behoefte het. Die klein blommetjie wat blom, asof net spesiaal vir jou. Daardie voëltjie wat jy al so lankal wil sien wat daar vir jou sit en wag om raakgesien te word. Daardie antwoord op ‘n indringende vraag wat skielik by jou opkom. Laat ons met vreugde na hierdie ontmoetings en antwoorde in ons lewens soek.

Laat ons elkeen daarop ingestel word om die seëninge raak te sien, en nie deur dreigende storms lamgelê word nie. Alleen dan kan ons elke dag met dankbaarheid leef. Soos John C Maxwell dit so mooi stel: ‘’n Dankbare hart is ‘n hart wat tyd gehad het om sy seëninge te tel. Slegs wanneer ons gaan staan en alles oordink, sal ons harte vol lof word vir ons vriende, ons seëninge van die verlede en ons God.’

Teksverse:

“Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.” (Ef. 1: 320);

“Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na diestem van van die Here jou God. “Geseënd sal jy wees in die veld!…” (Deut. 28: 2-320)

Nuusflitse Week 39+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 20 September 2026 : Kategese Erediens om 09:00 – Doop. Kleuterkerk in Lokaal 6
Sondag 20 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen
Woensdag 23 September 2026 – Skole sluit
Woensdag 23 September 2026 – Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
Woensdag 23 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 23 September 2026 – GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie Sondag 27 September 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
Sondag 27 September 2026: LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje
Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026
DANKFEES 24 OKTOBER 2026


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 20-27 September 2026

Afkondigings 20-27 September 2026

Afkondigings

Sondag 20 September 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
    Riaan & Ingrid Ferreira (dogtertjie – Olivia Ferreira).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Kronieke 29:10-20.
  • Die tema van die prediking is: Myne, joune, ons s’n.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.

Woensdag 23 September 2026 :

  • Skole sluit.
  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
    (Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.
  • GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie.

Bloedskenk Dankie 17 September 2026

Bloedskenk Dankie 17 September 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk Dankie 17 September 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 39 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 39 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 27 September 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Biddag vir Bediening aan die Jode.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Bediening aan Jode by die deure.
  • GEEN tee na die erediens nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Leon Cronje.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Nuwe Lidmate 2026:

Ryno & Inkie Prins van Durbanville: Blok 10 (Bergsig-Bo)

Baie welkom by ons gemeente.

Skoolverwisselingskamp

Skoolverwisselingskamp NG Kerk Groot-Brakrivier
Skoolverwisselingskamp NG Kerk Groot-Brakrivier

Potjie, Vuur en Vermaak

Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier
Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier
Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Indien jy graag wil betrokke raak, ’n tafel wil ondersteun of ’n skenking wil maak, kontak gerus een van die volgende persone of vir Ruan Viljoen – Epos Kontak. Elke bydrae, groot of klein, maak ’n verskil! ❤️

🧁 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,

5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).

📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! ❤️Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.

📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak.

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.

📞 Whitey van der Merwe –  Epos Kontak.

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.

📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼

☕ Koffie – R15, Tee – R10, Koek – R20.

🍽   Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel,  olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸‍♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314.

Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

“God wat my reg handhaaf, antwoord my wanneer ek roep. Toe ek in die noute was, het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed” (Ps. 4:2 Afr20).

Getuienisbediening

Getuienisbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Soedan

Soveel mense in Soedan wag om die evangelie te hoor, maar stamkonflik het in Julie nuwe hoogtes bereik en FEBA se stasie gedwing om sewe weke lank te sluit. Ons stasiebestuurder het sy lewe in gevaar gestel om die stasietoerusting te beskerm. Ons loof God dat ons die stasie op 18 Augustus kon heropen!

