Nuusflitse Week 38+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 13 September : Erediens en Kategese om 9:00 –GEEN Kleuterkerk nie
Sondag 13 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje
Woensdag 9 September 2026 – Seeds of Hope Lentedag Funksie om 10:00
Woensdag 9 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45.
Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkomste om 18:00 Blok 1 (Plaasgedeeltes) Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkomste om 18:00 Blok 12 (Eurekapark)
Sondag 20 September 2026 : Kategese Erediens om 09:00 – Doop. Kleuterkerk in Lokaal 6.


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 13 – 20 September 2026

Afkondigings 13 – 20 September 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 13 September 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 12:1-8.
  • Die tema van die prediking is:JY is die offer!
  • Melaatse (Leprose) en Toerustingsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Leon Cronje.

Woensdag 16 September 2026 :

  • Seeds of Hope Lentedag Funksie om 10:00 in die kerksaal (slegs vir persone wat bespreek het).
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak
  • Blokbyeenkomste om 18:00
  • Blok 1 (Plaasgedeeltes) by Louis & René Vorster, Wolwedraai Boerdery – gelei deur ds Charné Viljoen. René Vorster –Epos Kontak
  • Blok 12 (Eurekapark) by Alida Terblanche, Denneweg 4 – gelei deur ds Leon Cronje. Kobus Stander – Epos Kontak.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week38 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week38 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 20 September 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Doop.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Groenewaldfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.

Nuwe Lidmate 2026:

Piet & Leonie Gerber van Worcester: Blok 21 (Vogelsang)

Baie welkom by ons gemeente.

Bedieninge NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge NG Kerk Groot-Brakrivier

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 36, asook die antwoorde vir nommer 35 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

“…maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees – een in liefde, een van gees, een in denke…” (Fil. 2:2 Afr20).

Kommunikasiebediening

Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier
Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.

Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.

Nuwe lidmate- en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Getuienisbediening

Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebediening

Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing NG Kerk Groot-Brakrivier

Kombuis

Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningbediening

Ondersteuningsbedieing - Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing – Hulp NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Thailand

FEBA saai al sedert 1951 na Thailand uit. Vandag is die land steeds 99.3% Boeddhisties en sommige provinsies, soos Udon Thani, is slegs 0.25% Christen. Ná ’n uitnodiging van ’n kerk in Udon Thani het FEBA saam met 17 gemeentes van drie denominasies begin werk vir eenheid – nie in naam nie, maar in missie – want eenheid is noodsaaklik vir effektiewe bediening.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Thailand se projek in Udon Thani en bid dat Christene oral as een liggaam sal werk om die evangelie te deel.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  1.    Erediensbediening:
  2. Kry die skakel na die YouTube Erediens van 13 September 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening:
    • a)  Nuusflitse uit Makatini.
    • b)  Nuusflitse vanaf Missie Japan.
  1. Bybelstudiereekse:
    1. ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
    2. Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Nuwe lewe in Christus”.
    3. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 September 2026 – Kies jou vriende verstandig

Dagstukkies April

12 September

Liewe Vriend,

Die mense saam met wie jy die meeste tyd deurbring, vorm jou meer as wat jy dink — mag jy vandag wys kies.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Kies jou vriende verstandig

Teks:  “Wie met wyse mense omgaan, kry self wysheid; wie hom met dwase ophou, word self sleg.”  (Spr. 13:20)

  • Hulle is almal van U afhanklik, U gee hulle kos op hulle tyd.  (Ps. 104:27)
  • Net soos God ons almal versorg, gee Hy ons ook goeie mense om saam met jou op jou pad te reis. Waardeer en geniet daardie vriende.
  • Let mooi op: Wie moedig jou aan om reg te doen, en wie trek jou af sodat dit met jou sleg gaan.
  • Reik vandag spesifiek uit om nader te beweeg aan iemand wat jou opbou, al is dit net ‘n boodskappie om te sê jy waardeer hulle.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die mense wat my wys om te leef — help my om wys te kies met wie ek tyd deurbring.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus: Missie Japan – Balans: Tussen werk en rus

Missie Japan 2026-09-10 NG Kerk Groot-Brakrivier

Beste Ondersteuner,

Japan is—verál na die tweede wêreldoorlog—bekend vir sy toegewyde ‘korporatiewe krygers’: werknemers wat bereid is om buitengewone hoeveelhede tyd en energie aan hulle maatskappye toe te wy. Oor die afgelope paar dekades het die land egter geleidelik begin oorbeweeg na ’n gesonder verstaan van die balans tussen werk en persoonlike lewe, met toenemende aandag aan rus, gesinstyd en geestelike welstand. Verbasend genoeg lyk dit nou asof die pendulum weer begin terugswaai.

