“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”
2 Kor. 3: 1820
Verandering is een van daardie konsepte wat ons benoud maak. Ons is so gewoond aan wat ons ken, en sien nie altyd kans dat enigiets verander om ons nie; uit vrees dat ons nie sal weet hoe om die verandering te aanvaar en hanteer nie. Twee bekende persoonlikhede het as volg oor verandering gevoel: ‘Veranderings is die wet van die lewe. En dié wat net op die verlede of die huidige konsentreer, gaan beslis die toekoms verpas.’ is ‘n aanhaling van John F Kennedy. Dit is besonder waar van alle tye af. Die bekende Leo Tolstoi se aanhaling bring ons nader aan wat God in ons lewe bewerk deur verandering: ‘Alles verander. Alles beweeg – en die beweging is God. En terwyl daar lewe is, is daar dié bewustheid van die goddelike. Om die lewe lief te hê is om God lief te hê. Swaarder en tog die grootste seën vir ‘n mens is dit om hierdie lewe lief te hê in ‘n mens se lyding.’
Daar is nog menige ander bekendes wat hule siening oor verandering uitgespreek het, waarvan hierdie maar enkeles is: ‘Wees die verandering wat jy graag in die wêreld wil sien’, ‘n bekende aanhaling van Gandhi; ‘Dit is in verandering dat dinge betekenis kry.’ ‘n aanhaling van Heraklitus; ‘Niks is permanent behalwe verandering nie.’ ‘n aanhaling van Herodotus. Dit is duidelik dat verandering ‘n gegewe is in die lewe. Iets wat ons soms benoud laat oor die onbekendheid daarvan. Ons kan egter met sekerheid weet dat die verandering om ons teweeg gebring word deur God en Sy Gees wat in ons werk, soos Trevor Hudson dit so mooi saamgevat het: ‘Werklike verandering vloei altyd van binne af voort. Dit is ‘n saak van die hart. Innerlike verandering vind plaas in daardie verborge area van ons lewens wat God alleen kan bereik en wat ons nie sonder God se hulp kan sien nie. Dis alleen die Gees van God wat daardie verandering van hart, wat ons diepste behoefte is, teweeg kan bring.‘
Ons staan binne-in ‘n redelik groot verandering in ons gemeente, te wete die standplaasverwisseling wat tussen twee predikante gaan plaasvind. Ons kan egter in sekerheid leef dat ook dit die werking van die Heilige Gees is wat beide predikante gedring het om ‘n verandering te maak. Dit kan dus omwentelinge teweeg bring, maar as dit God se wil is, kan ons seker weet dat dit ten bate van beide gemeenskappe, asook die predikante is. Dinge sal noodwendig tot ‘n sekere mate verander, want daar word nuwe energie na die gemeentes gebring, en tog is dit wat God gewil het.
“As daar ‘n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook ‘n verandering van die wet.” (Heb. 7: 1220); “Die saak word nog duideliker as ons daaraan dink dat die ander priester wat te voorskyn tree, ooreenkom met Melgisedek, deurdat Hy priester word nie deur die bepaling van die wet oor menslike afstamming nie, maar deur die krag van onvernietigbare lewe.” (Heb. 7: 15-1620)
Ons moet onthou dat ons geborge is in die priesterskap van Jesus Christus, wat met ‘n eed deur God as priester bevestig is. Hy is die priester wat vir ewig sal bly. Hy wat ons verlos het uit die dood.
“Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met ‘n eed, maar Jesus met ‘n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met ‘n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ “ So het Jesus ook van ‘n beter verbond geword.” (Heb. 7: 20-2220); “Omdat Jesus vir ewig bly, beklee Hý ‘n priesterskap wat nie op ander oorgedra word nie. Daarom kan Hy ook dié wat deur Hom na God gaan, eens en vir altyd verlos: Hy lewe vir altyd om vir hulle by God in te tree.” (Heb. 7: 24-2520)
Binne-in enige verandering kan ons rustig wees in die wete dat God nooit verander nie. Hy is Almagtig, vir ewig en vir altyd dieselfde.
“Die Ewige van Israel lieg nie en Hy verander nie van gedagte nie, want Hy is nie ‘n mens dat Hy van gedagte verander nie.”” (1 Sam. 15: 2920); “Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie.” (Jes. 43: 1320); “So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Maak julle lewe en julle dade reg, dat Ek julle kan laat bly in hierdie land.” (Jer. 7: 383); “Ek die HERE, het immers nie verander nie. Maar julle Jakobskinders kry nie end nie.” (Mal. 3: 620)
Ons moet ons lewens dus in die verandering wat van God af kom, inleun, en die lewe in ons gemeente met vreugde voortsit, te midde van die verandering. Dit mag hartseer en afskeid van bekendes te weeg bring, maar dit is soos God dit gewil het. Die God wat ons hartseer oor ons verlorenheid in vreugde verander het deur vir ons verlossing te bewerkstellig deur Jesus Christus, en die bystand van die Heilige Gees op die pad wat elkeen van ons moet stap.
“Hy het toe ‘n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “Amen, ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.” (Matt. 18: 220); “Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê.” (2 Kor. 7: 983); “Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020); “Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gee. ” (2 Kor. 5: 583); “…Ek sê vir julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly wees; julle sal hartseer wees, maar julle hartseer sal in blydskap verander.” (Joh. 16: 2020)
Sondag 19 Oktober 2025 : Gesinsdiens- 09:00 Kategese – kinders woon gesinsdiens by saam ouers/kategete Woensdag 22 Oktober 2025: Kooroefening 16:45 Wolwedans. Die datums vir die vierde kwartaal is 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember. 24 Oktober 2025SS- Gemeentekonsert 25 Oktober 2025Dankfees 26 Oktober 2025: NAGMAAL 09:00 31 Okt – 2 Nov 2025Gesinskamp
Baie welkom by die gesinsdiens gelei deur ds Danie Goosen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 18:1-8.
