“Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.”
Tim 6: 17
Vir elkeen van ons, is die idee van geniet, heel moontlik verskillend. Een mens hou van kuier, lag en gesels, ‘n ander van hardloop en oefen tot die sweet hom of haar aftap, terwyl ‘n ander van stil-in-‘n-hoek sit en lees hou, om maar enkele teenstrydige genietinge te noem. God het ons elkeen op ‘n pad geneem, wat maak dat ons enig is in ons genietinge, ervaringe en waarmee ons ons besig hou. Ons worstel dikwels met die vraag: “Mag ons die lewe geniet?” Die antwoord lê heel moontlik daarin: “Wat ons as genieting beskou?” Is dit tot ondersteuning en uitbou van die Koninkryk? Is dit ten koste van ander, of is dit tot opbou van ander?
Hoe kan ons weet of ons genietinge aanvaarbaar is voor God. Ons kry gedeeltelike antwoorde in Prediker, wat ‘n baie siniese uitkyk op die lewe het. Vir hom het al sy wedervaringe, ervaringe en genietinge geen blywende vreugde gebring nie en het hy dat as sinloos beskryf; tog wys hy daarop dat as dit uit die hand van God gegee word, kan jy dit meet oorgawe doen (“Gaan eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal jou dade goedgekeur. Laat jou klere altyd wit wees, laat jou kop nie sonder reukolie wees nie. Geniet die lewe saam met die vrou wat jy liefhet, al jou sinlose dae wat Hy vir jou gegee het onder die son, al jou sinlose dae; want dit is jou beloning in die lewe by jou inspanning waarmee jy jou afsloof onder die son. Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe;…” (Pred. 9: 7-10); (“Om te lag, het ek gesê, is onsinnig, en oor plesier, wat lewer dit op?” (Pred. 2: 2); (“’n tyd om te huil en ‘n tyd om te lag; ‘n tyd om te rou en ‘n tyd om te dans;” (Pred.3: 4); (“Daar is niks beter vir die mens as dat hy eet en drink en sy keel laat geniet wat goed is nie. Ook dit het ek ingesien: Dit is uit die hand van God, want: “Wie kan eet en wie kan geniet sonder My.”” (Pred. 2: 24-25)).
Verder uit Prediker blyk dit dat ons eerder moet swaarkry en huil (“Verdriet is beter as lag, want met ‘n droewige gesig gaan dit goed met die hart. ” (Pred. 7: 3); (“Gelukkig is julle wat nou honger ly, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag.” (Luk. 6: 21); (“Weeklaag en treur en huil! Laat julle lag in droefheid verander, en julle blydskap in somberheid.” (Jak. 4: 9)). Selfs Christus noem dat ons beter af is as ons hartseer is (“Gelukkig is julle wanneer mense julle haat en verstoot en uitskel en julle name deur die modder sleep ter wille van die Seun van die Mens. Wees bly op daardie dag, en spring op van vreugde, want kyk, julle beloning in die hemel is groot. Hulle voorvaders het immers die profete net so behandel.” (Luk. 6: 22-23)).
Daar is tog ‘n wete wat vir ons vreugde kan verskaf en ons in vreugde en met die nodige dankbaarheid kan laat leef en dus ook geniet (“Ook het julle met die gevangenes medelye gehad, en die beslaglegging van julle besittings met vreugde aanvaar, omdat julle weet dat julle ‘n beter en blywende besitting het.” (Heb. 10: 34)). Daar is so dikwels mense, wat vir ons, soms om onverstaanbare redes, ‘n lewensvreugde in hulle dra (“Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die gemeentes in Macedonië gegee is: dat hulle, te midde van swaar beproewings as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in ‘n rykdom van vrygewigheid van hulle kant af.” (2 Kor. 8: 1-2)). Ons moet besef dat die blywende vreugde wat ons in soveel ander mense sien, kom uit die besef dat hulle nietig is in God se oë, want hulle het tot die besef gekom dat die geboorte van Christus werklik ‘n blywende vreugde na hierdie aarde gebring het (“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle ‘n goeie boodskap wat vir die hele volk ‘n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.” (Luk. 2: 10-11)). Daarmee saam het ons die Heilige Gees wat ons gedurigdeur bystaan, sodat ons in vertroue die dinge kan geniet wat uit die genade deur God aan ons gegee is (“As julle ter wille van Christus se naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus.” (1 Pet. 4: 14); (“Al die heidennasies het Hy in vorige geslagte toegelaat om op hulle eie paaie te gaan, maar tog het Hy geen onduidelike getuienis van Homself gegee nie, deur goeie dinge te doen: Hy het uit die hemel aan julle reën en vrugbare seisoene gegee, en julle liggame met kos en julle harte met vreugde gevul.” (Hand. 14: 16-17)).
