26 Oktober
Liewe vriend,
Jy hoef nie jou gevoelens vir God weg te steek nie — Hy wil alles hoor. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Tema: Stort jou hart uit
Teks: “Vertrou altyd op Hom, my volk, stort julle hart voor Hom uit! God is vir ons ’n toevlug.” (Ps. 62:9)
- Van vroegoggend af kan jy na God roep en op sy Woord vertrou. (Ps. 119:147)
- Om jou hart voor God uit te stort, beteken om eerlik te wees oor wat regtig in jou aangaan.
- God skrik nie vir jou trane, jou kwaad of jou vrae nie — Hy luister.
- Skryf vandag ’n brief aan God oor alles wat op jou hart is.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek my hele hart by U kan uitstort — U luister altyd.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


