Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 September 2026 – Wees tevrede met genoeg

Dagstukkies April

29 September

Liewe vriend

Om tevrede te wees met wat jy het, is ‘n stil krag wat baie mense nooit vind nie — mag jy dit vandag ontdek.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Wees tevrede met genoeg

Teks:  “”moenie toelaat dat ek vals is en lieg nie; moet my nie arm maak of ryk nie, gee my net die kos wat ek nodig het, sodat ek nie te veel het en U verloën en sê: ‘Wie is die Here?’ nie, en sodat ek nie arm word en steel en my God se Naam oneer aandoen nie.””  (Spr. 30:8-9)

  • Die Here is goed vir sy volk, Hy kroon die hulpeloses met oorwinning.  (Ps. 149:4)
  • God se goedheid vir sy mense beteken jy hoef nie bang te wees dat jy te min sal hê nie — Hy sorg vir jou.
  • Te veel wil hê kan jou van God wegtrek, net soos te min hê jou kan laat oneerlik raak — soek eerder balans.
  • Skryf vandag neer wat jy regtig nodig het (nie net wil hê nie), en dank God daarvoor.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U vir my sorg — leer my om tevrede te wees met wat U vir my gee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 September 2026 – Moenie mense vrees nie

Dagstukkies April

28 September

Liewe vriend

Ander mense se mening kan jou lam vasvang as jy nie oppas nie — mag jy vandag eerder God vertrou.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Moenie mense vrees nie

Teks:  “As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.”  (Spr. 29:25)

  • Prys die Here! Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot sy lof in die vergadering van sy troue dienaars.  (Ps. 149:1)
  • Wanneer jou hart vol is van lof aan God, is daar minder plek oor vir vrees vir wat mense van jou dink.
  • Om altyd te wil pas by wat ander wil hê, kan jou wegtrek van wie God jou geskep het om te wees.
  • Kies vandag om reg te doen, ook al is jy bang iemand sal jou nie daaroor goedkeur nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek by U veilig is. Help my om U te vertrou, meer as wat ek mense se mening vrees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen..

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Die goedheid van die Here”

“Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

(1 Pet. 2: 1-320)

Wat is jou ervaring van God se goedheid?

In 1 Petrus 2 word ons daarop gewys dat ons alles wat sleg is moet aflê omdat ons ‘die goedheid van die Here gesmaak het‘. Wat verstaan elkeen van ons in hierdie woorde?

Sal ons terugkeer na die huis van die Here net omdat die goedheid en guns van die Here ons volg, soos vir die Psalmdigter? Dink ons dat die goedheid van die Vader daarin geleë is dat ons ontsag vir Hom het?

Of is die goedheid van die Here daarin gesentreer dat ons die goeie dinge van hierdie aarde beleef? Die dinge wat ons laat groei in aansien by die mense? Ons voorspoed en goedheid van die Here word so dikwels gemeet aan alles wat ons het, en nog kan kry! Ons sien hierdie uitkyk ook by Bybelse figure.

Teksverse:
“Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.” (Ps. 23: 620);

“Hoe groot is u goedheid wat U bewaar vir dié wat vir U ontsag het, wat U voorberei vir dié wat by U skuil, terwyl die mense toekyk.” (Ps. 31: 2020);

“Gee my ‘n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd Staan. U, Here, het my immers gehelp en getroos.” (Ps. 86: 1720);

“Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand.” (Ps. 90: 1720);

“Hulle sal kom en jubel op die hoogte by Sion; hulle sal van vreugde straal oor die goedheid van die Here, oor koring, nuwe wyn en olie, en oor lammers en beeste. Hulle sal wees soos ‘n natgeleide tuin; hulle sal nie weer wegkwyn nie.” (Jer. 31: 1220)

Doel van die Here se goedheid?

Daar is ‘n inherente dankbaarheid by die Bybelse figure te sien. Hulle besef dat hulle seën van die Here kom. Dat dit Sy goedheid is wat lei tot hulle ‘voorspoed’.

Ons moet elke dag onthou daar is ‘n doel agter God se goedheid. God is goed en regverdig. Hy wil ons tot bekering bring in ons verkeerde aardse maniere.

