Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 November 2026 – Engele pas jou op

Dagstukkies April

4 November

Jy sien hulle nie, maar God het sy engele opdrag gegee om na jou te kyk. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Engele pas jou op

Teks: “Hy sal sy engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan.” (Ps. 91:11)

  • Die Here beskerm jou en hou jou in die lewe. (Ps. 41:3)
  • God se sorg vir jou is so groot dat Hy selfs sy engele stuur.
  • Waar jy ook al gaan – skool, huis of op reis – is jy nie onbeskermd nie.
  • Sê vandag dankie vir die onsigbare maniere waarop God jou al beskerm het.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u engele wat oor my waak – ek is veilig in u sorg.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 November 2026 – Kies God as skuilplek

Dagstukkies April

3 November

Wanneer jy God as jou veilige plek kies, kies jy die beste plek in die hele wêreld. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: Kies God as skuilplek

Teks: “Omdat jy die Here as skuilplek geneem het, die Allerhoogste as jou beskermer, sal geen onheil jou tref en geen plaag naby jou woonplek kom nie.” (Ps. 91:9-10)

  • Selfs in moeilike tye sorg God dat jy genoeg het. (Ps. 37:19)
  • Om God as skuilplek te kies, is ’n besluit wat jy elke dag weer neem.
  • Dit beteken nie jy sal nooit swaarkry nie, maar dat God altyd by jou sal wees.
  • Maak God vandag jou eerste stop wanneer iets verkeerd loop.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my veilige plek is – ek kies U vandag weer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 November 2026 – Veilig onder sy vleuels

Dagstukkies April

2 November

Soos ’n hen haar kuikens onder haar vlerke toemaak, hou God jou vandag veilig. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: Veilig onder sy vleuels

Teks: “Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou beskerm jou aan alle kante.” (Ps. 91:4)

  • God se reg strek tot by die hoogste berge en die diepste see – en Hy sorg vir mens en dier. (Ps. 36:7)
  • God se beskerming is soos ’n skild wat jou van alle kante omring.
  • Jy hoef nie te weet waarteen jy beskerm moet word nie – God weet dit reeds.
  • Bid vandag vir jou gesin se veiligheid, en vertrou dat God na hulle kyk.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek veilig onder u vleuels is – beskerm my en dié vir wie ek lief is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 November 2026 – God is genadig

Dagstukkies April

1 November

’n Nuwe maand begin met ’n wonderlike waarheid: God is vol liefde en baie geduldig met jou. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: God is genadig

Teks: “U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou.” (Ps. 86:15)

  • Die Here is die hulp van dié wat reg leef – sy krag is groter as enige mag op aarde. (Ps. 37:17)
  • Barmhartig beteken God voel saam met jou; genadig beteken Hy gee vir jou wat jy nie verdien nie.
  • God is lankmoedig – Hy word nie gou kwaad nie, en Hy gee jou kans op kans.
  • Wees vandag ook geduldig met iemand wat jou irriteer.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U so geduldig en genadig met my is – maak my ook so.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Welkom by die Sirkus! – Aanvaarding! Ds. Leon Cronje. Rom 15. Sondag 1 November 2026 09:00

2026-11-01 Leon Cronje Welkom by die Sirkus-NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons begin ‘n nuwe reeks oor ons gemeente se Waardes. Die eerste waarde waarna ons kyk is: Aanvaarding. Ds. Leon Cronje bespreek hierdie waarde aan die hand van Romeine 15 en die tema is: Welkom by die sirkus.

Prediker: Ds. Leon Cronje

Skriflesing: Romeine 15: 1-13

Tema: Welkom by die sirkus!

Waarde: Aanvaarding

Datum: 1 November 2026

YouTube

Lees meer “Welkom by die Sirkus! – Aanvaarding! Ds. Leon Cronje. Rom 15. Sondag 1 November 2026 09:00”

Stof tot nadenke: “Die gawe van vrede”

”…mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings. Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!””

(Ps. 122: 7-820)

Vrede beskryf die ideale toestand in die lewe. ‘n Lewe in harmonie met elke faset van ‘n mens se lewe. Dit lei tot ‘n gemoedsrus, wat ons nie kan begryp nie.

Hoeveel vrede het jy?

