GEBEDSGIDS – AUGUSTUS 2026

Gebed - Biddende hande

1 Augustus – Saterdag – Winter

Here, gee my hierdie winter die begeerte om tyd vir U te maak en om  rustig te word in u teenwoordigheid. Mag die koue my elke dag  herinner aan U helpende hand en omgee. 

2 Augustus – Sondag – Nagmaal 

Here, seën ons waar ons aansit by U liefdesmaal om U Dood te herdenk  deur brood en wyn aan U tafel te geniet.

3 Augustus – Maandag – Die belangrikste

In Lukas staan daar ; “die belangrikste onder julle moet soos die  geringste wees en die een wat leier is, soos die een wat dien”. Help ons  asseblief Heilige Gees dat ons dit sal onthou en uitoefen. 

4 Augustus – Dinsdag – Ongevoelig

Here bewaar ons daarvan om ongevoelig te staan teenoor bejaardes,  armes, werkloses, hongeres en dakloses. 

5 Augustus – Woensdag – Helpende hand

Waar die winterkoue sy tol eis bid ek dat U my sal help om in liefde te  gee en ’n helpende hand uit te steek. 

6 Augustus – Donderdag – Ouderdom

Here, U is met ons op die laaste skof van ons pelgrimsreis en ons dank  U vir rustigheid, vrede, wysheid en die ervaring van baie jare. 

7 Augustus – Vrydag – Jeug

Ons bid dat ons jeug toegerus sal word met die wapenrusting van God  en dat U ewige Woord steeds ’n lig op hulle pad en ’n lamp vir hulle  voet sal wees.

8 Augustus – Saterdag – Magdalenahuis

Môre is daar ‘n spesiale offer vir die Magdalenatehuis. Kom ons gee  ook mildelik, en veral waar ons môre Vrouedag vier, dink ons ook aan  ongehude moeders wat deur moeilike besluite gaan.                                                     

9 Augustus – Sondag – Vrouedag

Dankie Here vir vroue en moeders wat U getrou dien op al die terreine  waartoe U hulle bestem het. 

10  Augustus – Maandag – Nuwe week

Here, aan die begin van die week bid ons dat Matt. 5:16 ook vir ons  waar sal word, dat ons lig so voor mense sal skyn dat hulle ons goeie  werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, sal verheerlik.

11 Augustus – Dinsdag – Die Woord van God

Here, maak ons getrou in die lees van die Bybel, getrou om daarna te  luister, ywerig om dit te bestudeer en doelgerig om dit te gehoorsaam. 

12 Augustus – Woensdag  – Vergifnis

Here, verander my deur U Heilige Gees en gee my die seën van U  vergifnis sodat ek nie môre weer met skaamte dieselfde dinge moet  kom bely nie. 

13 Augustus – Donderdag – Geestelike groei

Here, ek wil graag die pad van geloof en heiligmaking bewandel sodat  ek meer en meer aan U, my Hemelse Vader, gelykvormig sal word. 

14 Augustus – Vrydag – Die natuur

Ons wil vandag dankie kom sê dat ons woon in ’n deel van die land met  ’n pragtige natuurskoon en ek bid dat elkeen sal bydra tot die bewaring  daarvan. 

15 Augustus – Saterdag – Die dag van die Here

Dankie Here dat U ’n dag van rus geskep het sodat ons na ’n werksweek  vir ’n oomblik tot stilstand kan kom en saam met mede Jesus- volgelinge kan vergader. Laat ons dus môre U Woord noukeurig bestudeer.

16 Augustus – Sondag – Omgeebediening

Ons bydrae vandag word aangewend vir ons omgeebediening wat  soveel mense bedien met bydraes van kos en bediening van die Woord  van die Here. 

17 Augustus – Maandag – Lig vir die wêreld

Here vul ons harte en gemoed met U vreugde en vrede, sodat ons dit  elke dag kan uitstraal en vir die wêreld ’n lig kan wees.

18 Augustus – Dinsdag – Kerkraads Vergadering

Hemelse Vader, seën die bestuurskerkraad vergadering vanaand met  wysheid, eenheid en onderskeidingsvermoë, sodat elke besluit tot eer  van U naam en tot opbou van U Kerk sal wees. 

