13 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal besluit om die Here heelhartig lief te hê in elke area van jou lewe. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Gee jouself heelhartig oor aan God
Teks: “Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag” (Deut. 6:5)
- God vra nie vir halfhartige toewyding nie – Hy wil jou hele hart, siel en krag, jou hele menswees.
- Ondersoek jou lewe: in watter plekke van jou lewe is jy nie so lief vir die Here nie?
- Heelhartige liefde beteken totale oorgawe in jou persoonlikheid, gesin, werk en finansies.
- God maak jou gelukkig wanneer jy met alles wat jy is en het Hom volg – hou niks terug nie.
Gebed
Liewe Vader, help my om U met al my krag, al my verstand en emosie heelhartig lief te hê.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