Elkeen van ons het al dikwels tye van onsteltenis, vrees en bangheid beleef. Ons hoef maar net na die toestande wêreldwyd te kyk, om te weet daar is min vrede wat deur mense bewerkstellig word. Elkeen van ons ken ons eie hart, en weet alles wat ons deur die lewe gedoen het – dit opsig self is genoeg om jou gemoedstoestand ontstelt te laat.

Ons weet nie hoe om dinge ongedaan te maak wat verkeerd is hier op hierdie aarde nie. Ons wil ons bes doen, maar dit lei nie noodwendig na vrede binne-in jou nie. Jesaja wys ons mooi daarop om nie onsteld te wees en van vrees verlam te wees nie. Hoe kry ons dus vrede in ons gemoed? Wanneer siekte, ongemaklike verhoudings of selfs dood ons paaie kruis, hoe vind ons vrede? Hoe gaan ons vorentoe?

Selfs die dissipels was ontsteld toe hulle deur Jesus ingelig is dat een van hulle hom gaan verraai. Elkeen van hulle het gewonder of dit dalk hulle gaan wees. Daardie onsekerheid van hoe mens gaan reageer op sekere situasies laat die vrede in jou hart van jou wyk.

Teksverse:

“Julle moet nie ontsteld wees nie, moenie deur vrees verlam word nie.” (Jes. 44: 820);

“Laat al hulle boosheid voor U kom, en doen aan hulle wat U aan my gedoen het oor al my oortredings. Ja, ek sug baie en my hart is ontsteld.” (Kla. 1: 2220);

“Terwyl hulle geëet het, het Hy gesê: “Amen, Ek sê vir julle: Een van julle sal My verraai.”Hulle was baie ontsteld, en een ná die ander het Hom begin vra: “Dit is seker nie ek nie, Here?“” (Matt. 26: 21-2220)

Hoe verkry ons vrede?

Die hele Nuwe Testament verseker ons dat Jesus Christus vrede kom nalaat het. Maar Hy wys daarop dat dit nie die vrede van die wêreld is nie. Ons kan dus alleenlik deur Jesus Christus opregte vrede verkry in ons binneste. Dit is nie die vrede wat die wêreld ons kan gee nie, maar Hy verseker ons dat ons nie ontsteld of bang hoef te wees nie. Wanneer ons vrygespreek word deur God, op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het, kan ons mense van vrede word.

Dis dan dat ons begin streef om in vrede met ons medemens te leef. Dis dan wanneer die vrug van die Helige Gees toegang tot ons harte verkry, en vrede in ons bewerkstellig. Dan sal ons mekaar kan opbou en bevorder. Ons moet dus vredemakers word, deur in gebed vir die genadegawe van vrede te vra.

Wanneer ons hierdie afhanklik van God se genade besef en begin leef, kan ons vrede kry, omdat ons saligheid slegs deur Jesus Christus se Verlossingdaad verkry kan word.

Teksverse:

“Vrede laat Ek vir julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie.” (Joh. 14: 2720);

“En Hy het vrede as goeie boodskap aan julle kom verkondig, aan julle wat ver was, en ook vrede aan diegene wat naby was.” (Ef. 2: 1720);

“Omdat ons dan nou op grond van geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur ons Here Jesus Christus.” (Rom. 5: 120);

“Kom ons streef dan na die dinge wat onderlinge vrede en mekaar se opbou bevorder.” (Rom. 14: 1920);

“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede -.” (Ef. 4: 1-320);

“Maar die wysheid van bo is in die eerste plek suiwer, en verder ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins. En die vrug van geregtigheid word in vrede gesaai vir hulle wat vrede maak.” (Jak. 3: 17-1820)

Nuusflitse Week 44+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 1 November 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese; 09:00.
Woensdag 4 November 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 4 November 2026 : Blokbyeenkoms Blok 10 (Bergsig-Bo) by Konrad & Magda Nelson, Bosrugweg 13 
Donderdag 5 November 2026 : Wolwedans Sop, Boodskap en brood
Sondag 8 November 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk & Kategese Afsluiting – Kinderdankoffer
Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbediening

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 1 – 8 November 2026

Lief en Leed Week 45 van 2026

Lief en Leed

Sterftes

Dis met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van
22 Oktober – Jos Mostert: Blok 08A (Groenkloof)
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Verjaarsdae

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Verjaarsdae Week 45 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 45 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebedsgids vir November 2026

Gebed, Biddende hande

Hoor my gebed! “Kyk, en U sal sien dat ek dag en nag vir die mense van Israel, u dienaars, intree in gebed. Ek bely dat ons teen U gesondig het. Selfs ook ek en my familie het sonde gedoen! – Neh.1:6

1 November – Sondag – Radio FEBA fonds

Radio FEBA doen uitreike en getuienis d.m.v. die radio in verskeie wêrelddele. Bid dat die gemeente sal geldelik bydra en help met hul diens.