Die goedheid van die Here is gesentreer in Sy liefde. Hy wil ons deur sy genade die ware lewe laat smaak. Sy Seun, Jesus Christus, is die bewys van Sy omgee en liefde. Hy het alles gegee sodat elkeen van ons, wat in Hom glo, Sy goedheid kan ervaar.

Laat ons in dankbaarheid lewe en alle slegte eienskappe aflê, sodat ons die Verlossing van die evangelie kan ervaar. Sodat ons kan groei in geloof, deur die bystand van die Heilige Gees. Wees ontvanklik vir hierdie grootse gawe van God, en ervaar die volheid van die goedheid van die Here.

Teksverse:
“Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring? Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie?” (Rom. 2: 3-420);

Rom. 11: 22
“Sien daarom God se goedheid sowel as sy strengheid raak: sy strengheid oor hulle wat afvallig geword het, maar sy goedheid oor jou – mits jy in sy goedheid bly,* want ook jy kan uitgekap word.” (Rom. 11: 2220);

Ef. 2: 6-8
“Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel, sodat Hy in tye wat kom, bewys kan lewer van die allesoortreffende rykdom van sy genade deur sy goedheid aan ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God.” (Ef. 2: 6-820)

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 September 2026 – Bely en ontvang genade

Dagstukkies April

27 September

Liewe vriend

Om iets weg te steek, maak dit swaarder — om dit oop te maak by God, maak jou vry — mag jy vandag daardie vryheid ken.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Bely en ontvang genade

Teks:  “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.”  (Spr. 28:13)

  • Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel.  (Ps. 148:13)
  • God se grootheid beteken sy genade is ook groot genoeg vir enigiets wat jy voor Hom bely.
  • Om iets verkeerd weg te steek, laat dit net groter en swaarder in jou hart voel.
  • As daar iets is wat jy lankal wegsteek, bring dit vandag in gebed na God toe en ontvang sy genade.

Gebed:

 Liewe Vader, dankie dat U my sonde vergewe wanneer ek dit bely — maak my hart weer skoon.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Afkondigings 27 September 2026 tot 4 Oktober 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 27 September 2026 :

Deel 9 van ons reeks ‘n Lewe van Dankbaarheid, Ons is Navolgers.
Prediker: Ds. Leon Cronje

Skriflesing: Matteus 25: 13-30

Tema: Ons is Navolges!

Datum: 27 September 2026
  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 25:14-30.
  • Die tema van die prediking is:Ons is Navolgers.
  • Biddag vir Bediening aan die Jode.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Bediening aan Jode by die deure.
  • GEEN tee na die erediens nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Leon Cronje.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Woensdag 30 September 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – 082 471 0751.
  • GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie.

Sterftes

Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 40 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 40 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 4 Oktober 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale Offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 37, asook die antwoorde vir nommer 36 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Hartenbos Sportdag NG Kerk Groot-Brakrivier
Hartenbos Sportdag NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50 – Noot vir Noot

Klub 50 Noot vir Noot NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Noot vir Noot NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening – Kersprojek

Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00

Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees Saterdag 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier
Potjie vuur en vermaak NG Kerk Groot-Brakrivier

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.

Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk (bv. Dfees 10 Kriel).

Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone.

🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,

5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.

🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

📚  Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.

🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.

🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! ❤️Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.

🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.

🥪 JAFFLES:  R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers. 📞 Whitey van der Merwe –  Epos Kontak.

🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies. 📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼 ☕ Koffie – R15, Tee – R10, Koek – R20.

🍽  Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel,  olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.

🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸‍♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.

🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel. 📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier
Vleistafel NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Internasionaal

Het jy geweet dat meer as 1600 tale geen Bybelvertaling het nie? FEBA Internasionaal se missie is om Christus deur media aan hierdie onbereikte mensegroepe te bring. Waar ons ookal werk, stel ons sprekers van plaaslike dialekte aan om die evangelie te vertaal en met hul gemeenskappe te deel. Die oes staan reg, maar die werkers is min.

