Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese.
Sondag 11 Oktober 2026 : LEEFKerk 17:00
Woensdag 11 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 11 Oktober 2026 Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 6 (Avonddans)
Woensdag 11 Oktober 2026 Blokbyeenkoms om 18:00 -Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes, Melkhout Estate, Toekoms)
Sondag 18 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese 09:00.
Vrydag 23 Oktober 2026 18:00 Potjie, Vuur en Vermaak
Saterdag 24 OKTOBER 2026 DANKFEES
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 11-18 Oktober 2026



DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314.
Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez – E-Pos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost –E-Pos Kontak..
🥪 JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak..
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak..🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog van die volgende bestanddele – koekmeel, olie, suiker, eiers. R7 elk.📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak..
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..
“Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë” (Ps. 25:1 Afr20).




Mense se geestesgesondheid is wêreldwyd in ‘n krisis. Ongesonde werksomgewings, disfunksionele huishoudings, vrees, hartseer, ’n soeke na betekenis – mense smag na die vrede wat slegs God kan gee. FEBA Radio spreek geestesgesondheid aan deur Bybelse bemoediging en besprekings met kenners. In Oekraïne en Kirgisië word die programme deur opgeleide beraders gelei, terwyl ons spanne in Indië en Pakistan hulle toespits op bewusmaking oor depressie en angs in kulture waar dit as skandelik beskou word.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Radio se geestesgesondheidsprogramme luisteraars na die Bron van ware vrede sal lei
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe Vriend
Wanneer God se woorde in jou hart woon, weet jy waarheen om te gaan, al is die pad soms deurmekaar. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Teks: “Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.” (Ps. 37:31)
• God maak jou lewe ryk en vol — daarom is dit lekker om na Hom te luister. (Ps. 119:32)
• God se woord in jou hart is soos ’n GPS: dit help jou om nie te verdwaal nie.
• Kies vandag een Bybelvers en leer dit uit jou kop.
• Hoe beter jy God se woord ken, hoe makliker word dit om reg te kies en goed te leef.
Liewe Vader, dankie vir u woord — skryf dit diep in my hart sodat ek nie van koers af raak nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend
Almal val soms — op die sportveld, in die klas en in die lewe — maar jy hoef nie te bly lê nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die Here help hom op.” (Ps. 37:24)
• As jy moeg is van bekommer, gee God jou nuwe krag, net soos Hy belowe het. (Ps. 119:28)
• ’n Fout maak jou nie ’n mislukking nie — God help jou weer op jou voete.
• Moenie in skaamte bly lê nie; erken jou fout, vra om vergifnis en staan weer op.
• Help vandag iemand op wat gestruikel het, met ’n goeie woord of ’n helpende hand.
Liewe Vader, dankie dat U my ophelp elke keer as ek val — gee my moed om weer te probeer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend
Jy hoef nie bang te wees dat jy vergeet sal word nie — God hou jou lewe elke dag met liefde dop. Hier is God se Woord net vir jou.
Teks: “Die Here sorg vir die lewe van die opregtes, en wat hulle besit, sal hulle behou so lank hulle lewe.” (Ps. 37:18)
• Wanneer jy moeg en moedeloos voel, gee God jou nuwe lewe, soos Hy belowe het. (Ps. 119:25)
• God sorg nie net vir die groot dinge nie, maar ook vir die klein goedjies van elke dag.
• Dink vandag aan een manier waarop God al vir jou gesorg het, en sê dankie.
• Deel iets wat jy het met iemand wat minder het — so help jy dat God se sorg ook ander bereik.
Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg — help my om ook vir ander om te gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend
Daar is so baie geraas om jou — mag jy vandag ’n stil plek in jou hart vind waar net jy en God is. Hier is God se Boodskap vir jou vir vandag.