19 Augustus – Woensdag – Kalmte en gemoedsrus

Vader, in hierdie tye van spanning en gejaagdheid is dit ons gebed dat  die groen weivelde en rustige waters van Ps. 23 nie ‘n ydele droom sal  wees nie maar ‘n werklikheid wat bereikbaar is. 

20 Augustus – Radio Feba

FEBA-spanne werk hard om luisteraars deur persoonlike interaksie,  dissipelskapprogramme en kontak met plaaslike kerke te begelei. Dit  het duidelik geword dat baie gelowiges nie weet hoe om nuwe  bekeerlinge te help nie. Bid dat God aan FEBA die wysheid en  geleentheid sal gee om programme te ontwikkel wat hierdie behoefte  aanspreek.

21 Augustus – Donderdag – Verlange na kinders

Liefdevolle Vader, baie van ons verlang na ons kinders/familie wat ver  van ons woon. Beskerm hulle, hou ons harte naby mekaar en seën ons  met vreugdevolle hereniging op U tyd. Help hulle ook daar waar hulle  woon en werk om ‘n getuie vir U Naam te wees. 

22 Augustus – Saterdag – Die Erediens 

Joh. 12:35: As iemand my sien dan sien hy ook vir God wat My na die  wêreld gestuur het. Here, seën die erediens môre met U  teenwoordigheid, lei die leraar met elke woord en lied. Raak elke hart  aan tot eer van U Naam. 

23 Augustus – Sondag –  Bybelverspreiding

Bid vandag vir oop harte en hande vir die mense en instansies wat  Bybels vertaal en versprei. Ons bid dat die mense wat Bybels versprei  veilig sal wees en dat die vertalers die regte insig in die Woord sal kry. 

24 Augustus – Maandag – Geduld

Vader, gee ons die geduld om U tyd te vertrou, kalm te bly in uitdagings en met liefde en wysheid op te tree.

25 Augustus – Dinsdag –  Siekes

Vandag dink ons aan almal wat siek is, dalk terminaal, en ons vra dat U liefde en omgee raakgesien sal word in die vriende wat omgee en bid vir ons siekes in ons gemeente en in ons onderskeie vriendekringe. Mag ons U Wonderdade raaksien en dankbaar U bedank.

26 Augustus – Woensdag – Jesus-gebed

“Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie sal begewe nie”. Gees van Genade, asseblief help my geloof, tree vir my in, bevry my sodat ek gelowig sal glo en dankbaar sal wees.

27 Augustus – Donderdag – Reën en koue

Dankie Here vir reën en koue en tyd om te lees sodat ons kan energie opgaar vir ‘n nuwe tyd van groei.

28 Augustus – Vrydag – Polisiemag

Naweke veral word daar swaar op ons polisiemag geleun om orde te handhaaf. Ons bid vandag dat U hulle sal veilig hou en sal help dat ons dorp rustig sal wees.

29 Augustus – Saterdag –  Luister

Here, wanneer U praat, maak my gevoelig vir U woord en opdragte. Leer my om my volle aandag te gee en gewillig te wees om met volle vertroue U woord en rigting te volg soos U dit aandui.

30 Augustus – Sondag – Bediening aan Dowes

Dowes het ‘n unieke aanslag nodig om die Woord te verstaan en sal die bediening aan dowes ook heeltemal verskil van die normale, horende se getuienis.

31 Augustus – Maandag – Getuienisbediening

Here, daar wag ’n wêreld op my getuienis en as U vra, “Wie sal ek stuur? Wie sal ons Boodskapper wees?”, laat ons antwoord tog wees soos dié van Jesaja, “Hier is ek! Stuur my!”       

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Julie 2026 – Bly getrou tot die einde

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

26 Julie

Bly getrou tot die einde.

Tema: Bly getrou tot die einde

Teks: “Israel het die Here bly dien tydens die lewe van Josua …” (Jos. 24:31)

  • Getrouheid hou jou lewenskragtig. (Ps. 92:15)
  • Goeie voorbeelde maak ’n verskil.
  • Klein daaglikse keuses bou ’n getroue lewe.
  • Hou jou woord en leef opreg.

Gebed

Liewe Vader, maak my bekwaam om eerlik te wees en my woord te hou.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Daar is plek vir almal…

Laat julle harte nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei.