Ons gebed vir die week: Bid dat die Here mense sal stuur om FEBA in nuwe tale te help uitsaai, en dat Hy onbereikte gemeenskappe op Sy Woord sal voorberei.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 27 September 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening
    • Lynette se nuutste nuusbrief uit Madagaskar is beskikbaar.
    • Nuusbrief uit Reni Oekraïne.
  • Gebedsgids vir Oktober 2026 vir lees of  vir aflaai om te druk.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die goedheid van die Here’”.
  • Gemeentenuus
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

    Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

    Eredienste:
    Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
    Res van die jaar Sondae 09:00
    Kategese:
    Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
    Res van die jaar Sondae 09:00
    Leraars:
    Ds. Charné Viljoen
    Ds Leon Cronje
    Kassiere:
    Alfreda Stander
    Skriba:
    Carmi Kriel
    Kerkkantoor
    Telefoon: 044 620 2205
    Faks: 044 050 1532
    e-pos: Epos Kontak
    webblad: www.nggrootbrak.co,za
    Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
    Bankbesonderhede:  
    FNB tjekrekening
    Rek Nr.  530 831 865 11
    Takkode 210314

    SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

    Sendingnuus uit Oekraïne – Nuusbrief van Michelle vir September 2026

    Oekraïne

    Hiermee Michele van Oekraïne (tans nog in SA) se maandelikse nuusbrief met gebedsversoeke vir julle inligting en voorbidding asb. Sy sukkel om haar verliese te verwerk, maar soos sy sê, is die Here haar Verlosser en trooster. Die nuus rakend die gebou is die beste nuus wat ek die afgelope 25 jaar ontvang het – ons kan die Here net prys vir Sy goedheid en verhoring van soveel gebede. Lees ook gerus die verslag vanaf Oekraïne vir die wonderlike werk wat gedoen word, tydens Michele se fisiese teenwoordigheid. Geniet die leesstof en mag die Gees ons elkeen rig en lei na die Wil van Die Here.

    Lees meer “Sendingnuus uit Oekraïne – Nuusbrief van Michelle vir September 2026”

    Sendingnuus uit Madagaskar: La rentré 2026/27

    Madagaskar Lynette - La Rentree NG Kerk Groot-Brakrivier
    I am way behind with all the news, so let’s kick off with the start of the new school year. With the little ones, there was the usual resistance to the start of their school careers. Some cried or simply scowled at everybody around them, others sat quietly and were probably thinking that if they could only get through that day, all would be fine. I ended up with two of them who grabbed hold of me and would not let you. They have all settled in well though.
    For the rest of the children, it was back to school with great joy. Sorting out the mountains of writing books, took most of the first day. The new uniform which will be worn on Mondays, looks very good.
    Elizabeth arrived safely from South Africa for her two-week visit. We are enjoying her time here, especially the fellowship and sharing about what God is doing on the island. The trip to Lovako School in Ampata was very special and I’ll still tell you all about that.
    We had to say goodbye to Alice who left for Malaysia where she will study Interior Design for the next couple of years. She is filled with excitement for this new season in her life and we are happy for the opportunity that God had opened up for her. We enjoyed a meal together before her departure and enjoyed our time together in the kitchen for the last time in a while. It was special that Elizabeth could also meet her. We pray that she will continue to be a shining light to those around her and that God will guide and protect her.
    May you have a blessed week.

    Financial support:
    If you want to become involved financially, feel free to contact me:

    lynettedej@gmail.com.

    Nuusflitse Week 40+ van 2026

    Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

    Sondag 27 September 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
    Sondag 27 September 2026: GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
    Woensdag 30 September 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 30 September 2026 – GEEN Blokbyeenkomste tydens die skoolvakansie
    Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
    Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
    DANKFEES 24 OKTOBER 2026
    Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot


    Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 27 September 2026 tot 4 Oktober 2026

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 September 2026 – Vriende skerp mekaar

    Dagstukkies April

    26 September

    Liewe vriend

    Goeie vriende maak mekaar beter — mag jy vandag iemand hê wat jou skerp maak, en wees so ‘n vriend vir hulle.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema:  Vriende skerp mekaar