Teks: “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.” (Ps. 37:7)
• Die Here is God, en dit is Hy wat vir jou lewe gee. (Ps. 118:27)
• Om in stilte op God te vertrou, beteken jy hoef nie heeltyd te stres of te kla nie.
• Moenie jaloers raak as dit lyk of ander met verkeerde dinge wegkom nie — God sien alles.
• Vat vandag vyf minute sonder mense, jou foon, musiek of televisie en sit net stil by God.
Liewe Vader, dankie dat ek by U stil kan word — maak my hart rustig in U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
| Elizabeth had a couple of days to get used to life on the island before we left for Russian Bay. We had been blessed with the fellowship and sometimes we forget how much it means to visit with people who literaly speak the same language as well as have a spiritual depth and understanding. So, Elizabeth and I, Euphrasie and Norbert set off for Russian Bay early on Sunday morning and as is usually the case, with a lot of stuff, ranging from food to furniture. |
Liewe Vriend
Voel jy soms of niemand verstaan wat regtig gebeur het nie? God sien alles raak, en Hy sal jou saak regmaak. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.” (Ps. 37:6)
• Wat die Here doen, is ’n wonder in jou oë — Hy kan dinge omdraai wat jy nooit moontlik gedink het nie. (Ps. 118:23)
• As iemand leuens oor jou vertel, hoef jy nie terug te slaan nie of op jou punte te staan nie — God sal die waarheid laat uitkom.
• Die waarheid is soos die son: wolke kan dit ’n rukkie wegsteek, maar dit breek altyd weer deur.
• Bly vandag eerlik en vriendelik, al word jy verkeerd verstaan.
Liewe Vader, dankie dat U my hart ken — ek los my saak in u hande.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe vriend
Jy hoef nie alles vandag reg te kry nie — vertrou net op God en doen die goeie wat voor jou lê. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Teks: “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.” (Ps. 37:3)
• God hoor elke gebed van jou, en Hy is die Een wat red — daarom kan jy Hom altyd dankie sê. (Ps. 118:21)
• Om op God te vertrou, beteken jy los die dinge wat jy nie kan beheer nie, in sy hande.
• Doen intussen die goeie wat jy wél kan doen: jou huiswerk, jou take, jou deel.
• ’n Rustige hart kom nie daarvan dat jy alles weet nie, maar dat jy weet wie in beheer is.
Liewe Vader, dankie dat ek op U kan vertrou — help my om vandag net goed te doen en die res aan U oor te laat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Habakuk 3: 16-19
Tema: Nogtans!
Datum: 4 Oktober 2026
Liewe Vriend
Net soos ’n plant nie sonder son kan groei nie, kan jou hart nie sonder God se lig blom nie. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Teks: “U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.” (Ps. 36:10)
• Die Here is die grote Wenner — Hy doen kragtige dinge, ook in jou lewe. (Ps. 118:16)
• Alles wat lewe, kry sy lewe by God — ook jy.
• As jy moeg of leeg voel, gaan terug na die Bron: lees ’n stukkie uit die Bybel en bid.
• Laat God se lig vandag deur jou skyn, deur vriendelik te wees met iemand wat eensaam lyk.
Liewe Vader, dankie dat U die bron van my lewe is — laat u lig vandag deur my skyn.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.”
(Rom. 12: 1120)
Wat laat ons wegdrywe?
Wat laat ons wegdryf van ons geloof? Wat maak dat ons nie wil volhou om ons geloof uit te oefen nie? Dit is ‘n lewenswaarheid dat mens dikwels in moeilike omstandighede nader aan God kom. Mens besef jou tekortkominge en besef dat jy alleen staande kan bly, wanneer God met jou is! Dis asof teenspoed ‘n reserwekrag te voorskyn bring. Dit wat jy nooit eers besef dat jy het nie.
Daarteenoor is dit in voorspoedige omstandighede wat ons dikwels wegdryf van ons afhanklikheid van God af. Voorspoedige en gemaklike toestande het al meer mense geruïneer as wat moeilikheid ooit kan doen.