2 November – Maandag – Ons Leiers

Ons verloor daagliks meer en meer vertroue in ons leiers. Bid asseblief ernstig dat die Here ook onder ons leiers Sy kinders sal laat leiding neem. Vra dat die Here vir Mnr Ramaphosa lig en leiding sal gee.

3 November – Dinsdag – Vergewing

“…. en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Mat. 6:12) “Here, hoe maklik bid ons van kleintyd af die Onse Vader-gebed. Gee vir ons asseblief genade dat ons werklik sal vergewe en vergeet, sonder om te verwyt.”

4 November – Woensdag – Versorgingsoorde

Bid vandag vir alle versorgingsoorde: weeshuise, huise vir gestremdes, vir bejaardes, asook vir privaat persone wat individue versorg. “Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, …”(Ps. 82:3).

5 November – Donderdag – Kudde van God

Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op [..] uit toegewydheid [..] deur ‘n voorbeeld vir die kudde te wees.” (1 Pet. 5:3)

6 November – Vrydag – Ekonomie

Die ekonomie in ons land is besig om so te verswak dat al hoe meer mense nie in hul basiese behoeftes kan voorsien nie. Gevolglik wend baie hulle tot onwettige praktyke. Kom ons dra almal en alles aan die Here op.

7 November – Saterdag – Kindersorg fonds

Môre moet ons bydra tot die Kindersorg. Gee dat mense mildelik sal gee vir die Kindersorg wat uitreik na ons dorp se behoeftes onder die kinders wat swaarkry en nie altyd iets het om te eet nie.

8 November – Sondag – Kinderdankoffer

Die kinders kan vandag n bydrae lewer met hul dankoffer. Bid dat die ouers vir hul sal leer van uitreik en omgee en hulp vir die minderbevoorregtes en dat dit een manier is om te wys jy gee om en om God se Koninkryk te help.

9 November – Maandag – Sendelinge

Dank die Here vir elkeen wat bereid is om in vreemde lande die Woord te gaan verkondig. Bid vir ons sendelinge dat hulle die goeie geloof sal behou in moeilike omstandighede en dat ons gemeente ook geldelik sal bydra.

10 November – Dinsdag – Twyfel en onsekerheid

In tye van twyfel en onsekerheid in die wêreld, bid ons dat mense hul toevlug by Jesus sal vind en dit ook by hul medegelowige sal tuisbring en uitleef.

11 November – Woensdag – Bybelstudie

“Dankie Here vir elke Bybelstudie-groepie in ons gemeente. Bind ons asseblief saam deur U Woord te lees en uit te leef.” Nooi asseblief meer mense om deel te neem aan die Bybelstudie.

12 November – Donderdag – Vrug van die Gees

Bid dat ons as gemeente die Vrug van die Gees al hoe meer sigbaar sal uitleef dat ander mense dit sal raaksien en daardeur na Jesus getrek word.

13 November – Vrydag – Televisieprogramme

Is u bereid om saam met Jesus na die televisie-program wat u geniet, te kyk, veral as daar kinders saam kyk? “Hy wat ontsag het vir die Here, geniet sekuriteit; sy kinders vind vastigheid by hom” (Spr. 14:26).

14 November – Saterdag – Geopende Deure fonds

www.opendoors.org.za

Op hul webtuiste wys hulle die lande wat die meeste aangeval word. Ons bid egter vandag vir LAOS waar 40 jong gelowiges se Christen-kamp verniel is deur die owerhede en hul lewe in gevaar is.

15 November – Sondag – Biddag vir Beskermingsdienste

Ons bid vandag vir ons beskermingsdienste en die werk wat hulle doen om ons land en sy mense te te beskerm. Gee ook dat mense landwyd sal saamstaan en sal intree vir hierdie gevaarlike werk wat hulle verrig.