    Teks:  “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.”  (Spr. 27:17)

    • Prys die Here! Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel!  (Ps. 148:1)
    • Net soos die hele skepping geroep word om God te prys, is jy en jou vriende geroep om mekaar tot iets beters te vorm.
    • ’n Ware vriend sê soms wat jy moet hoor, nie net wat jy wil hoor nie.
    • Bedank vandag ‘n vriend wat jou al gehelp het om ‘n beter mens te word.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir vriende wat my skerp maak — help my om ook so ‘n vriend vir hulle te wees.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 September 2026 – Moenie skinder nie

    Dagstukkies April

    25 September

    Liewe vriend

    ‘n Rusie hou nie vanself aan nie — iemand moet dit voed — mag jy vandag nie daardie iemand wees nie.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

    Tema:  Moenie skinder nie

    Teks:  “Sonder hout bly ‘n vuur nie brand nie; sonder ‘n kwaadstoker hou ‘n rusie nie aan nie.”  (Spr. 26:20)

    • Prys die Here, prys die Naam van die Here, prys Hom, dienaars van die Here,  (Ps. 135:1)
    • Wanneer jou mond besig is om God te prys, is daar min plek oor vir skinderpraatjies.
    • Elke keer wat jy ‘n storie oor iemand verder aangee, gooi jy nog hout op ‘n vuur wat eintlik moes doodgaan.
    • As jy vandag iemand hoor skinder, probeer om die gesprek eerder ergens anders heen te lei.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie dat U my woorde kan gebruik om op te bou — help my om nie skade aan te rig met wat ek sê nie.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 September 2026 – Wees goed vir jou vyand

    Dagstukkies April

    24 September

    Liewe vriend

    Om vir iemand goed te wees wat jou seergemaak het, is nie maklik nie — mag jy vandag daardie liefde ontvang en gee.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

    Tema:  Wees goed vir jou vyand

    Teks:  “As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.”  (Spr. 25:21-22)

    • Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!  (Ps. 134:2)
    • Dit help om eers na God te kyk en Hom te prys voordat jy probeer om moeilike mense lief te hê — Hy gee jou daarvoor die krag.
    • Om goed te wees vir iemand wat jou seergemaak het, is nie swakheid nie — dis een van die dapperste dinge wat jy kan doen.
    • Bid vandag vir iemand met wie jy sukkel om oor die weg te kom, en vra God om jou hart sag te maak.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie dat U ook vir my genadig is — help my om genadig te wees teenoor moeilike mense.

    In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    GEBEDSGIDS – OKTOBER 2026

    Gebed Gebedsgids Bid

    1 Okt – Donderdag – Dankbaarheid vir ons skepping

    Hemelse Vader, dankie dat U God van nuwe begin is. Net soos die seisoene verander, vra ons dat U ook ons lewens sal aanraak. Mag die skoonheid van U skepping, ons harte vul met die besef van U goedheid.                                

    2 Okt – Vrydag – Gebed vir eernis en ededeelsaamheid

    Vader, skenk ons harte vol deernis sodat ons ander se pyn en behoeftes sal raaksien. Laat ons U hande van voorsiening in hierdie gemeenskap wees.

    3 Okt  – Saterdag – Aanvaarding en gasvryheid

    Jesus, ons bid dat ons gemeente gekenmerk sal word deur aanvaarding. Maak ons harte en ons kerkdeure wyd oop met ware gasvryheid. Mag elkeen wat by ons instap, die warmte van U liefde beleef en weet dat hulle hier hoort.

    4 Okt – Sondag – Die broosheid van die ouderdom

    Hemelse Vader, in ‘n gemeente met soveel geseënde jare van lewenswysheid, bid ons vir elkeen wat vandag swakheid ervaar. Versterk hulle met die wete dat hulle steeds ‘n onskatbare deel van ons geestelike familie is.                                                             

    5 Okt – Maandag – Geloof maak gesond

    Vader, skenk asseblief genesing en vrede aan almal wat  wat pyn verduur.  Ons bid ook vir die mediese personeel en families wat hulle met liefde versorg.                                                                                                                      

    6 Okt – Dinsdag – Waardering vir gemeenskapswerkers

    Vader, ons bid vir ons plaaslike werkers en vir elkeen wat ons dorp skoon en veilig hou. Ons bid vir hul veiligheid en gesondheid in hul daaglikse take.                                     

