Klub50: Oggend van kuns en lofdanse

Op 8 Oktober 2025 het Klub50 ‘n heerlike oggend gereël, waar Anthony Noble sy kunstalent kom deel het. Anthony is’ n oud onderwyser wat die gawe van kuns ontvang het. Hy het in 45min die pragtige kunswerk van niks af begin, en klaargemaak. Tussendeur het hy lof gebring aan die Gewer van gawes, op ‘n baie gepaste manier.

Die oggend is afgesluit met die meesleurende dans van die Lofdanse bediening van NG Kerk Groot-Brakrivier. Die groep is onder leiding van Adrie Peens. Dit was hulle eerste optrede, en is onder toejuiging afgesluit. Vir meer inligting or die groep, kan die kerkkantoor gekontak word.

Die oggend het ook heerlike vetkoek gebak ingesluit. Dit was ‘n heerlike oggend onder die bekwame leiding van Koos en Anina Geldenhuis.