16 November – Maandag – Toegewyd

Buig jul knieë en bid dat die mensdom weer toegewyd aan God sal wees en so sal besef dat hulle niks is sonder Hom nie en dat hul getrou elke dag Sy Woord sal opsoek en oordink.

17 November – Dinsdag – Afhanklikheid van Alkohol en dwelms

Alkohol en dwelms is deesdae vrylik beskikbaar en bid ons vir die mense wat afhanklik is dat hulle die besef sal kry dat hulle hulp nodig het vir hulle seer en dat hulle hulp op die regte plek sal gaan soek.

18 November – Woensdag – Politiek

Ons vra vandag dat U aan ons leiers van ons land dink en bid dat hulle korrupsie sal uitroei en weer ons land sal ophef tot die pragland wat hy eens was en dat ander lande by Suid Afrika sal wil kom kers opsteek.

19 November – Donderdag – Huwelike

Die duiwel loop rond soos ‘n brullende leeu. Bid dat die huweliksmaats dit sal besef en raaksien en daadwerklik sal optree om mekaar te eerbiedig en eer en sal saambid om hul huwelik te beskerm.

20 November – Vrydag – Verpleegsters

Verpleegsters werk onbaatsugtig en lang ure en wil ons vandag aan hulle harde werk dink en vra dat hulle die krag en lus sal hê om pasiënte te behandel.

21 November – Saterdag – Kankervereniging fonds

Kanker is deesdae een van die siektes wat die meeste voorkom en help die kankervereniging baie met bystand en fondse vir bewusmaking en mediese hulp. Bid dat ons gemeente ook hier die nodigheid sal insien om geldelik te ondersteun.

22 November – Sondag – Christus die Koning

Ons vier vandag die afsluiting van die kerkjaar en ook dat Christus die ware koning is wat oor die hele wêreld is.

23 November – Maandag – Prys God

Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seëninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

24 November – Dinsdag – Gevangenes

Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en Hom sal aanvaar as Hul Heer en Meester.

25 November – Woensdag – Gesondheidsdienste

Vra Jesus se direkte leiding vir die ambulansmense, doktors, verpleegsters asook die personeel in hospitale en bid ook vir hulle families om hulle die nodige ondersteuning te gee.

26 November – Donderdag – Sosiale Media

“Jesus, ons bid vandag vir mense wat op sosiale media besigheid doen of heeldag op dit is en wat in die donker web vasgevang word en so nie by die Here uitkom nie.”

27 November – Vrydag – Kerssangdiens

Loof en prys U grote Naam in elke land. Kom ons juig en bring al ons eer aan God die Heer en aan Sy Seun wat vir ons sondes gesterf het.

28 November – Saterdag – Up with Downs Fonds

Sondag gee ons fondse vir Up with Downs om hulle te help met fondse om hierdie onbaatsugtige diens te lewer en hul versorging te steun, waar mense nie altyd bydra tot hul geldelike nood nie.

29 November – Sondag – Eerste Advent

Dit is die eerste Sondag van vier weke van afwagting en voorbereiding op die viering van Jesus se geboorte. Die tydperk herinner gelowiges ook aan Jesus se beloofde wederkoms.

30 November – Maandag – Groenewald Fonds

Die Groenewaldfonds is gestig om ‘n gemeentelid se kind geldelik te help om te gaan leer en bid ons dat die fonds reg aangewend sal word en die regte kind sal ondersteun.

Afkondigings 1 – 8 November 2026

Afkondigings

Sondag 1 November 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 15:1-13.
  • Die tema van die prediking is:Welkom by die Sirkus!
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Radio FEBA by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Woensdag 4 November 2026 :

  • Nasionale Stemdag – Kerkkantoor gesluit.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida –Epos Kontak.
  • Blokbyeenkomste om 18:00: Blok 10 (Bergsig-Bo) by Konrad & Magda Nelson, Bosrugweg 13 – gelei deur ds Charné Viljoen. Koos van Zyl – Epos Kontak.

Donderdag 5 November 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.

(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).

Verjaarsdae Week 45 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 45 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 8 November 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Kleuterkerk & Kategese Afsluiting – ouers word saam kinders genooi vir ’n afsluitingsbyeenkoms na die erediens.
  • Kinderdankoffer.
  • Spesiale Offer vir Kindersorg by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk – Ds Charné Viljoen.