    7 Okt – Woensdag – U Stem van vrede bo die geraas van bomme

    Here, ons harte gaan uit na lande wat tans deur die donkerte van oorlog en konflik verskeur word. Dankie vir FEBA wat U Woord deur radiogolwe tot binne-in hierdie geteisterde gebiede indra. Ons bid vir beskerming en vertroosting.

    8 Okt – Donderdag – Eensgesinde blydskap in Christus

    Ten spyte van ons verskille of die uitdagings van die lewe, is Jesus ons ewige rede tot dankbaarheid – saamgebind in een gees en een geloof.

    9 Okt – Vrydag – Jy is geliefd

    Jou waarde is nie gekoppel aan jou prestasie nie – dit is vir altyd geanker in die genade van die Kruis. Jy hoef nie die las te dra om perfek te wees wanneer God jou alreeds volmaak liefhet nie.

    10 Okt – Saterdag – Nie in jou eie krag nie

    Wat ook al swaar op jou hart druk, bring dit vandag eerste na God. Lê dit neer in gebed en staan op in geloof. Hy hoor elke woord wat jy stilweg fluister en Hy beweeg op maniere wat jy nie kan sien nie.

    11 Okt – Sondag – Omhels herlewing

    Here, ons bid vir ‘n seisoen van geestelike vernuwing. Waar daar dalk ‘n winter van droogtheid, moegheid of afgesonderdheid was, vra ons dat U die lote van nuwe lewe sal laat uitspruit. Mag ons as gelowiges opnuut bloei tot eer van U Naam.

     12 Okt – Maandag – God se liefde is onmeetlik groot

    Jesus, U weet presies hoe dit voel om verwerp te wees. Ons bid vir genesing in mense se harte en herinner hulle daaraan dat hulle aanvaarding nie van mense afhang nie, maar dat U hulle reeds onvoorwaardelik gekies en liefhet.

    13 Okt – Dinsdag – Die pad lyk dalk tevergeefs

    Vader, soms raak die pad vorentoe vir ons te lank en te swaar, en ons voel asof ons wil tou opgooi. Skenk ons vandag die gees van volharding. Wanneer ons kragte min is en die moed ontbreek, hernu asseblief ons innerlike sterkte.

    14 Okt – Woensdag – Breek die muur van vyandigheid af                              

    Here, ons bid vir versoening waar daar skeiding, bitterheid en gebreekte verhoudings in ons gemeenskap is. Gee ons die wysheid en die nederigheid om die eerste tree na vrede te gee.

    15 Okt – Donderdag – Gebed vir vergifnis

    Here Jesus, ons bely dat dit dikwels vir ons moeilik is om diegene wat ons te na gekom het, vry te spreek. Help ons om die las van onvergewensgesindheid neer te lê, sodat dit nie ons eie harte vergiftig nie.

    16 Okt – Vrydag – Die skerp kant van U liefde

    Here, U liefde is gekenmerk deur spykers en ‘n doringkroon. U het alles gegee terwyl ons soms sukkel om selfs ‘n uur van ons tyd af te staan. Smelt ons koue harte met die vuur van U onvoorwaardelike opoffering.

    17 Okt – Saterdag – Hy het redding, vrede en die ewige lewe toegewens

    Ons bely dat ons dikwels dink U kyk na ons met teleurstelling of oordeel vir al ons tekortkominge. Maar vandag onthou ons dat U blik vanaf die kruis een van oneindige liefde en vergifnis was.

    18 Okt  – Sondag – Om die kruis te dra

    Here Jesus, U het gesterf sodat ons kan lewe, maar U het ons ook geroep om daagliks ons eie kruis op te neem.  Help ons om ons eie gerief prys te gee ter wille van U Koninkryk. U genade is  vir ons genoeg vir elke dag.

