30 Oktober
Liewe vriend,
Op jou moeilikste dag is God nie met vakansie nie — Hy wag dat jy Hom roep. Hier is God se Woord net vir jou.
Tema: God antwoord gebed
Teks: “Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.” (Ps. 86:7)
- God se liefde vir jou is sterk, en aan sy trou is daar geen einde nie. (Ps. 117:2)
- God hoor elke gebed, ook dié wat net ’n sug of ’n traan is.
- Moenie wag tot alles verkeerd loop voor jy bid nie — maak gebed deel van elke dag.
- Dink vandag aan ’n keer toe God jou gebed beantwoord het en vertel dit vir iemand.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my gebede hoor — ek roep met vertroue na U.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


