Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Oktober 2026 – Dors na God

27 Oktober

Liewe vriend,

Net soos jy na ’n harde oefensessie na water smag, kan jou hart na God verlang. Hier is God se Boodskap, net vir jou.

Tema: Dors na God

Teks: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water.” (Ps. 63:2)

  • God se barmhartigheid is groot — Hy hou jou in die lewe. (Ps. 119:156)
  • Die leë gevoel binne-in jou kan nie deur goed, geld of aandag gevul word nie — net deur God.
  • Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe meer verlang jy na Hom.
  • Soek God vandag doelbewus: deur gebed, die Bybel of ’n lofliedjie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my dors les — ek soek U vandag met my hele hart.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.