28 Oktober
Liewe vriend,
Daar is plekke waar jy God se teenwoordigheid baie sterk voel — mag vandag so ’n dag wees. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.
Tema: Beleef God se grootheid
Teks: “Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind.” (Ps. 63:3)
- Jy kan jou heeltemal op God se Woord verlaat — alles wat Hy sê, is waar. (Ps. 119:160)
- God se mag en grootheid ontdek jy wanneer jy tyd saam met Hom spandeer — alleen en saam met ander gelowiges.
- Kerk, jeug of ’n Bybelstudiegroep is plekke waar jy God saam met ander kan beleef.
- Nooi vandag ’n vriend saam na ’n jeugaand of kerkdiens.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek u grootheid mag beleef — trek my al nader aan U.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