Lees meer “Sendingnuus: Missie Japan – Balans: Tussen werk en rus”

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 September 2026 – Luister na raad

Dagstukkies April

11 September

Liewe Vriend,

Dit is nooit maklik om te hoor jy is verkeerd nie — mag jy vandag genoeg nederigheid hê om te luister.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  Luister na raad

Teks:  “In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad.”  (Spr. 12:15)

  • U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep.  (Ps. 104:24)
  • God het alles met wysheid gemaak. Daarom is dit beter om nie op ons eie oordeel, insig en mening staat te maak nie.
  • Maak eerder op God se wysheid en insig staat.
  • Gewoonlik dink jy dat jy die beste oplossing het — onthou dat iemand anders se insig en oplossing jou dalk van ‘n groot verleentheid kan red.
  • Vra vandag vir iemand wat jy vertrou wat hulle van jou plan of keuse dink, en neem hulle antwoord en advies ernstig op.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir U wysheid oor alles. Maak my nederig genoeg om raad te aanvaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 September 2026 – Wees vrygewig

Dagstukkies April

10 September

Liewe Vriend,

Wat jy uitdeel, kom op ‘n manier na jou terug — mag jy vandag vrylik gee.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Wees vrygewig

Teks:  “Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word. Wie ‘n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.”  (Spr. 11:24-25)

  • U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry:  (Ps. 104:14)
  • God self sorg vir jou — net so versorg ook die diere en plante, sonder om suinig te wees.
  • Vrygewigheid is nie net oor geld nie — dit kan jou tyd, jou aandag of jou omgee, bemoediging of liefde wees.
  • Kyk vandag rond. Daar is iemand wat ‘n bietjie van jou nodig het. Deel dit sonder om te onthou hoeveel en wat jy gedoen het.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U so vrylik vir my sorg — leer my om ook vrylik te gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 September 2026 – Leef eerlik, leef vry

Dagstukkies April

9 September

Liewe Vriend,

Wie eerlik leef, hoef nie oor sy skouer te kyk nie — mag jy vandag daardie vrede ken.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Leef eerlik, leef vry

Teks:  “Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.”  (Spr. 10:9)

  • U het die aarde stewig gevestig, sodat dit nooit sal wankel nie.  (Ps. 104:5)
  • Net soos God die aarde vas en veilig gemaak het, wil Hy dat jou lewe ook op ‘n vaste grondslag van eerlikheid rus.
  • ‘n Leuentjie voel dalk maklik, maar dit bou ‘n las wat jy elke dag moet onthou en saamdra.
  • Kies vandag om die waarheid te praat, al is dit ongemaklik — dit gee jou vrede en maak jou vry.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U vas kan staan. Help my om eerlik te leef, ook wanneer niemand kyk nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 September 2026 – Wees leerbaar

Dagstukkies April

8 September

Liewe Vriend,

Hoe jy op teregwysing reageer, wys baie van wie jy is — mag jy vandag ‘n hart hê wat kan leer.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Wees leerbaar

Teks:  “Moenie ‘n ligsinnige mens probeer opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder.”  (Spr. 9:8-9)

  • Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister,  (Ps. 104:1)
  • God is groot genoeg om ons foute te sien en steeds geduldig met ons te wees — daarom kan ons ook geduldig met onsself en ander mense wees.
  • ‘n Wyse mens vra self vir raad; hy wag nie totdat iemand hom moet regruk nie.
  • Sê vandag vir iemand: “Wys my gerus as ek iets verkeerd doen”.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U groot en geduldig is — maak my hart oop om te leer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 September 2026 – Reis saam met wysheid

Dagstukkies April

7 September

Liewe Vriend,

Wysheid nooi jou vandag uit om op haar pad te bly — mag jy die uitnodiging aanneem.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Reis saam met wysheid

Teks:  “Daarom, kinders, luister na my, dit sal goed gaan met dié wat op my pad bly. Luister na wat ek julle leer, moet dit nie verontagsaam nie, dan sal julle ook wysheid hê.”  (Spr. 8:32-33)

  • Ek besing U lof en U roem gedurigdeur.  (Ps. 71:8)
  • Om God elke dag te prys, hou jou fokus reg — dit herinner jou aan wie regtig in beheer is en wie regtig verstaan wat belangrik is.
  • Wysheid is nie ‘n eenmalige les nie, maar ‘n reis wat jy elke dag opnuut kies om op te bly.
  • Maak vandag ‘n klein, wyse keuse — iets wat jy weet reg is, ook al is dit nie die maklikste opsie nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die pad van wysheid wat U vir my oopmaak — help my om daarop te bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 September 2026 – Wat God nie van hou nie