(Joh. 14: 1-220)

Bekering

Wanneer ‘n mens nie in ‘n gelowige huis groot word nie, is die woord bekering ‘n baie vreemde konsep. Want, bekering is om tot die besluit gedring te word om alles wat jy het aan Christus toe te wy. Ons moet dus tot die besef kom dat ons lewe nie in ooreenstemming met God se wil is nie, en van daar ‘n totale omkeer maak na God toe. Dit kan ‘n drastiewe ommeswaai in lewensstyl en uitkyk in die lewe tot gevolg hê.

Selfs wanneer mens in ‘n gelowige huis grootgeword het, is ons as mens nog altyd geneig om so dikwels die verkeerde paaie te kies. Soos Koos du Plessis dit so mooi gestel het: “Elke afdraaipaadjie ken ek…”. Bekering kan in ‘n oomblik plaasvind, maar die pad na volkome toewyding kan lank en moeisaam wees. Want die verleidings om ons kan ons aandag maklik aftrek van God af.

Willie Jonker stel dit so mooi: ‘Bekering beteken dat ‘n mens in jou hart ‘n doelbewuste keuse vir God en sy wil en téén die kwaad en die sonde doen. Dit gaan om ‘n koerswysiging van 180 grade’ en dat dit ‘‘n verandering in feitlik enige situasie bring en die weg open vir ‘n nuwe toekoms’.

Ook Benjamin Whichcote stel die impak van bekering baie goed: ‘Ons verkry nie toegang tot die hemel in die uur van ons dood nie, maar op die oomblik van ons bekering’.

Teksverse:

As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien sal die Vader hom eer.” (Joh. 12: 2620);

Thomas sê vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My leer ken het, sal julle ook my Vader ken. En van nou af ken julle Hom, en het Hom reeds gesien.” (Joh. 14: 5-720);

Want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag;….” (Hand. 15: 1120)

Geloof

Wanneer ons deur die genade tot bekering gedring word, is dit ‘n opwindende nuwe pad wat ons vat. Dit leer ons uithouvermoë en die opwindende bystand van die Heilige Gees wat ons lei; elke liewe dag. Sonder die Vader se liefde wat dit vir ons moontlik gemaak het om verlos te word, deur Jesus Christus se liefdesdaad, en die bystand van die Heilige Gees se leiding, kan ons nie in ons menslike swakheid die geloofspad loop nie.

Dit is noodsaaklik dat elke mens, wat God gevra het vir vergifnis, hul afhaklikheid van God se nabyheid, elke liewe dag moet besef. Die vreugde van die nabyheid van God, wat belowe dat Hy ons nie uit sy hand sal laat ruk nie, gee ‘n rustigheid en vrede wat mens se verstand te bowe gaan.

Om volkome tot geloof te kom is soms ‘n lang pad, maar elke tree is die moeite werd. Leer die Woord van God ken, waarin alle waarheid vasgelê is.

Die Vader het baie wonings, wat Jesus Christus reeds voorberei het, vir almal wat in Hom glo.

Teksverse:

Glo jy dan nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek vir julle sê, sê Ek nie uit Myself nie, maar dit is die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo My dat Ek in die Vader en die Vader in My is; of glo dan op grond van die werke self.” (Joh. 14: 10-1120);

Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.” (Ps. 86: 1120);

Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal tot in ewigheid nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” (Joh 10: 28-3020)

Christus se voorbereiding

Jesus Christus self het vir elkeen wat in Hom glo plek gaan voorberei. Hy staan in vir ons by die Vader. Hy verseker ons dat daar baie woonplek is. So, elkeen wat Hom volg, kan verseker wees van woonplek in die Nuwe Jerusalem.

Teksverse:

En as ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar ek is. Julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan. ” (Joh. 14: 3-420);

Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My kan wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My van voor die grondlegging van die wêreld liefgehad het.” (Joh. 17: 2420);

Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!” (Ef. 2: 4-520);

Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie. En Ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal…” (Open. 21: 1-220);

Maar ons verwag, volgens sy belofte, nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, waar geregtigheid woon.” (2 Pet 3: 1320)

Afkondigings 26 Julie 2026 – 2 Augustus 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 26 Julie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 8:26-39.
  • Die tema van die prediking is:LIEFDE in die oortreffende trap.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

DEURKOLLEKTE

Gemeentebegeleiding se roeping is om gemeentes te ondersteun om in uitdagende tye te floreer en te blom. Deur verskeie instrumente help ons leiers om diep na die Woord en hul gemeenskap te luister, sodat hulle onder leiding van die Gees God se voorkeurtoekoms vir hul gemeente kan onderskei.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 31 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 31 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Woensdag 29 Julie 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.

