14 Oktober
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet die Here sorg die hele jaar vir jou. Hier is ’n Woord net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here sorg die hele jaar
Teks: “Dit is ’n land waarvoor die Here jou God sorg: van nuwejaarsdag af tot oujaarsdag toe hou Hy ononderbroke sy oog daaroor” (Deut. 11:12)
- Daar is nooit ’n tyd wanneer die Here nie in jou lewensverhaal betrokke is nie.
- Van Januarie tot Desember is Hy teenwoordig – in jou gesin, familie, werk, ja, elke area van jou lewe.
- Wanneer jy dink jy is alleen, weet dat die Here by jou is. Hy help jou om te oorwin.
- Hy sorg nie net vir ’n rukkie nie – dit duur die hele jaar en jou hele lewe lank.
- Wees nou rustig en word gelukkig!
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U van die begin tot die einde van die jaar, heeltyd by my is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