Dagstukkies April

6 September

Liewe Vriend,

Daar is dinge wat vir God so erg is dat Hy dit sewe keer noem — mag jy vandag weet watter gedrag Hom seermaak, en dit vermy.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  Wat God nie van hou nie

Teks:  “Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ‘n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, ‘n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, ‘n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers.”  (Spr. 6:16-19)

  • U is my hulp van my geboorte af, reeds voor ek in die wêreld gekom het, het U my beskerm. U loof ek gedurigdeur.  (Ps. 71:6)
  • God het jou al van voor jou geboorte af beskerm — dis waarom Hy ook wil hê jy moet ander mense met dieselfde sorg behandel.
  • Leuens, plan-maak teen iemand en rusie stook is nie klein foutjies nie — dit breek verhoudinge stukkend.
  • Kyk vandag mooi na jou eie hart: is daar iets wat jy kan los?

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my ken en steeds liefhet — wys my waar my hart moet verander.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Dankie vir elke Dag!”

“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.”

(Kol. 3: 1520)

Waaroor kan ons dankbaar wees?

Hoe kan ons dankbaar wees, as alles wat ons het, in aardse terme, deur ons eie handewerk bekom is? Dis ‘n redenasie van ‘n mens wat dink dat hy homself geskep het. Wat self sy gene en lewensomstandighede bewillig het. Het jy jouself geskep? Hoe? Wat? Waar? Het jy jou eie lewensomstandighede geskep?

Die lewe van elke mens is met liefde aanmekaar geweeg deur die hand van God. Besef elkeen van ons dit? Het jy elke dag kos op jou tafel? Sekerlik is jy meeste van die tyd die een wat die kos gaan koop. Maar het jy volkome uit jouself jou lewensomstandighede van die begin van jou lewe gevorm; die werk bekom waarmee jy jou inkomste kry?

Of besef jy die hand van God daarin. Jou hele bestaan is deur God gewil. Besef elkeen van ons dag na dag dat die opkoms van die son in die oggend, die lewensomstandighede deur ons lewens, alles, alles net ‘n genadegawe van God is. Kan ons ondankbaar wees as elke asemteug wat ons gegun word; elke vreugde en rede vir glimlag; elke swaarkry en pyn ons vorm om nader aan God te kom. Besef ons dat ons meer het as wat baie mense het? Ons het onverdiende genade, hoop en liefde.

Teksverse:

“Dit is immers u wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het. Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.” (Ps. 139: 13-1420);

“’n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as ‘n groot skat met paniek daarby.” (Spr. 15: 1620);

“Voor ineenstorting is daar trots, en voor die val is daar ‘n hooghartige gees. ‘n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges.” (Spr. 16: 18-1920);

“Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur. God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1: 6-720);

“Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.”(Ps. 22: 1120);

“’n Geduldige mens is beter as ‘n held, en wie sy gees beheers, is beter as iemand wat ‘n stad inneem.” (Spr. 16: 3220)

Hoe kan ons nie dankbaar wees nie?

Selfs te midde van swaarkry, is daar nog steeds, en veral hier in Suid Afrika, dae van son elke dag, van nog ‘n dag wat God ons gun. As jy besef dat alles wat jy het, jou hele wese, jou vrede en geluk, die asem wat jy elke dag ontvang, selfs die pyn en seerkry, die ongemak wat jy soms beleef, die vermoë om te werk, die vermoë om ‘n inkomste te hê, nie deur jou eie toedoen gebeur het nie. Alles wat jy het is ‘n gawe van God , vir die tyd wat jy hierdie aardse lewe bewandel.

Moenie voorgee dat jy weet wat môre gaan kom nie. Niemand van ons het die vermoë om te weet presies hoe môre gaan lyk nie. Dit is net eenvoudig nie in ons hande nie. Ons kan voorspelling maak, maar alles wat vir elkeen van ons voorlê is in die hand van God, die Vader.

Maar ons is ook gewaarsku dat dinge gaan lelik word in die laaste dae, soos 2 Timoteus beskryf. Ongedurigheid, ondankbaarheid en liefdeloosheid. Dis wanneer ons ondankbaar is en elkeen op onsself ingestel is, dat die wonderlike gawes van God by ons verbygaan, en ons nie elke klein of groot genadegawe raaksien nie.

