Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 November 2026 – God se genadige hart

6 November

Jy hoef nie te wonder of God omgee nie – Hy is genadig en sy hart gaan na jou uit. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: God se genadige hart

Teks: “Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.” (Ps. 116:5)

  • God is by jou, en Hy help jou nog voor die môre kom. (Ps. 46:6)
  • God is regverdig, maar Hy is ook genadig – Hy los jou nie in jou foute nie.
  • Om te ontferm, beteken God se hart gaan uit na jou as jy seerkry.
  • Wys vandag iemand genade deur hulle ’n tweede kans te gee.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U genadig is en U oor my ontferm – help my om ook genadig te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.