Sondag 2 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling (NGGO) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 35, asook die antwoorde vir nommer 34 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bloedskenk sê Dankie

Bloedskenk Dankie 23 Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bloedskenk Dankie 23 Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Eiendomsbediening

Eiendomsbediening Daklek Terugvoer NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbediening Daklek Terugvoer NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50 Pannekoek

Klub 50 Pannekoek Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Pannekoek Julie 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Kerk kombuis

Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier

VGK Friemersheim Projek: Voed met die Woord

VGK Friemersheim - Dagstukkie Boeke NG Kerk Groot-Brakrivier
VGK Friemersheim – Dagstukkie Boeke NG Kerk Groot-Brakrivier

Frank Opperman – Reunie 22 Augustus 2026

Frank Opperman Reunie 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Frank Opperman Reunie 22 Aug 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Niger

“En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus Christus kom. Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen” (1 Tess. 5:23-24 Afr20).

In Niger ontvang FEBA-luisteraars dikwels teenstand nadat hulle tot bekering kom. Hamma, wie se hele familie Moslem is, was diep geraak toe hy FEBA Niger se program in Gourmanchema, sy moedertaal, gehoor het. Na die tyd het hy die omroeper gekontak. “Hy het my gehelp om my lewe vir Jesus te gee. Van toe af het my lewe verander. Maar ek benodig gebed, want dinge tussen my en my familie het moeilik geraak.”

Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars soos Hamma in geloof sal groei en hul families na Christus sal lei.

Gebeure in en rondom ons gemeente

Vroue oggend Tee Ansie Fourie NG Kerk Groot-Brakrivier
Vroue oggend Tee Ansie Fourie NG Kerk Groot-Brakrivier
Manne Ontbyt - Stephan Joubert NG Kerk Groot-Brakrivier
Manne Ontbyt – Stephan Joubert NG Kerk Groot-Brakrivier
NG Moedergemeente Mosselbaai Kaas en Wyn NG Kerk Groot-Brakrivier
NG Moedergemeente Mosselbaai Kaas en Wyn NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 26  Julie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 26 Julie 2026, deur ds Leon Cronje.
  • Getuienisbediening:
    • Nuusbrief van Missie Japan: Oorgangstye.
  • Bybelstudiereekse:
    • Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Daar is plek vir almal…”.
  • Gemeentenuus:
    • Kort oorsig oor die ‘Christmas in July’ funksie van die ondersteunings-bediening en Seeds of Hope.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Julie 2026 – Kies vir wie jy wil leef

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

25 Julie

Kies vandag wie jy wil dien.

Tema: Kies vir wie jy wil leef

Teks: “… kies dan vandag wie julle wil dien … Maar ek en my familie, ons sal die Here dien.” (Jos. 24:15)

  • Dien die Here met blydskap. (Ps. 100:2)
  • Jy kan nie twee here dien nie.
  • Kies elke dag bewustelik vir God.
  • Staan vas in jou keuse.

Gebed

Liewe Vader, gee my die dapperheid om openlik net vir U op te staan.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Julie 2026 – Waar kom jou hulp vandaan?

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

24 Julie

Waar kom jou hulp vandaan?

Tema: Waar kom jou hulp vandaan?

Teks: “Julle voorvaders het na My geroep om hulp …” (Jos. 24:7)

  • Jou hulp kom van die Here, Skepper van hemel en aarde. (Ps. 124:8)
  • Roep eerste na God wanneer jy swaarkry.
  • Soos Hy vorige geslagte gehelp het, help Hy jou vandag nog.
  • Soek eerste Sy leiding, dan kan jy optree.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd na U kan roep in moeilike tye.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Julie 2026 – Wees altyd naby die Here

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

23 Julie

Wees altyd naby die Here.

Tema: Wees altyd naby die Here

Teks: “… en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.” (Jos. 24:1)

  • Dit is goed om naby God te leef — daar is jy veilig. (Ps. 73:28)
  • Jy hoef niks weg te steek nie — Hy ken jou.
  • Laat jou lewe wys dat jy in Sy teenwoordigheid leef.
  • Jy word ’n stille getuienis vir ander.