Teksverse:

“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.” (Spr. 27: 120);

“Wie ‘n vyeboom versorg, sal sy vrugte eet, en wie na sy meerdere omsien, sal geëer word.” (Spr. 27: 1820);

“Dit moet julle weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as God.” (2 Tim. 3: 1-420)

Hoe druk ons ons dankbaar uit?

Ons moet ‘n lewe van dankbaarheid leef, deur dit van God te vra. Ons moet vra vir die genadegawes van nederigheid, liefde, hoop, dankbaarheid en die vermoë om elke dag se gawe wat God vir ons gee raak te sien. Dan sal ons besef dat ons elke dag op ons knieë kan wees uit dankbaarheid vir wat God vir ons gee.

Elke dag se brood op ons tafel, elke dag se vriendelike medemens, elke sagte woord van ‘n onbekende! Dis wanneer ons nie meer op onsself, en ons eie plesier ingestel is nie, maar self die vriendelike gesig oorkant ‘n ander medemens is, dat ons God welgevallig kan dien met eerbied en ontsag. Kyk verby jou eie seer en pyn, en sien ‘n ander se seer en pyn raak.

Laat ons volhard in gebed in waaksaamheid en dankbaarheid. Dan sal ons elke dag iets kry om voor dankbaar te wees!

Teksverse:

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220);

“Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);

“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ‘n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.” (2 Tim. 1: 320);

“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.” (Heb. 12: 2820)

Nuusflitse Week 37+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 6 September : Erediens om 9:00 –Kleuterkerk in Lokaal 6 en Kategese
Sondag 6 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen
Woensdag 9 September 2026 – Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
Woensdag 9 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45. Woensdag 9 September 2026 – Blokbyeenkoms – Blok 28,29 & 30 (Reebok, Fraaiuitsig, Kleinbrak en Hartenbos tot Danabaai) in die kerksaal om 17:30 – gelei deur ds Leon Cronje.
Sondag 13 September : Erediens en Kategese om 9:00 –GEEN Kleuterkerk nie
Sondag 13 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 6 – 13 September 2026

Afkondigings 6 – 13 September 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 6 September 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 22:14-20.
  • Die tema van die prediking is:Aan Tafel.
  • Nasionale biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.
Nasionale Instituut vir dowes - deuroffer NG Kerk Groot-Brakrivier
Nasionale Instituut vir dowes – deuroffer NG Kerk Groot-Brakrivier

Woensdag 9 September 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  
  • Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
  • Blokbyeenkoms – Blok 28,29 & 30 (Reebok, Fraaiuitsig, Kleinbrak en Hartenbos tot Danabaai) in die kerksaal om 17:30 – gelei deur ds Leon Cronje.

Sondag 13 September 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
  • Melaatse (Leprose) en Toerustingsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Sending aan Melaatse by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

“En dit is die vrymoedigheid wat ons voor Hom het: Dat Hy ons gebede verhoor as ons iets volgens Sy wil vra” (1 Joh. 5:14 Afr20).

Nuwe Lidmate 2026:

Bokkie Oosthuizen van Klerksdorp: Blok 8C (Groenkloof)

Baie welkom by ons gemeente.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 37 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 37 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sterftes 2026:

27 Augustus– Mariette Oosthuizen: Blok 08B

2 September – Nelie van Staden: Blok 17

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Kommunikasiebediening

Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier
Webtuiste 50 000 besoeke NG Kerk Groot-Brakrivier

Baie geluk aan ons webtuiste en gemeenskap met die uitsonderlike mylpaal om teen die einde van Augustus reeds 50 000 besoeke vir 2026 te bereik! Dit is wonderlik om te sien hoe ons digitale bediening gegroei het tot ‘n wêreldwye uitreik met besoekers uit meer as 140 lande. Hierdie fantastiese mylpaal word veral gedryf deur die gewilde daaglikse Bybel Dagstukkies (wat reeds meer as 12 000 besoeke vanjaar gehad het), die Wêreldbiddag vir Vroue-materiaal (meer as 2 200 besoeke) en ons verskeidenheid geloofsbronne. Dit bewys dat ons webtuiste nie net ons eie plaaslike gemeente bedien nie, maar ook ‘n daaglikse geestelike tuiste bied vir duisende Afrikaanssprekendes regoor die wêreld. Baie dankie aan elkeen wat die platform ondersteun, die inhoud deel en meehelp om die Evangelie op hierdie moderne manier uit te dra.

