Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 November 2026 – God ken jou

5 November

Dis lekker as iemand jou regtig ken – en God ken jou beter as enigiemand. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.

Tema: God ken jou

Teks: “‘Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,’ sê die Here, ‘omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.’” (Ps. 91:14)

  • God is die rede vir jou diepste vreugde – jy kan oor Hom jubel en juig. (Ps. 43:4)
  • God belowe om dié wat Hom liefhet, te red en te beskerm.
  • Om God te ken, is meer as om van Hom te weet – dis ’n verhouding.
  • Leer God vandag beter ken deur ’n stukkie uit die Psalms te lees.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my ken en red – ek wil U ook al beter leer ken.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.