3 November
Wanneer jy God as jou veilige plek kies, kies jy die beste plek in die hele wêreld. Hier is God se boodskap net vir jou.
Tema: Kies God as skuilplek
Teks: “Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.” (Ps. 91:9-10)
- Selfs in moeilike tye sorg God dat jy genoeg het. (Ps. 37:19)
- Om God as skuilplek te kies, is ’n besluit wat jy elke dag weer neem.
- Dit beteken nie jy sal nooit swaarkry nie, maar dat God altyd by jou sal wees.
- Maak God vandag jou eerste stop wanneer iets verkeerd loop.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my veilige plek is – ek kies U vandag weer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