Gebed

Liewe Vader, help my om so te leef dat ek nie skaam hoef te wees vir wat ek dink, sê of doen nie. In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Sendingnuus – Missie Japan – Oorgangstye

Missie Japan - 2026-07-22 NG Kerk Groot-Brakrivier

Beste ,

Oorgangstye kan tegelyk vol onsekerheid en opwinding wees. Groot veranderinge bring nuwe uitdagings, én vars geleenthede. Ons beleef tans iets daarvan …

Ek is oppad terug na Japan ná ‘n blitsbesoek aan Suid-Afrika. Die hoofdoel was om ‘n konferensie by te woon van die International Association for Mission Studies, by UNISA in Pretoria. Dit was ‘n betekenisvolle geleentheid vol nuwe ontmoetings en leersame gesprekke, waar ek ook kans gehad het om ‘n aanbieding te doen. Verder kon ek ook ‘n paar van Missie Japan se leiers ontmoet tussendeur, en het ek gepreek by NG Riviera-Jakaranda gemeente in Pretoria. ‘n Bemoedigende ervaring!

Maar ek kon ook ‘n rukkie by my ouers (albei in hulle 80’s) vertoef om hulle te ondersteun in hulle groot skuif na ‘n aftree-oord in Jeffreysbaai, waar meer versorging en ‘n kleiner leefruimte beskikbaar geword het. Ons is baie dankbaar en die drie dae saam was kosbaar.

Oppad na Suid-Afrika het ek ‘n ekstra dag vertoef om ‘n span van Singapoer te ontmoet (foto bo) en meer oor ons werk te deel. Dis ‘n groep saam met wie ek verlede jaar in Kanazawa ondersteuningswerk gedoen het ná die aardbewing daar. Hulle gasvrye ontvangs en geesdrif om in Japan betrokke te wees, was besonders.

Die ander oorgang wat ons deurleef is Annlie, ons oudste dogter, se skuif na universiteit. Sy is slaggereed vir die nuwe, groot tree op haar lewenspad. Carina verdien alle krediet, saam met Annlie, vir meer as ‘n dekade van toewyding, opoffering en vasbyt! Genade op genade. Eerder as wat ek nou iets verder kwytraak, lees gerus hieronder wat Annlie self geskryf het oor haar ervarings tot hier en haar verwagtinge van wat voorlê.

Intussen maak ons as gesin ‘n ander oorgang … na rustyd. Ons jaarlikse verlof is om die draai en ons sien baie uit na ‘n kans om te herlaai, te reflekteer en met vars krag terug te keer na Kobe. Met die huidige hittegolf in Japan is dit dalk bietjie makilker gesê as gedaan, maar ons gaan dit beslis ‘n ‘go’ gee!

Bid saam met ons vir die Here se sorg en leiding in:

  • Die uitdagings/geleenthede op die pad vorentoe vir ons ouers, en Annlie.
  • KRTS studente wat landwyd besig is met afloswerk in gemeentes (Jul – Aug).
  • Ons tyd van verlof, rus, gemeenskap met mede-sendelinge in Sendai area.
  • Bedieninge van De Wets in Tokushima-Wes gemeente en wyer Shikoku ring. Hulle sluit later by ons aan vir hulle verlof.
  • Onderskeiding en helderheid oor die aard van ons bediening, saam met Missie Japan se leierksap (bestuursvergadering einde Julie).
  • Nuwe teologie studente wat die groot behoefte aan gemeenteleiers in die RCJ kan aanvul.

Seën en sterkte met die nuwe kwartaal wat pas aangebreek het in Suid-Afrika.

Met diep waardering vir elkeen wat bid, bydra, versorg en omgee.

Stéphan, Carina en gesin

Missie Japan - 2026-07-22-1 NG Kerk Groot-Brakrivier
Missie Japan – 2026-07-22-1 NG Kerk Groot-Brakrivier

Annlie remembers and looks ahead

    I was homeschooled in Japan. This already makes me peculiar. I am also often the only foreigner and Christian in my environment. Contrary to what people might presume, these very factors, with the help of my family and community, are what really shaped me into who I am today.