Ons gebed vir die week: Bid asseblief vir blywende vrede tussen die stamme. Bid dat FEBA Soedan nie ontmoedig sal wees nie, maar eerder gemotiveerd om die evangelie te deel, en dat mense meer gewillig sal wees om dit te hoor. Bid ook asseblief vir God se voorsiening aan die vlugtelinge rondom ons radiostasie, wat nie by die dorp kan uitkom om kos te kry nie en tans honger ly.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    Kry die skakel na die YouTube Erediens van 20 September 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Bybelstudiereekse:
  • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
  • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Seëning elke dag’”.
  • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 September 2026 – Jou dade wys wie jy is

Dagstukkies April

19 September

Liewe Vriend

Ander mense sien in jou dade wie jy regtig is — mag jou dade vandag van God se karakter getuig.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  Jou dade wys wie jy is

Teks:  “… ‘n (jong-) mens word geken aan wat hy doen, uit sy optrede blyk of hy eerlik en opreg is.”  (Spr. 20:11)

  • Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.”  (Ps. 122:1)
  • Wanneer jy bly is om saam met God se mense te wees, sien ander dit raak in hoe jy leef.
  • Jy is nooit te jonk of te oud om integriteit te wys nie — mense let op wat jy doen, nie net wat jy sê nie.
  • Kies vandag een klein daad wat wys dat jy eerlik en opreg wil leef, al kyk niemand nie.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my ook op ‘n jong ouderdom kan gebruik — laat my dade van U getuig.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 September 2026 – Aanvaar raad

Dagstukkies April

18 September

Liewe Vriend

Om raad te aanvaar is nie swakheid nie — dit is ‘n teken van wysheid — mag jy dit vandag onthou.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Aanvaar raad

Teks:  “Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.”  (Spr. 19:20)

  • Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke,  (Ps. 117:1)
  • God nooi jou om Hom te prys — Hy is groot genoeg om jou omstandighede te verstaan. Hy het begrip vir jou. Hy sal jou deur alles rigting gee.
  • Wysheid is nie iets wat jy sommer een dag “klaar” het nie — jy bly dit jou hele lewe lank aanleer.
  • Vra vandag vir iemand ouer ‘n stukkie raad oor iets waarmee jy sukkel.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir mense wat my wil leer — maak my hart oop om raad te aanvaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 September 2026 – Kies jou vriende reg

Dagstukkies April

17 September

Liewe Vriend

Party mense staan nader aan jou as familie — mag jy vandag daardie kosbare vriendskappe koester.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  Kies jou vriende reg

Teks:  “Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer.”  (Spr. 18:24)

  • Die geringe help Hy op uit die stof, die arme laat Hy van die ashoop af opstaan  (Ps. 113:7)
  • God tel die geringes en swakkes op — Hy is die Vriend wat jou nooit sal afskryf nie.
  • Nie almal wat met jou meng wil regtig die beste vir jou hê nie — pasop vir maats wat jou afbreek.
  • Dink vandag na oor wie werklik soos ‘n broer of suster vir jou is, en gee vir hulle ‘n ekstra dankie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my optel wanneer ek val — gee my wysheid om die regte vriende te kies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 September 2026 – ‘n Ware vriend

Dagstukkies April

16 September

Liewe Vriend

‘n Ware vriend is een van die grootste geskenke wat jy kan hê — mag jy vandag so ‘n vriend wees en hê.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  ‘n Ware vriend

Teks:  “Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken; jou broer is daar met die oog op jou nood.”  (Spr. 17:17)

  • Die Naam van die Here moet geloof word, nou en vir altyd.  (Ps. 113:2)
  • God se liefde vir jou is nooit tydelik nie — Hy is die vriend op wie jy altyd kan reken.
  • ‘n Ware vriend bly by jou, ook wanneer dinge moeilik raak, nie net wanneer alles maklik is nie.
  • Bel of stuur vandag ‘n boodskap vir ‘n vriend om te sê hoeveel hulle vriendskap vir jou beteken.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir vriende wat altyd daar is — help my om ook so ‘n vriend te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 September 2026 – Gee jou planne aan God

Dagstukkies April

15 September

Liewe Vriend

Jy hoef nie alles alleen uit te werk nie — mag jy vandag jou planne in God se hande gee.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Gee jou planne aan God

Teks:  “Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.”  (Spr. 16:3)

  • Prys die Here! Prys, dienaars van die Here, prys die Naam van die Here!  (Ps. 113:1)
  • Om God te prys voordat jy begin, herinner jou daaraan dat Hy die een is wat die uitkoms van jou dag bepaal.
  • Dit help nie om te beplan sonder om God daarby te betrek nie — praat met Hom oor jou keuses.
  • Bid vandag oor een spesifieke plan of besluit wat jy het, en gee dit doelbewus in God se hande.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat ek my planne aan U kan oorgee — laat dit slaag volgens u wil.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 September 2026 – ‘n Bly hart