Die tema van die prediking is: Verander vir ander?
Biddag vir Gesondheidsdienste.
Kategese kinders en kleuters woon gesinsdiens by saam ouers/kategete.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 22 Oktober 2025 :
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons . Alle belangstellendes welkom.
Vrydag 24 Oktober 2025 :
Gemeentekonsert om 18:00 in die kerksaal.
Dankfees
Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. Kontak gerus vir Pieter van der Merwe indien u graag wil help braai – 📞Kontak Ons .
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak Ons
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak Ons .
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak Ons
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb nog 6 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke –Kontak Ons 📞Corita du Preez – Kontak Ons
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie Drost–Kontak Ons .
🥪 Jaffles – R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak Ons 📞 Corrie Pieters – Kontak Ons .
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon –Kontak Ons .
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb
eiers, meel, olie en suiker. 📞Piet Snyman – Kontak Ons 📞 Elsabé Richards –Kontak Ons
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Kontak Ons .
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie/R10 vir 5 gooie/R5 om te sit, Springkasteel – eenmalige R10, Waterwurm – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath – Kontak Ons .
🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak Ons .
🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters –Kontak Ons .
Saterdag 25 Oktober 2025 :
Dankfees begin om 08:00.
Dankfees 25 Oktober 20525
Sondag 26 Oktober 2025 :
Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
Hervormingsfees.
Nagmaal.
Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure.
Nuwe lidmate 2024-2025 word verwelkom in die kerksaal na die erediens.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Standplaasverwisseling
Gedurende spesiale kerkraadsvergadering gehou op 14 Oktober 2025, is die standplaasverwisseling tussen ds Leon Cronje van NG Welgelegen in Stellenbosch en ds Danie Goosen van NG Groot-Brakrivier, goedgekeur.
Ds Leon Cronje is derhalwe beroep na NG Groot-Brakrivier in plek van ds Danie Goosen.
Sterftes 2025:
12 Oktober – Sarah Holtzhausen: Wyk 8A Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Verjaarsdae
Gevulde koffieflesse vir kersfees
“Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16 Afr53).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Indië
Die FEBA-span in Indië se bedieningsveld word toenemend moeiliker. In dele van die land teiken ekstremiste Christene met dreigemente, invalle en liggaamlike geweld, terwyl anti-bekeringswette strenger raak. Die span gaan egter voort om God se Woord getrou uit te saai en skep ook programme om luisteraars op te voed in onderwerpe soos geestesgesondheid, mensehandel en probleme in die werksplek.
Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA se uitsendings in Indië vervolgde gelowiges sal bemoedig en ook nie-gelowiges na Christus sal lei.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 19 Oktober 2025
1. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Gesinsdiens van 19 Oktober, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Bybelstudiereeks:
Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verkwikkende begin vir elke dag.
Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Verandering…”
Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
I have been blessed by the hospitality and kindness of family and friends during my time here in Cape Town. Going to church and connecting with supporters and prayer partners, is always a time of refreshing and encouragement. My mom turns eighty-two this month and spending time with her is a priority even though it is not always easy amid a busy schedule.
My wens en gebed is dat jy vandag sal vertrou dat die Here vir al jou fisiese en materiële behoeftes sal sorg. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here sorg vir al jou emosionele, geestelike, fisiese en materiële behoeftes
Teks: “… sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes” (Deut. 11:14)
Soms kom jy in ervarings waar dit voel asof alles doodloop – jou planne werk nie meer uit nie.
Onthou dan: Dit is die Here wat voorsien en sorg.
Wanneer jou planne nie meer werk nie, doen God die onmoontlike.
Hy sal verseker in voorspoed én teenspoed vir jou sorg.
Soms moet jy net leer om te wag. Wees net gelukkig!
Gebed
Vader, gee my die geloof om U te vertrou vir die regte uitkomste vir my lewe. In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen
My wens en gebed is dat jy vandag sal besluit om die Here heelhartig lief te hê in elke area van jou lewe. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Gee jouself heelhartig oor aan God
Teks:“Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag”(Deut. 6:5)
God vra nie vir halfhartige toewyding nie – Hy wil jou hele hart, siel en krag, jou hele menswees.
Ondersoek jou lewe: in watter plekke van jou lewe is jy nie so lief vir die Here nie?
Heelhartige liefde beteken totale oorgawe in jou persoonlikheid, gesin, werk en finansies.
God maak jou gelukkig wanneer jy met alles wat jy is en het Hom volg – hou niks terug nie.
Gebed
Liewe Vader, help my om U met al my krag, al my verstand en emosie heelhartig lief te hê. In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen.
Op 8 Oktober 2025 het Klub50 ‘n heerlike oggend gereël, waar Anthony Noble sy kunstalent kom deel het. Anthony is’ n oud onderwyser wat die gawe van kuns ontvang het. Hy het in 45min die pragtige kunswerk van niks af begin, en klaargemaak. Tussendeur het hy lof gebring aan die Gewer van gawes, op ‘n baie gepaste manier.
“Goed is die Here vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek.”
Kla. 3: 25 20
Wanneer ons aan goed en goedheid dink, dink ons gewoonlik in menslike terme. Iemand is ‘n goeie mens, met baie goedheid in hom of haar. Ons reflekteer ook dikwels oor mense se goed en goedheid in terme van wat dit in effek vir ons beteken. Baie selfsugtige oorwegings!