    19 Okt – Maandag – Sy bonatuurlike liefde

    As ons egter kyk na wat die Skrif openbaar oor Jesus se hart en Sy blik vanaf die kruis, sien ons wat Sy wense is vir ons. Dit is die grootste wonder van die kruis: dat Sy blik oor ons juis goed was, selfs toe ons op ons slegste was.

    20 Okt – Dinsdag – Hy het vir ons vergifnis toegewens

    Terwyl die skare Hom verwerp en gespot het, was Sy eerste woorde ‘n gebed : “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”.  Sy blik het verby ons sonde gekyk na ons diepe nood vir versoening met God.

    21 Okt – Woensdag – Hy het vir ons herstel en hoop toegewens

    Selfs in Sy uiterste pyn het Jesus tyd gehad vir die misdadiger wat langs Hom gehang het. Toe hierdie man na Hom draai, het Jesus hom dadelik verseker: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”.

    22 Okt – Donderdag – Toevlug en nuwe verhoudings

    Toe Jesus Sy ma, Maria, en Sy broer, Johannes, by die kruis sien staan, het Hy selfs in Sy sterwensuur vir hulle gesê: “Daar is u seun” en “Daar is jou moeder” Hy het ‘n nuwe familie (die kerk) vir ons gegee om mekaar te ondersteun.

    23 Okt – Vrydag – Ons harte is vol van U vreugde vir die Gemeentekonsert

    Jesus, ons wil U loof met musiek, talent en samesyn. Dankie vir die gawe van kreatiwiteit en die voorreg om dit te kan geniet. Seën die geleentheid.

    24 Okt – Saterdag – Dankfees – Eer aan die Groot Voorsiener

    Here alles wat ons besit, kom uit U hand en dank U vir elke sent wat vandag ingesamel word vir die bou en instandhouding van U kerk.  Vermenigvuldig dit sodat U Koninkryk daardeur uitgebrei kan word.

    25 Okt – Sondag – Hy het vir ons volledige bevryding toegewens

    Sy laaste uitroep was een van oorwinning, nie van nederlaag nie: “Dit is volbring!” Wat Hy vir ons toegewens het, was totale vryheid van die skuld en mag van sonde. Hy het die prys ten volle betaal sodat ons nooit weer verlate hoef te wees nie.

    26 Okt  – Maandag – Loop in nederigheid

    Here, U het as ‘n nederige mens tussen ons kom woon. Help ons om hierdie week met nuwe verwondering te kyk na die voetspore wat U vir ons gelos het.

    27 Okt – Dinsdag – Onvoorwaardelike liefde en genade

    Jesus was volkome gehoorsaam aan die Vader, selfs in moeilike omstandighede.  Om Hom te volg beteken dit om my eie wil prys te gee. Here, Ek bid vandag vir wysheid om U stem duidelik te hoor.

    28 Okt – Woensdag – Dankie vir U leiding

    Vader, ek is bang om verkeerde keuses te maak en dat ek op ‘n dwaalspoor is.  Deursoek my hart en my gedagtes. Vergewe my waar ek op  my eie insigte staatgemaak het en lei my weg van gevaar.

    29 Okt – Donderdag – Dit is wat die Here wil hê

    Jeremia 9:23 –  “Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom  nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here, Ek bewys liefde, reg en geregtigheid”.

    30 Okt – Vrydag – Ek plaas my keuses in U hande

    Here, ek erken dat ek nie my eie voetstappe kan rig sonder U nie.  My eie wysheid is te min en my planne skiet tekort. Rig my voetstappe elke dag volgens U wil.