When I was small, I was always acutely aware of how different I was from all the Japanese around me and how I stood out without having to do anything. I often didn’t understand what people were talking and laughing about and I never said anything without being absolutely sure that I wasn’t making a mistake in Japanese. But I have always liked challenging myself. Feeling a great desire to be able to understand and be understood, I often forced myself to go to camps or to interact with people. Because of all the activities, I grew in my ability to make friends with people of all ages, I lost a lot of my fear of performing in front of other people, and I realized that I don’t have to be afraid to make a mistake because everyone already accepted me as a member of God’s family. Much different than my younger, uncertain self, today I would proactively go out to start friendships and readily accept any ministry that I can do.

My family has always been an integral part of my life. I have three younger brothers, and like the barefoot children of Africa whose feet become almost bulletproof on the rough red roads, I became stronger by running around with them. Surprisingly, however, at the same time I also somehow developed a great love for beauty — I painted, made dresses, played the piano, and most especially loved to dance. Being the only other woman in the house and my teacher, my mother and I have a very intimate relationship, and she taught me how to think critically and to always examine every possible angle of a problem. My father, on the other hand, always knew what I was feeling without me saying anything, and he would often remind me to go outside or rest, testifying to the benefits of balance through his own life as well. In the end I have come to realize how powerful a loving, robust family can be. Although it is hard, I can definitely say that I have become more patient through my family, and it is true what Jesus says—if you are faithful with little, you will be given much.

A vital part of my community is our home church in Kobe. Our church is very small and there were times when it was only us at Sunday School. Often, I found the sermons to be beyond my comprehension, the liturgy too stiff and everything moving just too slowly for me. At the time I did not realize how big an impact our sizeable family of six made on the church, but everyone always seemed to love having us there. As I got older, however, I started to become friends with all the older ladies of the church, and I even opened a sewing and knitting club where the ladies would teach me how to make things while they talked about their daily struggles and sipped some tea. Through them I have discovered what a privilege it is to have such wise and supportive older friends, but also what a big difference I can make in their lives as well. I still regularly go to their homes to encourage and perhaps bring a little bit of sunshine into their otherwise lonely lives.

There are few things in life that mould people as much as real-life relationships. In this technologically advanced but lonely world today, I feel the indispensability of flesh and blood relationships all the more strongly. Most importantly, my environment has taught me how to have confidence. It is not from what I have achieved, but from an inward joy that believes that the joy of the Lord is my strength.

My goals for my tertiary studies at Tokyo Christian University (TCU) are to cultivate a thorough understanding of the Bible from a wide array of subjects so that I may be fully equipped to work in ministry, as well as to meet a lot of new people from various countries so that I might develop strong ties between Japan and the rest of the world. Building life-long relationships with people with whom I can serve the Lord and my neighbour is very important for me. The course I am planning to take at TCU is mainly a liberal arts course based on a biblical worldview. Not many people understand what a liberal arts course entails today, and many may view the phrase quite negatively. Ironically, however, a traditional liberal arts course may be getting increasingly more relevant to our technologically driven and AI-powered world today. People who can think critically and discern what is true and what is false are much needed. People who can serve other humans in a holistic way, from a whole range of viewpoints are essential.

I think it is an amazing privilege to study liberal arts with the wide range of topics and future opportunities it presents. Because of my many interests, delving deeper into a variety of subjects would really help me to develop a solid basis first so that I will be able to discern more clearly where I should specialize in the future.

One of my future aspirations is to work with kids, possibly helping orphans or children who have physical or mental problems or problematic issues in their homes. I would also like to be able to use the interests I have in art, music, crafts, dance, plants, and photography to engage children in activities that could help them therapeutically or provide them with a safe space where they know they can be themselves. I am very much interested in the possibility of becoming a teacher where I can freely educate children from a biblical perspective.

Oase Gemeente – Jesus musiek video met lirieke

Oase Gemeente - Jesus musiek video met lirieke

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Julie 2026 – Bly op die pad van die Woord

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

22 Julie

Bly op die pad van die Woord, selfs al kos dit moeite.

Tema: Bly op die pad van die Woord

Teks: “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie.” (Jos. 23:6)

  • Hou jou oog op die Here — Hy is aan jou kant, en daarom sal jy nie wankel nie. (Ps. 16:8)
  • God se Woord wys jou die regte pad. Bly daarop en moenie afwyk nie.
  • Die Heilige Gees help jou om reg te leef.
  • Klein gehoorsame keuses hou jou op koers.