Dankfees 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Dankfees 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Nuwe Lidmate 2026:

Billy & Louise Marais van Bloemfontein: Blok 08A (Groenkloof)

Baie welkom by ons gemeente.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir November 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 38, asook die antwoorde vir nommer 37 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Sterftes 2026:

22 Oktober – Jos Mostert: Blok 08A (Groenkloof)
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

“Julle sal My aanroep, en kom en tot My bid, en Ek sal na julle luister. Julle sal My soek en vind as julle My met julle hele hart raadpleeg” (Jer. 29:12-13 Afr20).

Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier

Bedieninge

Bloedskenk Organiseerder NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk Organiseerder NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge Betrokkenheid NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge Betrokkenheid NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuning NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuning NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgee Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienis Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienis Kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Japan

Japan is ’n land van teenstellings – antiek en hipermodern, finansieel voorspoedig maar tog geestelik arm. Byna 1.5 miljoen mense leef as hedendaagse kluisenaars en tien duisende mense per jaar sterf “eensame sterftes”, waar hul afsterwe vir weke of maande lank ongemerk gaan. Japan benodig die evangelie, en media is die ideale wyse om dit aan hulle te bring.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Japan se uitsendings, wat baie eensame luisteraars geselskap hou. Bid ook dat die Here nuwe leiers en omroepers sal oprig om die onbereiktes in Japan te bereik.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 1 November 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening:
    • Lynette uit Madagaskar se nuutste nuusbrief is beskikbaar.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
    • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Die Gawe van vrede”.
  • Gemeentenuus:
    • ‘n Naweek van Dankbaarheid en Fees; artikel oor die Dankfees van die afgelope naweek.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

‘n Naweek van Fees, Geloof, Gemeenskap en Dankbaarheid: Terugblik op ons Wonderlike Dankfees 2026!

Dankfees 24 Oktober 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Wat ’n ongelooflike naweek was dit nie! Van 23 tot 25 Oktober 2026 het ons gemeente hande gevat vir ons lang verwagte Dankfees. Die lug was gevul met opgewondenheid, die onmiskenbare geur van smullekker kos, en veral met die warm, aansteeklike gees van Christelike samehorigheid.

As ons terugkyk op hierdie geseënde naweek, besef ons weer hoe groot God se genade oor ons gemeente is. Elke glimlag, elke handdruk, elke koppie koffie en elke bydraende hand het vertel van ’n gemeenskap wat saam leef, saam lag en saam God se goedheid vier. Kom geniet ’n heerlike saamreis deur die hoogtepunte van ons onvergeetlike Dankfeesnaweek!

Donderdag 23 Oktober: Potjiekos, Vuurvuur en Storievertel

Die feestelikheid het op Donderdag 23 Oktober afgeskop met ’n reuse sukses: die gewilde Potjiekoskompetisie. Die kompetisie was hewig en gesellig, maar aan die einde van die dag het niemand anders nie as Ds. Leon Cronje die septer geswaai met sy wen-skaappotjie wat die mae laat bly wees en harte laat warm klop het!

Nadat die potjies geproe is en die mae vol ge-eet is, het die aand sy momentum voortgesit langs ’n reuse bonfire (kampvuur) wat die donker nag verdryf het met dansende vlamme en vonke. Onder die uitstekende leiding van Johan Smit en met Pottie Potgieter wat die gehoor geboei het met heerlike stories, was dit ’n aand uit die boonste rakke. Jimmy Steele het ons almal aangespoor en begelei met lekker saamsing liedjies, terwyl verskeie gemeentelede vermaak gebied het met pragtige opvoerings en hartlike optredes. Dit was ’n aand van samesyn om die vuur wat ons die ware betekenis van gemeenskap laat inasem het.

Saterdag 24 Oktober: Die Groot Dankfees-Basaar!

Saterdag 24 Oktober was die amptelike Dankfees-dag, en die kerkterrein het gegons van bedrywigheid. Met vrolike sambrele wat kleur aan die grasperk verleen het en ’n pragtige vlagpaal met duidelike rigtingaanwysers, is almal die regte pad gewys na al die verskillende stalletjies waar die kosgeure jou mond laat water het.