Dagstukkies April

14 September

Liewe Vriend

‘n Bly hart verander die hele dag se kleur — mag daar vandag blydskap in jou hart wees.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  ‘n Bly hart

Teks:  “Blydskap laat ‘n mens se gesig straal; smart maak ‘n mens terneergedruk.”  (Spr. 15:13)

  • U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.  (Ps. 104:30)
  • God is die Een wat lewe gee en steeds nuwe dinge laat groei — Hy kan ook nuwe blydskap in jou hart laat groei.
  • Jou gesig vertel dikwels vir ander wat in jou hart aangaan — laat God se blydskap deur jou straal.
  • Jy bring ook lewe of dood deur die manier van praat. Bou mense op deur wat jy sê. Bring lewe deur jou woorde.
  • Skryf vandag drie dinge neer waarvoor jy dankbaar is — dit help om jou hart weer bly te maak.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie vir die blydskap wat U gee — laat dit deur my hele lewe straal.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

As ek eerlik is met Deon Meiring – Akkoord

Akkoord - As ek eerlik is met Deon Meiring NG Kerk Groot-Brakrivier

Akkoord – nuwe musiek vir die kerk

Akkoord is ’n nuwe musiekprojek van Bybel-Media, gebore uit ’n eenvoudige droom: om vars, singbare Afrikaanse geloofsmusiek vir die kerk te skep. Die eerste vier liedere is spesiaal geskryf vir die NG Kerk se Predikante SAAMkoms 2026, maar van die begin af was die droom groter as een geleentheid. Daarom word die liedere gratis aan die kerk beskikbaar gestel, sodat gemeentes dit kan aanleer, gebruik en saam sing.

As ek eerlik is

As ek eerlik is · Akkoord

As ek eerlik is

℗ Bybel-Media

Released on: 2026-08-21

Featured Artist: Deon Meiring
Lead Vocals: Deon Meiring
Mastering Engineer: Jaun Hugo
Mixing Engineer: Jattie de Beer
Mixing Engineer: Jaun Hugo
Producer: Jattie de Beer
Composer: Nicolaas Willem Simpson
Composer: Zander van der Westhuizen
Composer: Johan Deon Meiring

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 September 2026 – Wees geduldig

Dagstukkies April

13 September

Liewe Vriend,

Om vinnig kwaad te word, wys nie krag nie — mag jy vandag die krag van geduld ontdek.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Wees geduldig

Teks:  “’n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy dwaasheid ten toon.”  (Spr. 14:29)

  • U gee, en hulle eet, U maak U hand oop, en hulle kry meer as genoeg.  (Ps. 104:28)
  • God is elke dag met ons geduldig — Hy raak nie moeg met ons nie, al maak ons dieselfde foute oor en oor.
  • Moenie kort van draad wees nie: ‘n Kort humeur laat jou dinge sê of doen waaroor jy later spyt is — tel eers tot tien voor jy reageer.
  • Vra God vandag vir ‘n bietjie ekstra selfbeheersing, geduld en liefde met iemand wat jou irriteer.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U so geduldig met my is — leer my om ook geduldig te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Nuwe lewe in Christus”

“Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei.”

(Rom. 6: 420)

Afsterwe en wedergeboorte

In hierdie maand van die lente, sien ons daagliks blomme verskyn wat nie oënskynlik daar was, die res van die jaar nie. Ook die bladwisselende bome wat deur die winter dood lyk, en weer in die lente begin bot, herinner ons daaraan dat ons ons ou lewens moet afsterf, om nuwe lewe te kry in die lente van ons geloof. God is die dou wat ons as mens weer laat lewe soos so mooi beskryf word in Hosea.

Christus self het vir Nikodemus daarop gewys dat ons beide deur water én Gees gebore moet word. Dit dui dus op die afsterwe van die vleeslike om in die Gees gebore te word. Paulus wys die gelowige Romeine daarop dat hulle nie uit verganklike saad is nie, maar uit die onverganklike saad van die Woord van God.