Gebed

Liewe Vader, maak my gehoorsaam aan U Woord. Ek is gewillig om U te gehoorsaam.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Julie 2026 – Vertrou God soos ’n kind

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

21 Julie

Jy hoef nie alles alleen te dra nie — jy mag soos ’n kind op jou Vader vertrou.

Tema: Vertrou God soos ’n kind

Teks: “… en hulle het hulle plekke kom inneem in die teenwoordigheid van God.” (Jos. 24:1)

  • Dit is vir jou goed om naby God te leef — daar, in Sy teenwoordigheid, is jy op die veiligste plek. (Ps. 73:28)
  • Voor God is alles oop en bloot. Jy hoef niks weg te steek nie — Hy ken jou en het jou lief.
  • Gee elke dag jou laste vir Hom, soos ’n kind wat op sy ouers vertrou.
  • Hoe meer jy Hom vertrou, hoe rustiger word jou hart.

Gebed

Liewe Vader, draai my hart weer na U toe. Help my om U te vertrou soos ’n kind sy ouers ten volle vertrou.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.
Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Julie 2026 – Die onmoontlike word moontlik

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

12 Julie

My wens vir jou is dat jou oë vandag sal oopgaan vir die wonders wat die Here doen. Ontvang vandag die Woord.

Tema: Die onmoontlike word moontlik

Teks: “Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdryf.” (Jos. 19:50)

  • Met jou God aan jou sy kan jy selfs oor ’n muur spring — niks is vir Hom onmoontlik nie. (Ps. 18:30)
  • Vrees en bekommernis maak ’n mens se las net swaarder en laat jou perspektief verloor.
  • Raak bewus daarvan dat God die Groot Generaal van jou lewe is.
  • Jou situasie is nooit groter as God nie — Hy maak die onmoontlike moontlik.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U groter is as al my probleme.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Julie 2026 – Kyk saam met God vorentoe

Dagstukkies April

Julie — Josua en Rigters

19 Julie

My gebed is dat jy vandag eers stil sal raak en die Here se wil sal soek. Hier is ’n boodskap uit die Bybel net vir jou.

Tema: Kyk saam met God vorentoe

Teks: “Julle het gesien wat die Here julle God alles aan hierdie nasies gedoen het ter wille van julle. Dit is Hy, die Here julle God, wat die oorlog vir julle gevoer het.” (Jos. 23:3)

  • Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar — jou kom en gaan, nou en altyd. (Ps. 121:7–8)
  • By God is jy altyd veilig.
  • Kyk net ’n bietjie na alles wat Hy reeds vir jóú gedoen het.
  • Wanneer jy bang voel, onthou: dieselfde God wat jou tot hier gedra het, sal jou help wanneer jy Sy planne uitvoer.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd veilig in U hande is.
In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Genade en Waarheid

En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.

(Joh. 1: 1420)

Genade

Ons hoor dikwels dat die evangelie genade alleen is. Dit is ‘n wonderlike gedeeltelike waarheid, waaraan ons so maklik vashou. Maar as ons net die genade alleen beklemtoon, sonder om ook tot die besef te kom, dat ons nie die sonde kan negeer nie, laat ons foute toe wat vir God onaanvaarbaar is. Dit kan lei tot die gebruik om onsself hoër te ag as God se eer.

Dit word dikwels deur die bekende manier van Christene, wat tog net nie wil aanstoot gee nie, gekenmerk. Ons wil net die vrede bewaar, en dan laat ons dikwels valshede toe, wat tot valse gerustheid in ons Christenwees lei. Dit kan tot die spreekwoordelike ‘kat op ‘n warm-wordende plaat’ lei, deurdat dit kan lei tot ‘ontoelaatbare’ gedrag, wat aanvaar word, ten koste van die waarheid.

Die evangelie van Jesus Christus is beide genade en waarheid.

Teksverse:

Ja, ‘n son en skild is die Here God; genade en eer is wat die Here skenk. Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef.” (Ps. 84: 1220);

Met spotters spot Hy self, maar aan magteloses skenk Hy genade.” (Spr. 3: 3420);

Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.” (Joh. 1: 16-1720);

Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.” (Hand. 15: 1120);

Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!” (Ef. 2: 4-520)

Waarheid

Volgens Stephan Joubert: ‘Wanneer kerkmense slegs die waarheid kil en kou beklemtoon, raak hulle gou-gou liefdeloos en onsimpatiek’. Dit is ‘n toestand wat die gelowiges ten alle koste moet vermy.