Onmiddellik val die oog op die gewilde Roosterkoeke-tafel, waar die roosterkoeke vars en goudbruin oor die kole gebraai is en die mense in rye gestaan het vir ‘n heerlike porsie gesmeer met konfyt, kaas, hoender mayo of kerrie-mince. Langsaan het die braaivleis geur van die sappige sosaties wat op groot roosters oor die kole gebraai is, almal se mae laat skree. Vir die liefhebbers van iets vinnig en smullekker was daar die warm, goudbruin jaffles propvol geurige maalvleis, asook daardie onmisbare, spoggerige lewerkoekies met ’n stewige 9cm deursnit wat net van beter vertel.

Niemand kon verby die Tee- en Pannekoektuin stap nie. Die tafels het gebuig onder swaar grootkoeke, pragtig versierde kolwyntjies, vars brode en heerlike tertjies, terwyl die gaste in die saal om blou gasbottels hand aan hand besig was om vars, warm pannekoeke te bak en met kaneelsuiker te bestrooi terwyl die koffie en tee gulhartig gevloei het. Vir die soettand het die Smullekker Nagereg-tafel gewag met hope kleurvolle poedings in bakkies, en natuurlik die tradisionele Kerrie & Rys.

Tussen al die smulkos deur kon die bedrywige hande hul hart uitsmokkel by die Boek- en Wit Olifant-tafels vir ’n tweedehandse skat, of vars, pragtig verwerkte vleis optel by die Vleistafel vir die vrieskas. Die Groente-tafel het uitgeblink met vars kool, blomkool, tamaties, avos en nog baie meer,  direk uit die tuin sonder preserveermiddels. Die kleingoons by die JAM (Jesus And Me) Kindertafel het hope pret gehad op die waterwurm, die “dunk tank” en met kleurvolle tombola-pakkies en lekkers!

Sondag 25 Oktober: ’n Geseënde Nagmaal

Geen Dankfees by NG Kerk Groot-Brakrivier sou volledig gewees het sonder om die naweek gepas af te sluit nie. Op Sondag 25 Oktober het die gemeente byeengekom vir ’n diep betekenisvolle en geseënde Nagmaal. Na al die bedrywigheid, harde werk en vreugde van die basaar, was dit ’n kosbare moment om stil te raak voor die Here, ons dankbaarheid uit te spreek en ons verbondenheid aan Hom en aan mekaar te vernuwe.

’n Hartlike Dankie!

’n Fees van hierdie omvang gebeur nie vanself nie. Agter die skerms was daar maande se beplanning, sweet en handearbeid. Ons wil ’n enorme woord van dank uitspreek teenoor Ruan Viljoen, ons hooforganiseerder, sowel as sy toegewyde basaarspan van werkers, organiseerders en sameroepers – daar is regtig te veel om op te noem!

Net so sê ons dankie aan elkeen wat gebak, gekook, geskenk, gehelp opstel, gewerk en bygedra het om hierdie naweek ’n monumentale sukses te maak. Ons waardeer u oop harte en hande opreg!

Mag NG Kerk Groot-Brakrivier vir jare lank ’n baken van hoop, liefde en gasvryheid in hierdie gemeenskap bly. Tot volgende jaar se Dankfees!

[Kyk gerus na ons amptelike terugbliek-video op YouTube vir ’n voorsmakie van die lekker geselligheid!]

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Oktober 2026 – Prys God met jou hart

Dagstukkies April

31 Oktober

Liewe vriend,

Aan die einde van hierdie maand is daar net een goeie ding om te doen: om God met jou hele hart te bedank. Hier is God se Boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: Prys God met jou hart

Teks: “Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered.” (Ps. 86:12-13)

  • God stuur sy engele om jou te dra, sodat jy nie struikel nie. (Ps. 91:12)
  • God se liefde vir jou is so groot dat Hy jou uit die diepste plekke kan red.
  • Lof kom nie net met jou mond nie, maar met jou hele lewe.
  • Kyk terug oor Oktober: waar het jy God se hand gesien? Sê vir Hom dankie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u groot liefde deur hierdie hele maand — ek prys U met my hele hart.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus: Madagaskar: Lynette se weeklikse nuusflits: Die Week 18/10/2026

Madagaskar 18 Oktober NG Kerk Groot-Brakrivier

In fact, it has been some weeks since my last post. Keeping things together on a daily basis, have been a challenge. Everything always seem to break at the same time. Vital things like a printer and Land Rover tyres (yes, I stopped counting how many tyres were ruined). After more than three weeks, Dries finally managed to get the inner tubes for the new tyres from Antananarivo. Our electricity is now cut for days at a time and the water situation, especially at school, is so severe that I will start carting some water from home this week to bring some relief.