    31 Okt – Saterdag – Ek is niks sonder U nie

    Ek vra U nie vir rykdom nie Here, maar vir ‘n skoon hart en gehoorsame gees.  Gee my die krag om die pad te stap wat U vir my kies, selfs as dit opoffering vra.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 September 2026 – Staan weer op

    Dagstukkies April

    23 September

    Liewe vriend

    Elke val is nie die einde nie — mag jy vandag die krag kry om weer op te staan.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

    Tema:  Staan weer op

    Teks:  “Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op, maar die goddeloses word deur rampe vernietig.”  (Spr. 24:16)

    • Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!  (Ps. 134:1)
    • God se lof bly nie net vir goeie dae oor nie — selfs in die nag, in die moeilike tye, kan jy Hom nog prys.
    • Om te val, beteken nie jy is klaar mislukt nie — dit beteken net jy is besig om te leer.
    • Dink vandag aan ‘n keer toe jy geval het, en dank God dat Hy jou gehelp het om weer op te staan.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie dat U my optel elke keer as ek val — gee my moed om weer aan te gaan.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 September 2026 – Moenie afgunstig wees nie

    Dagstukkies April

    22 September

    Liewe vriend

    Ander se sukses hoef nie jou vrede te steel nie — mag jy vandag tevrede wees met jou eie pad saam met God.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema:  Moenie afgunstig wees nie

    Teks:  “Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien; dan sal jy ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.”  (Spr. 23:17-18)

    • Soos die oë van ‘n slaaf gerig is op die hand van sy eienaar, soos die oë van ‘n slavin gerig is op die hand van haar eienares, so is ons oë gerig op die Here ons God, totdat Hy Hom oor ons ontferm.  (Ps. 123:2)
    • Wanneer jou oë op God gerig is en nie op ander mense se lewens nie, verdwyn afguns vanself stukkie vir stukkie.
    • Om iemand anders se lewe met joune te vergelyk, maak jou net moeg en ontevrede.
    • Bedank God vandag spesifiek vir drie dinge in jou eie lewe, in plaas daarvan om na iemand anders s’n te kyk.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir die pad wat U vir my uitgestippel het — help my om tevrede te wees en op U te fokus.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 September 2026 – Leer die regte pad

    Dagstukkies April

    21 September

    Liewe Vriend

    Wat jy nou leer, dra jy dikwels jou hele lewe lank saam — mag jy vandag oop wees vir goeie leiding.  Hier is God se Woord net vir jou.

    Tema:  Leer die regte pad

    Teks:  “Gee leiding aan ‘n (jong-) mens oor hoe hulle moet leef, en hulle sal … nie daarvan afwyk nie.”  (Spr. 22:6)

    • Ek sien na U op, U wat uit die hemel heers.  (Ps. 123:1)
    • Om jou oë op God te hou is die beste manier om die regte pad te leer.
    • Die gewoontes en waardes wat jy nou vorm, bly jou dikwels jou hele lewe lank by.
    • Dink vandag na oor een goeie gewoonte wat jy wil bou terwyl jy nog jonk is.

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir die leiding wat ek ontvang — help my om die regte pad te leer en te bly loop.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 September 2026 – Sit ‘n wag voor jou mond

    Dagstukkies April

    20 September

    Liewe Vriend

    Wat jy sê kan jou uit die moeilikheid hou of jou daarin instoot — mag jy vandag jou woorde versigtig kies.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

    Tema:  Sit ‘n wag voor jou mond

    Teks:  “Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar.”  (Spr. 21:23)

    • Bid dat Jerusalem vrede mag hê, dat hulle wat hom liefhet, rustig mag woon.  (Ps. 122:6)
    • Net soos jy bid vir vrede, kan jy ook die vrede deur jou eie woorde bewaar. Let op wat jy sê.
    • Een onnadenkende opmerking kan ‘n vriendskap seermaak — dink twee keer voor jy iets deel.
    • Voordat jy vandag iets skryf of sê wat jy nie kan terugtrek nie, vra: sal dit vrede bring of net rusie stook?

    Gebed: 

    Liewe Vader, dankie vir die gawe van woorde — help my om dit vandag met wysheid te gebruik.

    In die Naam van Jesus Christus die Here.

    Amen.

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

    Stof tot nadenke: ‘Seëninge elke dag’

    “Die Here sal vir jou sy goeie skatkamer, die hemel, oopmaak om die reën van jou land op tyd vir jou te gee en al jou handewerk te seën.” (Deut. 28: 1220)

    Hoe kyk ons na seën?