Dan sal ons ook soos in Jesaja met blydskap en vreugde kan leef, en elke gawe uit God se hand kan geniet (“dié wat deur die Here vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete – met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig, en verdriet en ‘n gesug sal wegvlug.” (Jes. 35: 10); (“Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet. Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, omdat dit deur die woord van God en gebed geheilig word.” (1 Tim. 4: 3-4)).
Selfs Job en die Psalmdigter het besef waar die vreugde lê (“Ja, dan sal jy jou vreugde vind by die Almagtige, en jou gesig na God ophef.” (Job. 22: 26);(“Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die Here, wat groot vreugde vind in sy gebooie. ” (Ps. 112: 1-2)). As ons besig bly, in nederigheid en ootmoed voor God, is daar vreugde en genieting in jou werk en alles wat jy doen (“Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, want dit is sy beloning. Ja, wie kan hom daartoe bring om te sien wat ná hom sal gebeur.” (Pred. 3: 22), en die kos wat jy eet (“Hulle almal sien op na U om vir hulle kos te gee op tyd. Gee U vir hulle, raap hulle dit op; maak U u hand oop, word hulle versadig met wat goed is.” (Ps. 104: 27-28)). Christus belowe ons dat Sy las lig is, as ons na Hom toe keer (“Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belaas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig.” (Matt. 11: 28- 30)).
Hoe kan ons nie die genadegawes wat ons uit God se hand ontvang, geniet nie? Ons moet dit net in opregtige dankbaarheid ontvang (“Aangesien julle dus Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.” (Kol. 2: 6-7)), en die Heilige Gees sal ons ook hierin lei in die woorde van Christus (“Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het.” (Joh. 14: 26)).
Historiese Oorsig NG Kerk Groot-Brakrivier 1924 – 2025
Inleiding
Groot-Brakrivier is ongeveer 25 km noordoos van Mosselbaai en die dorp is in die vloedvlakte van die Groot-Brakriver se seemeer ontwikkel, onder die 50jaar vloedlyn. Die Groot-Brakrivier ontspring in die hange van die Engelsberg en Jonkersberg (die Varingsrivier) in die Outeniqua Bergreeks en vloei redelik reguit, na net ongeveer 25 km, suid na die Indiese oseaan, strooaf van die Wolwedans dam, wat in 1989 voltooi is. Die verhoogde plato, bokant die dorp is tussen 150-300 m bo seevlak. Die naam van die rivier is ontleen aan die hoë soutgehalte van die gety-gebonde seemeer wat dikwels toegespoel word.
Kerke in Suid-Afrika
Mosselbaai was die eerste plek in Suid-Afrika waar ‘n Christelike kerkie, in die vorm van ‘n drie-muur klipgeboutjie, deur die Portugese seevaarder, João de Nova in 1501, gebou is. Eers in 1652 is die Christelike gereformeerde geloof in Suid-Afrika deur die aankoms van Jan van Riebeeck, en sy geselskap aan die Kaap, gevestig. Dit het gelei tot die stigting van die eerste kerk aan die Kaap met predikant, ouderlinge en diakens in 1655. Die Sondagdienste is gelei deur ds. Johannes van Arckel in die Fort, totdat ‘n eerste kerkgebou in 1704 in die Kaap voltooi is.
Die eerste permanente kergeboue in Suid-Afrika is te Stellenbosch (1687), Drakenstein (1691), Tulbagh (1743), Swartland (1792) en Swellendam (1798) gevestig. Honderd en sestig jaar na Stellenbosch gemeente se begin, in 1813, stig die George-gemeente af van Swellendam. Die eerste sinode kom tot stand in 1824 met reeds 14 bestaande gemeentes van die Nederduits Gereformeerde Kerk. In 1845, stig Mosselbaai-gemeente af.