Ons moet daarteen waak dat ons nie in gemaklike omstandighede stadig, maar seker, wegdryf van God af nie. Ons dink so maklik dat ons self hierdie gunstige omstandighede geskep het. Ons kan self sorg dat dit goed gaan. In die proses verloor ons ons fokus op God. Daar beweeg ‘n seker traagheid in ons lewens in, wat ons volharding in ons geloof aan God kan kniehalter.
Teksverse:
“Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het!” (Luk. 24: 2520);
“Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te verduidelik, aangesien julle traag geword het om te luister.” (Heb. 5: 1120);
“Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid te kom, sodat julle nie traag word nie, maar die voorbeeld volg van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.” (Heb. 6: 11-1220)
Om wegdrywing teë te werk
Ons moet tot die besef kom dat ons moet volhard, in alle omstandighede, in ons geloof; asook ons dankbaarheid op aktiewe manier uitoefen. Ons moet nie die onvrugbare grond word, omdat die lewe ons totaal en al afstomp van ons afhanklikheid van God nie.
Ons moet die nodige vrug dra! Want God het aan ons die verlossing deur Jesus Christus laat verkry; en ook die bystand van die Heilige Gees wat die woord lewendig in ons hou. Ons moet nie afgestomp raak en nie meer God se stem hoor nie. Laat ons mekaar in liefde met geregtigheid en godvresendheid behandel.
Laat ons die belangrikheid van betroubaarheid, sagmoedigheid, en volharding besef en deel van ons lewe maak. Laat ons insig vir mekaar se laste toon, en so ons eenheid in Christus uitleef, in dankbaarheid.
Teksverse:
“Julle het inderdaad volharding nodig….” (Heb. 10: 3620);
“Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om tepraat, stadig om kwaad te word. Want die woede van ‘n mens bewerk nie geregtigheid voor God nie. Doen daarom in sagmoedigheid afstand van alle morele besoedeling en die kwaad wat gedy, en ontvang die woord wat in julle geplant is, en daartoe in staat is om julle siele te verlos.” (Jak. 1: 19-2120);
“Die saad wat in die vrugbare grond val, is daardie mense wat die woord met ‘n goeie en opregte hart aanhoor, daaraan vashou en met volharding vrug dra.” (Luk. 8: 1520);
“…en volharding lei tot betroubaarheid, en betroubaarheid tot hoop. En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” (Rom 5: 4-520);
“Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid, godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.” (1 Tim. 6: 11-1220):
“Lê juis daarom alle ywer aan die dag om by julle geloof deug te voeg, by deug, insig, by insig, selfbeheersing, by selfbeheersing, volharding, by volharding, godvresendheid, by godvresendheid, broederliefde, en by broederliefde, liefde vir alle mense.” (2 Pet. 1: 5-720)
Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Teresa Verwey. Ons innige meegevoel aan die familie en vriende.
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 4 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kategese GEEN Kleuterkerk
Sondag 4 Oktober 2026 : GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie
Woensdag 7 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 7 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Woensdag 7 Oktober 2026 – 18:00: Blok 13 (Suiderkruis) by André en Martie Olivier
Woensdag 7 Oktober 2026 – Klub 50 Noot vir Noot
Sondag 11 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk in die konsistorie. Kategese.
Potjie, Vuur en Vermaak 23 Oktober 2026 18:00
DANKFEES 24 OKTOBER 2026
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 4 – 11 Oktober 2026

17 September – Teresa Verwey: Blok 09
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Geleentheid: Uitvoering met 2 virtuelepyporrels
Orreliste: Gerrit Jordaan, Phyllis Goldblatt, Tinus Badenhorst
Program: Orrelwerke, improvisaties en verwerking van Bach, Mathias, Gerschwin, Karl Jenkins en Niel van der Watt.
