Sondag 1 November 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 15:1-13.
- Die tema van die prediking is:Welkom by die Sirkus!
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
Woensdag 4 November 2026 :
- Nasionale Stemdag – Kerkkantoor gesluit.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida –Epos Kontak.
- Blokbyeenkomste om 18:00: Blok 10 (Bergsig-Bo) by Konrad & Magda Nelson, Bosrugweg 13 – gelei deur ds Charné Viljoen. Koos van Zyl – Epos Kontak.
Donderdag 5 November 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

Sondag 8 November 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- Kleuterkerk & Kategese Afsluiting – ouers word saam kinders genooi vir ’n afsluitingsbyeenkoms na die erediens.
- Kinderdankoffer.
- Spesiale Offer vir Kindersorg by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk – Ds Charné Viljoen.

Nuwe Lidmate 2026:
Billy & Louise Marais van Bloemfontein: Blok 08A (Groenkloof)
Baie welkom by ons gemeente.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 38, asook die antwoorde vir nommer 37 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Sterftes 2026:
22 Oktober – Jos Mostert: Blok 08A (Groenkloof)
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
“Julle sal My aanroep, en kom en tot My bid, en Ek sal na julle luister. Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg” (Jer. 29:12-13 Afr20).

Bedieninge





FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan
Japan is ’n land van teenstellings – antiek en hipermodern, finansieel voorspoedig maar tog geestelik arm. Byna 1.5 miljoen mense leef as hedendaagse kluisenaars en tien duisende mense per jaar sterf “eensame sterftes”, waar hul afsterwe vir weke of maande lank ongemerk gaan. Japan benodig die evangelie, en media is die ideale wyse om dit aan hulle te bring.
Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Japan se uitsendings, wat baie eensame luisteraars geselskap hou. Bid ook dat die Here nuwe leiers en omroepers sal oprig om die onbereiktes in Japan te bereik.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 1 November 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
- Getuienisbediening:
- Lynette uit Madagaskar se nuutste nuusbrief is beskikbaar.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die Gawe van vrede”.
- Gemeentenuus:
- ‘n Naweek van Dankbaarheid en Fees; artikel oor die Dankfees van die afgelope naweek.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 1 – 8 November 2026”
Kommentare is gesluit.