Die aanhaling van Braam Hanekom is ‘n waarheid wat ons nie kan agter weë kan laat nie: ‘Geen verhouding kan blom as die waarheid nie vrylik gedeel kan word nie. Waar eerlike en egte kommunikasie om een of ander rede gesmoor of geïnhibeer word, kan jy maar seker wees dat verhoudings gaan kwyn.’

God is waarheid, en sy liefde en trouheid bewys dit keer op keer. Ons kan nie sonder hierdie waarheid leef nie. Ons moet egter ook besef dat daar straf aan verbonde is, wanneer dinge nie die waarheid reflekteer nie. Dit moet in opregtheid en liefde vir mekaar toegepas word, net soos die Vader ons in liefde bejeën het, en besef het ons is te swak. Van daar die wonderlike genadegawe van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Teksverse:

Die Here het reg voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Die Here, die Here, ‘n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid, wat troue liefde vir duisende bly handhaaf, wat skuld, oortreding en sonde vergewe, maar wat beslis niks ongestraf laat nie, …”” (Eks. 34: 6-720);

Salomo het gesê: “U self het aan u dienskneg, my vader Dawid, oorvloedige troue liefde bewys, omdat hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U…”” (1 Kon. 3: 620);

Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.” (Ps. 86: 1120);

Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die Here vermy ‘n mens die kwaad.” (Spr. 16: 620);

En ek Nebukadnesar, besing en verheerlik en eer nou die Koning van die hemele, omdat al sy werke waarheid is en sy paaie reg, omdat Hy hulle wat met trots rondloop, kan verneder.” (Dan. 4: 3720);

Dit is wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei.” (Sag. 8: 1620

Genade en Waarheid bring hoop

Die evangelie is genade en waarheid! Jesus Christus self was die genade en waarheid wat as mens hier op aarde vir ons foute kom sterf het. Hierdie een daad van God het dit vir elkeen van ons moontlik gemaak om die verlossings genade te ontvang. Ons is vrygemaak. Ons het egter ook ‘n verantwoordelikheid om mense in liefde tereg te wys, wanneer nodig.

Deur eerlik en opreg, en met ‘n omgee liefde, met iemand oor moontlike ontoelaatbaarhede te gesels, moet aanmoediging tot die hoop in Jesus Christus wees. Laat ons dus nie veroordelend wees nie, maar mekaar sagmoedig hanteer, sodat ons almal se lewenswyse tot eer van God kan wees.

Teksverse:

Deur Hom het ons in geloof ook toegang verkry tot hierdie genade waarin ons vasstaan, en ons beroem ons op die hoop om deel te kan hê aan die heerlikheid van God.” (Rom. 5: 220);

Maar die genadegawe is nie soos die oortreding nie. Want as deur die oortreding van een mens baie gesterf het, het die genade van God, ja, die genadegawe wat deur die een mens, Jesus Christus, gekom het, vir baie mense nog soveel oorvloediger geword. En die genadegawe is nie soos gevolg van een mens se sonde nie; want die oordeel oor een mens het tot vryspraak van baie oortredings gelei.” (Rom. 5: 15-1620);

En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.” (2 Kor. 9: 820);

God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh. 4: 2420);

Toe het Jesus vir die Jode wat Hom geglo het, gesê: “ As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”” (Joh. 8: 31-3220);

Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei… ” (Joh. 16: 1320)

Nuusflitse Week 30+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 19 Julie 2026 : Erediens om 10:00 GEEN Kleuterkerk en GEEN Kategese nie.
Woensdag 22 Julie 2026 – Kooroefening 16:45.
Woensdag 22 Julie 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood.
Woensdag 22 Julie 2026: Christmas in July.
Donderdag 23 Julie 2026: Bloedskenk 14:00-19:00
Sondag 26 Julie 2026 : Erediens om 10:00 – Kategese & Kleuterkerk.
5 Augustus 2026: Klub 50 Pannekoek 10:00
22 Augustus 2026 – Frank Opperman


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 19 – 26 Julie 2026

Lief en Leed Week 30 van 2026

Lief en Leed

Sterftes

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van
Gerhard de Villiers (Rheebokvillage) wat Maandagaand (13 Julie) oorlede is. Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

Verjaarsdae

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Verjaarsdae Week 29 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 29 NG Kerk Groot-Brakrivier