    Is ons ingestel daarop om die seëning wat ons pad kruis raak te sien? Of soek ons net altyd na die negatiewe? Vind ons liewer foute in en om ons? Of is ons daarop ingestel om dié dinge in ons lewe, wat ondersteuning en vreugde bewerkstellig, raak te sien? Daardie dinge wat in ons ‘n passie wakker maak, omdat ons dit as ‘n gawe beskou.

    So dikwels waardeer ons nie ‘n vriendelike bedoeling, of wil ons die positiewe hulp nie aanvaar nie. Vriende wat moeite doen met opregte bedoeling word soms bitsig behandel. Is ons agterdogtig oor ‘n ander se bedoeling? Is ons so ingestel op onsself dat ons nie die goeie, wat ons pad kruis elke dag, raaksien nie? Daardie vriendelike groet; die raaksien en opregte belangstelling; die opwindende voëlgesang, of die klein lieflike blommetjie langs ‘n stowwerige pad.

    Dis God gegewe seëninge wat God daagliks vir ons gee. Die gesegde van Neville Talbot beskryf dit goed: ‘Afgesien van hoe teneergedruk jy voel, as jy jou seëninge tel sal jy altyd aan die wenkant wees.’

    Aardse behoeftes teenoor geestelike behoeftes

    In die Onse Vader gebed leer Jesus Christus ons dat ons God mag vra vir ons daaglikse brood. Ons kan bid tot God en vra vir wat ons nodig het. Die brood is die beeld van ons menslike en tydelike behoeftes. Dit sluit kos, klere, behuising, gesondheid, en ook ander dinge wat mens se lewenspassies insluit.

    Menslike aardse geluk is iets wat momentele lewensvreugde kan gee, maar in ‘n oogwink weggeneem word of vernietiging bring. Tog maan Christus dat ons nie ons te veel moet bekommer oor wat ons sal eet, of wat ons sal aantrek nie. Dit is belangriker dat ons na God se nabyheid moet soek. Dit is belangriker vir ons lewensbestaan om die koninkryk van God te soek en die lewende water in te neem.

    Die geluk wat Christus bring is onaantasbaar en onvernietigbaar. God se geluk is dus ‘n standhoudende geluk wat gebore word uit die saam leef met God. Elke oomblik van elke dag. Dit bring ‘n onversteurde kalmte, te midde van lewens-storms. Dit is iets wat deur niks in hierdie aardse lewe of dood weggeneem kan word nie.

    Teksverse:

    “Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet? Of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge wat die heidennasies soek. Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matt. 6: 31-3220);

    “Gee ons elke dag ons daaglikse brood.” (Luk. 11: 320);

    “Jesus het haar geantwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.” (Joh. 4: 13-1420);

    “Daarom ervaar julle pyn; maar Ek sal julle weer sien, en dan sal julle harte bly wees, en niemand sal julle blydskap wegneem nie.” (Joh. 16: 2220);

    Sien ons elke dag se seëninge raak?

    Ons moet tot die besef kom, wanneer ons Christene is, dat elke mens, elke gebeurtenis, elke ervaring, deur God oor ons pad kom. Laat ons gedurig soek na die positiewe, die opbouende kritiek, die vriendelike of hartseer mens wat ‘n dringende behoefte het. Die klein blommetjie wat blom, asof net spesiaal vir jou. Daardie voëltjie wat jy al so lankal wil sien wat daar vir jou sit en wag om raakgesien te word. Daardie antwoord op ‘n indringende vraag wat skielik by jou opkom. Laat ons met vreugde na hierdie ontmoetings en antwoorde in ons lewens soek.

    Laat ons elkeen daarop ingestel word om die seëninge raak te sien, en nie deur dreigende storms lamgelê word nie. Alleen dan kan ons elke dag met dankbaarheid leef. Soos John C Maxwell dit so mooi stel: ‘’n Dankbare hart is ‘n hart wat tyd gehad het om sy seëninge te tel. Slegs wanneer ons gaan staan en alles oordink, sal ons harte vol lof word vir ons vriende, ons seëninge van die verlede en ons God.’

    Teksverse:

    “Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.” (Ef. 1: 320);

    “Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na diestem van van die Here jou God. “Geseënd sal jy wees in die veld!…” (Deut. 28: 2-320)