Dit is dus God self wat die waarheid in ons wek en vir ons dit moontlik maak, nadat ons tot geloof en die vernuwing van ons gedagtes deur die Heilige Gees gekom het. Ook in Spreuke word ons daarop gewys dat om die wil van die Here te doen tot ‘n lewe lei wat lewens red.

Teksverse:

“… sal Ek vir Israel wees soos die dou. Hy sal bloei soos ‘n lelie en hy sal so vas staan soos die Libanon. Hy sal geil groei. Hy sal so sterk wees soos ‘n olyfboom en hy sal ruik soos die plante van Libanon.” (Hos. 14: 6-720);

“Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan ‘n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie daaroor verbaas wees dat Ek vir jou gesê het, ‘Julle moet van bo gebore word’ nie. Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Joh. 3: 420);

“Julle is immers weer gebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad – deur die lewende en blywende woord van God.” (1 Pet. 1: 2320);

“Wie die wil van die Here doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.” (Spr. 11: 3083)

Verlossing van die kruis

God het alles vir ons moontlik gemaak deur die kruisdood van Jesus Christus, Sy eniggebore, en unieke Seun. Ons moet net in stilte hoop en vertroue in die Vader en die verlossing van die kruisdood van Jesus Christus.

Ons hoef ons nie te skaam vir die evangelie van Jesus Christus nie, want dit is die krag van die verlossing. Dit het Jesus Christus vir die Jode gedoen, maar ook vir die heiden nasies, dwarsoor die aarde. Ons as mens is soms verstom oor mense wat dié roeping so sterk voel, dat hulle soos Paulus tot aan die uithoeke van die aarde die woord en lewende evangelie verkondig.

Dit is die Heilige Gees wat mense dring om die woord wereldwyd te verkondig, want dit is die reddings daad van die mens, wat die evangelie verkondig, onder leiding van die Heillige Gees.

Teksverse:

“Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die Here.” (Kla. 3: 2620);

“My oë het inderdaad die verlossing gesien, wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het, ‘n lig wat vir die nasies tot openbaring dien, en eer bring aan u volk Israel.” (Luk. 2: 30-3220);

“Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense.” (Tit. 2: 1120);

“Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek.” (Rom. 1: 1620);

“In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 13-1420)

Nuwe lewe in Christus

Daar is vir elkeen wat glo ‘n nuwe lewe in Christus. Jesaja het reeds geweet dat sy verlossing in die Here is. Selfs die Smairitaanse vrou by die put, met wie Christus ‘n ontmoeting gehad het, het reeds geweet dat Christus oppad is, en alles aan hulle bekend sou maak. Jesus kon aan haar bevestig dat Hy die Een is.

Soos beide Jesaja en Paulus bevestig, is beide geroep om as ligdraers, diensknegte vir God te wees. Hulle moes die Woord verkondig van die evangelie van Jesus Christus.

Laat ons die Nuwe lewe in Christus aangryp en die lewe met oorgawe leef.

Teksverse:

“Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom. Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.” (Jes. 12: 2-320);

“Julle aanbid wat julle nie verstaan nie; ons aanbid dit wat ons verstaan, want die verlossing kom uit die Jode. Daar kom egter ‘n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Die vrou sê vir Hom: “Ek weet die Messias kom wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” Jesus sê vir haar: “Ek Is, is die Een wat met jou praat.”.” (Joh. 4: 22-2620);

“Want so het die Here dit aan ons opgedra. “Ek het jou aangewys as ‘n lig vir die nasies, sodat jy verlossing kan bring tot aan die uiteindes van die aarde.” (Hand. 13: 4720);

“Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy vir My ‘n dienskneg is om die stamme van Jakob op te rig nie, om dié wat bewaar gebly het van Israel, te laat terugkeer nie. Ek gee jou as ‘n lig vir nasies, sodat my heil sal strek tot aan die uiteindes van die aarde.”” (Jes. 49: 620)

U Ken My Hart Psalm 139 Afrikaanse Aanbiddingslied – YouTube

U Ken My Hart _ Psalm 139_1 _ Afrikaanse Aanbiddingslied - YouTube NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons Koning Kom – Juanita du Plessis met Lirieke

Ons Koning Kom - Juanita du Plessis YouTube