Ons wil ons YouTube-kanaal en Predikante hartlik gelukwens met die besondere mylpaal van meer as 220 000 views en 43 000 kyk ure! Baie dankie aan elke gemeentelid en aanlynkyker wat ons eredienste getrou kyk, asook aan elkeen wat die skakels so aktief op WhatsApp en sosiale media met familie en vriende deel. Hierdie platform reik vandag ver buite ons kerkgebou se mure uit – van ons eie plaaslike gemeenskap tot by landsgenote regoor die wêreld – en ons gee al die eer aan die Here vir die wyse waarop Sy Woord harte aanraak, geloof versterk en hoop bring.

Omgeebediening

Omgeebediening Dankie vir klere NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening Dankie vir klere NG Kerk Groot-Brakrivier

Lentedagviering – Ondersteuningsbediening

Lentedag viering Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lentedag viering Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening

Getuienisbediening Wolwedans Boordksp Sop en brood NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Wolwedans Boordksp Sop en brood NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Mosambiek

FEBA Mosambiek se bediening dra oorvloedige vrug. In Julie, toe die span rondgereis en regstreekse uitsendings vanuit dorpies in die Niassa-provinsie gedoen het, was harte oral ontvanklik. Drie gewapende rowers het met kwade bedoelings by ’n geleentheid opgedaag, die Goeie Nuus gehoor en tot bekering gekom! Kinders wat in armoede en wanhoop verlore gevoel het, het FEBA se boodskap op ’n ou radio gehoor en by die jeugdissipelskapprogram aangesluit, wat die evangelie deur radiodramas deel.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke honger hart in Mosambiek die Brood van die Lewe deur FEBA se uitsendings sal ontvang.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  •   Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 6 September 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Getuienisbediening:
    • Michelle se nuutste nuusbrief uit Reni is beskikbaar.
    • Die weeklikse nuus van Lynette van Madagaskar is op die webtuiste.
  • Bybelstudiereekse:‘
    • Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Dankie vir elke dag!”.
  • Gemeentenuus:
    • SAAMkoms. Een week. 650 dominees. Dankie Here, vir hierdie SAAM-wees!
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 September 2026 – Dink voor jy praat

Dagstukkies April

5 September

Jou woorde dra meer gewig as wat jy dink — mag jy vandag stilstaan voor jy praat. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Dink voor jy praat

Teks: “My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad. Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat.” (Spr. 5:1-2)

●      want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou.  (Ps. 71:5)

●     Van jongs af op God vertrou beteken jy hoef nie eers self alle antwoorde te hê nie — Hy dra jou al klaar.

●     Voordat jy iets sê wat jy nie kan terugvat nie, vra jouself: is dit waar, is dit nodig, is dit vriendelik, help dit, bou dit op, gee dit lewe?

●     Kies vandag om ‘n keer eerder te luister as om die laaste woord te wil hê.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my van jongs af lei — gee my wysheid om met my woorde reg om te gaan.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 September 2026 -Pas jou hart en gedagtes op

Dagstukkies April

4 September

Wat jy toelaat om jou hart vol te maak, bepaal watter soort mens jy word — mag jy vandag versigtig kies wat daar ingaan. Hier is God se spesiale Woord net vir jou vir vandag.

Tema: Pas jou hart en gedagtes op

Teks: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (Spr. 4:23)

●     Wees vir my ‘n rots om na toe te vlug, waar ek altyd die veiligheid mag vind wat U tot my redding beskik het, want U is my rots en my vesting. (Ps. 71:3)

●     God is die veiligste plek om jou hart aan toe te vertrou — Hy hou dit veilig, ook wanneer die wêreld dit skade wil aandoen.

●     Kyk mooi na wat jy op jou foon inneem — musiek, video’s en gesprekke vorm jou hart al weet jy dit nie altyd nie.

●     Vul jou hart doelbewus met goeie dinge: gebed, Bybelwoorde, en mense wat jou opbou.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek my hart by U kan wegsteek — help my om versigtig te wees met wat ek daar toelaat.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 September 2026 – God se tug is liefde

Dagstukkies April

3 September

Dit is nie lekker as iemand jou reghelp nie, maar dit kan wys dat hulle vir jou omgee. Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema: God se tug is liefde

Teks: “My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen Sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun.”  (Spr. 3:11-12)

●     Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper (Ps. 42:6)

●     Wanneer God of iemand wat vir jou omgee jou reghelp, is dit nie om jou af te breek nie, maar om jou te help groei.

●     Moenie dadelik kwaad word as jy tereggewys word nie. Vra eerder: “Wat kan ek hieruit leer?”

●     Dink terug aan ‘n tyd toe ‘n bietjie dissipline jou eintlik gehelp het — sê dankie daarvoor.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my liefhet en my reghelp. Gee my ’n hart wat kan luister en leer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.