Datum: 11 Oktober 2026 om 15:00
Plek: NG Kerk Reebok
Toegang: Donasies
Navrae: Mouton Lotter, Epos Kontak



Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
Takkode 210314.
Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt,
5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.📞 Pieter van der Merwe – E-Pos Kontak..
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – E-Pos Kontak..
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – E-Pos Kontak..
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez –E-Pos Kontak..
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – E-Pos Kontak..
🥪 JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig weer maalvleis en “gaarmaaksters”, brood en smeerders, braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.
📞 Whitey van der Merwe – E-Pos Kontak..
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.
📞 Kontak: Alta de Beer – E-Pos Kontak.
.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼
☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers gaan die volgende bestanddele nodig hê – koekmeel, olie, suiker, kaneel. Ons benodig wel eiers, maar eers oor 3 weke. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – E-Pos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – E-Pos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Klein mense, groot pret! 🎉Kom speel, lag en geniet ’n tafel vol kindervreugde. 🤸♀️🎈Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – E-Pos Kontak.
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook
mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.
📞 Ruan Viljoen – E-Pos Kontak..
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10
elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – E-Pos Kontak..



Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe vriend
Sommige dinge is so kosbaar dat jy dit met jou hele hart oppas — God se trou aan jou is een van hulle. Ontvang God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “Hoe kosbaar is u trou, o God! U beskerm die mense wat by U skuil.” (Ps. 36:8)
• Toe ander jou wou platdruk, was dit die Here wat jou gehelp het — Hy staan altyd aan jou kant. (Ps. 118:13)
• God se trou beteken Hy hou sy beloftes — altyd, sonder uitsondering.
• Om by God te skuil, beteken jy hardloop na Hom toe wanneer dinge moeilik raak, en nie weg van Hom nie.
• Wees vandag ook getrou aan iemand: hou ’n belofte wat jy gemaak het.
Liewe Vader, dankie dat u trou nooit opraak nie — leer my om ook getrou te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe vriend
As jou kop snags nie wil stil word nie, is daar goeie nuus: God bly wakker sodat jy kan rus. Hier is God se Woord net vir jou.
Teks: “Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.” (Ps. 4:9)
• As jy naby God bly, is jy veilig — die Almagtige hou sy hand oor jou. (Ps. 91:1)
• Bekommernisse voel groter in die nag, maar God is groter as elkeen van hulle.
• Sit jou foon vanaand ’n bietjie vroeër neer en jou televisie ook vroeër af. Praat eerder met God oor jou dag.
• Gee jou kommer vir Hom voor jy gaan slaap — Hy kan dit baie beter dra as jy.
Liewe Vader, dankie dat ek by U veilig kan slaap — ek gee my bekommernisse vanaand vir U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe vriend
’n Nuwe maand is soos ’n skoon bladsy — en God wil dit vol vreugde skryf. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “U het my reeds groter vreugde laat belewe as wat daar is by mense wat koring en wyn in oorvloed het. ” (Ps. 4:8)
• Die Here is by jou en Hy help jou — saam met Hom staan jy nooit alleen nie. (Ps. 118:7)
• Die vreugde wat God gee, hang nie af van hoeveel jy het of wat jy besit nie.
• Mense soek dikwels geluk in nuwe goed en voorkeure — maar God se blydskap hou langer as al daardie dinge.
• Skryf vandag drie dinge neer waaroor jy bly is, en sê vir God dankie daarvoor.
Liewe Vader, dankie vir die vreugde wat U in my hart sit — help my om dit hierdie hele maand raak te sien.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe vriend
Aan die einde van hierdie maand roep God jou om vir ander op te staan — mag jy vandag jou stem gebruik vir wie nie hulle eie kan gebruik nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “”Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”” (Spr. 31:8-9)
Liewe Vader, dankie dat ek ‘n hele maand lank saam met U deur Spreuke geloop het — help my om wysheid elke dag te leef, en gebruik my om vir ander op te staan.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.