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar: Lynette se weeklikse nuusflits: Die Week 18/10/2026”

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Oktober 2026 – God antwoord gebed

Dagstukkies April

30 Oktober

Liewe vriend,

Op jou moeilikste dag is God nie met vakansie nie — Hy wag dat jy Hom roep. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: God antwoord gebed

Teks: “Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.” (Ps. 86:7)

  • God se liefde vir jou is sterk, en aan sy trou is daar geen einde nie. (Ps. 117:2)
  • God hoor elke gebed, ook dié wat net ’n sug of ’n traan is.
  • Moenie wag tot alles verkeerd loop voor jy bid nie — maak gebed deel van elke dag.
  • Dink vandag aan ’n keer toe God jou gebed beantwoord het en vertel dit vir iemand.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my gebede hoor — ek roep met vertroue na U.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Oktober 2026 – Meer werd as die lewe

Dagstukkies April

29 Oktober

Liewe vriend,

Daar is niks in die hele wêreld wat meer werd is as God se liefde vir jou nie. Hier is God se Boodskap vir jou, vir vandag.

Tema: Meer werd as die lewe

Teks: “U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.” (Ps. 63:4)

  • God gee jou lewe sodat jy Hom kan loof — sy woorde is jou steun. (Ps. 119:175)
  • God se liefde is meer werd as roem, geld of enige prys wat jy kan wen.
  • Omdat sy liefde so kosbaar is, is lof die natuurlike antwoord van jou hart.
  • Prys God vandag vir drie dinge waarvoor jy Hom liefhet.

Gebed:

Liewe Vader, dankie vir u troue liefde — dit is vir my meer werd as alles.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Oktober 2026 – Beleef God se grootheid

Dagstukkies April

28 Oktober

Liewe vriend,

Daar is plekke waar jy God se teenwoordigheid baie sterk voel — mag vandag so ’n dag wees. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: Beleef God se grootheid

Teks: “Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind.” (Ps. 63:3)

  • Jy kan jou heeltemal op God se Woord verlaat — alles wat Hy sê, is waar. (Ps. 119:160)
  • God se mag en grootheid ontdek jy wanneer jy tyd saam met Hom spandeer — alleen en saam met ander gelowiges.
  • Kerk, jeug of ’n Bybelstudiegroep is plekke waar jy God saam met ander kan beleef.
  • Nooi vandag ’n vriend saam na ’n jeugaand of kerkdiens.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek u grootheid mag beleef — trek my al nader aan U.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Oktober 2026 – Dors na God

Dagstukkies April

27 Oktober

Liewe vriend,

Net soos jy na ’n harde oefensessie na water smag, kan jou hart na God verlang. Hier is God se Boodskap, net vir jou.

Tema: Dors na God

Teks: “Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ’n dor en droë land, ’n land sonder water.” (Ps. 63:2)

  • God se barmhartigheid is groot — Hy hou jou in die lewe. (Ps. 119:156)
  • Die leë gevoel binne-in jou kan nie deur goed, geld of aandag gevul word nie — net deur God.
  • Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe meer verlang jy na Hom.
  • Soek God vandag doelbewus: deur gebed, die Bybel of ’n lofliedjie.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my dors les — ek soek U vandag met my hele hart.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Oktober 2026 – Stort jou hart uit

Dagstukkies April

26 Oktober

Liewe vriend,

Jy hoef nie jou gevoelens vir God weg te steek nie — Hy wil alles hoor. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.

