Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 November 2026 – Engele pas jou op

4 November

Jy sien hulle nie, maar God het sy engele opdrag gegee om na jou te kyk. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Engele pas jou op

Teks: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.” (Ps. 91:11)

  • Die Here beskerm jou en hou jou in die lewe. (Ps. 41:3)
  • God se sorg vir jou is so groot dat Hy selfs sy engele stuur.
  • Waar jy ook al gaan – skool, huis of op reis – is jy nie onbeskermd nie.
  • Sê vandag dankie vir die onsigbare maniere waarop God jou al beskerm het.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u engele wat oor my waak – ek is veilig in u sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.