Tema: Stort jou hart uit

Teks: “Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug.” (Ps. 62:9)

  • Van vroegoggend af kan jy na God roep en op sy Woord vertrou. (Ps. 119:147)
  • Om jou hart voor God uit te stort, beteken om eerlik te wees oor wat regtig in jou aangaan.
  • God skrik nie vir jou trane, jou kwaad of jou vrae nie — Hy luister.
  • Skryf vandag ’n brief aan God oor alles wat op jou hart is.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek my hele hart by U kan uitstort — U luister altyd.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nagmaal: ‘n Lewe van Dankbaarheid! Ds. Leon Cronje. Ps 100. Sondag 25 Oktober 2026 09:00

2026-10-25 Nagmaal Ds Leon Cronje -Lewe van Dankbaarheid NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons sluit ons reeks ‘n Lewe van Dankbaarheid en Dankfees af met Nagmaal en hierdie kykie na wat beteken ‘n Lewe van Dankbaarheid.

Prediker: Ds. Leon Cronje

Skriflesing: Psalms 100, 103, Kolossense 3, Johannes 13

Tema: ‘n Lewe van Dankbaarheid!

Datum: 25 Oktober 2026

YouTube

Lees meer “Nagmaal: ‘n Lewe van Dankbaarheid! Ds. Leon Cronje. Ps 100. Sondag 25 Oktober 2026 09:00”

Stof tot nadenke: “In God se vrugteboord”

In God se vrugteboord Stof tot nadenke 20261025

”Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

(Joh. 15: 220)

Die vrugteboord van God

Elkeen wat al tuin gemaak het weet dat snoei van die plante, bome en veral vrugtebome ‘n noodsaaklike jaarlikse aktiwiteit is. Wanneer ons kyk na die wingerde, weet ons dat hierdie plante jaarliks so terug gesnoei word dat dit na ‘n dooie en droë land lyk. Wanneer dit egter nader aan die oestyd kom, begin hierdie oënskynlike droë lote vrug dra wat mens telkens verstom.

God gebruik ons seer en swaarkry in die snoei proses, om ons belangrike lewenslesse te leer. Hy doen dit nie om ons opsetlik te laat ly nie, maar om ons ruimte te gee om geestelik te groei. Soos met die plante, word die snoei aan ons lewens, wat vir ons soms soos onoorkomelike probleme lyk, geleenthede om meer en beter vrugte te dra. Ons moet egter met ‘n goeie gesindheid hierdie snoeiskêr aanvaar. Dit word gedoen om ons na genesing en herstel aan te spoor.

God is die Groot Tuinier, wat ons wil suiwer van swakhede en tekortkomings. Die Tuinier benader altyd sy plante met liefde en begrip. Sy tydsberekening is altyd perfek en sy metodes is die beste wat jy kan kry.

Teksverse:

“Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer.” (Joh. 15: 120);

“So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Soos met die naoes van ‘n wingerdstok, sal hulle die oorblyfsels van Israel skoon afoes. Bring jou hand telkens terug na die lote soos een wat druiwe snoei!”.” (Jer. 6: 920);

Hoekom word ons gesnoei?

Wanneer ons toelaat dat God aan ons lewens kom snoei, in dankbare ontvanklikheid, beloof Hy vrugbaarheid en ‘n ryke oes in sy koninkryk en tot sy eer. Onder hierdie wonderlike sorg van die hemelse Tuinier, herstel die wonde wat die snoeiskêr gelaat het. Oral oor kan die prikkelende nuwe groei deurbreek, deur die weefselwonde.

Dit is die versekering dat God se snoeiskêr die gewenste gevolge in jou lewe laat gebeur. Gee jou oor aan die seer van die snoeiskêr van God, en Hy sal sy beloftes hou. Jy word bevry om ‘n lewe tot eer en verheerliking van God te kan lewe. Dit bring die vrede, wat alle verstand te bowe gaan. Dit laat jou besef dat ongemaklike en pynlike gebeure, maar net gebeur of toegelaat word, sodat jy ‘n beter jy kan wees in God se koninkryk.

Teksverse:

“Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.” (Joh. 15: 820);

“Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.” (Kol. 1: 620);

“…om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God.” (Kol. 1: 1020);

“Die saad wat egter op die goeie grond gesaai is, dit is hy wat hierdie woord hoor en begryp. En hy dra vrug – die een honderd-, die ander sestig- en die ander dertigvoudig.” (Matt. 13: 2320);

“…mag daar vrede wees by jou verdedigingswal, rustigheid in jou vestings. Ter wille van my broers en vriende sê ek graag: “Mag daar vrede in jou wees!”” (Ps. 122: 7-820)