Die eerste Trekboere het egter reeds in 1720 in die omgewing van die Groot-Brakrivier gevestig. Hulle was nog lidmate van die Stellenbosch-gemeente, en kon slegs met ossewa-trekke en met lang tussenposes, aan hul geloofsbehoeftes (Nagmaal, doop, troues en begrafnisse) voldoen. Reeds in 1762 was blankes woonagtig, binne die gemeente grense van 1985. Pieter Terblanche het in 1762 op die leen-plaas Rheboksfonteyn begin boer en in 1779 die plaas Zorgfontein bekom.
Teologiese Opleiding
Die eerste Teologiese Kweekskool (Seminarium) in Suid Afrika is in 1859 op Stellenbosch gestig, om te voorsien in die behoefte van predikante. Verdere Teologiese Fakulteite is in 1937 (Universiteit van Pretoria) en 1978 (Universiteit van die Oranje Vrystaat) ontwikkel. Die Sinode van Wes-Kaapland bestaan uit 228 gemeentes wat in 25 ringe georganiseer is.
2. “Uit ‘n oorvloedige Hand…”
Ontwikkeling van Groot-Brakrivier
Die ontwikkeling van Groot-Brakrivier het met rasse skrede gegroei na die aankoms van Charles Searle en sy vrou wat op 31 Desember 1859 hul intrek ingeneem het in die tolhuis by die laagwaterbrug oor die Groot-Brakrivier. Charles Searle het in die 1850’s na Suid-Afrika geëmigreer, en in 1859 die kontrak gekry om die tolhek te bedryf.
Tydlyn Ontwikkeling Groot-Brakrivier
Charles Searle het die behoefte van ‘n kontrei winkel raakgesien en oopgemaak. Uit sy inisiatiewe het die Searle familie ook ‘n watermeul, ‘n wolwassery, ‘n skoen- en stewelfabriek, ‘n leerlooiery, asook ‘n houtverwerkingsaanleg opgerig. Al die ontwikkelings het ook werksgeleenthede geskep en gevolglik het die inwoner getalle begin groei, waar menige mense in die Searle-ondernemings betrokke was.
Hy was ‘n diep gelowige man en in 1869 koop Charles eiendom wat onder bankrotskap was en omskep die plekkie in “ ’n plek van aanbidding”. Daar is een maal per maand drie dienste gehou. Die eerste in Hooghollands, wat toe nog die spreektaal was; en die derde in Engels. Ds Kuys van die NG Gemeente George het onder andere gereeld daar dienste gehou. Charles het ‘n nou verbintenis met die NG Kerk op George gehad en was die dorpsvader wat gesorg het dat Sondae as rusdag gevier word.
Die Mission Hall
Met die uitbreiding van die dorpie het die aanvanklike “plek van aanbidding te klein geword en Charles het in 1894 ‘n eie kerk, die ‘Mission Hall’ opgerig op eie koste. Die kerk was oop vir alle Protestantse denominasies wat erken dat Jesus Christus die fondament is waarop die kerk rus. Die kerk is op 15 September 1894 met ‘n bywoning van 600 mense uit Groot-Brakrivier en beide George en Moselbaai, van verskeie denominasies, ingewy.
‘n Eie NG Kerk
Met die ekonomiese opbloei van Groot-Brakrivier na die Anglo-Boereoorlog en ook die toename van veral Afrikaners in diens van die skoenfabriek en leerlooiery, het daar ‘n behoefte ontstaan om ‘n eie kerkgebou te bekom. Die Mosselbaai moedergemeente het reeds in 1916 die behoefte begryp en onderhandelinge tussen Ds. Wilcocks van Mosselbaai en Ds. Beyers van George het daardie jaar begin om Gemeentegrense te bepaal. Charles Searle het toe ook sy ondersteuning vir die projek getoon deur ‘n stuk grond vir die kerk en pastorie te skenk, met die voorwaarde dat die grond nie verkoop mag word of as besigheid bedryf word nie.
Op 6 Desember 1919 het die 232 inwoners van Groot-Brakrivier ‘n petisie onderteken, om hul behoefte aan afstigting uit te wys, en dit aan Mosselbaai gemeente voorgelê. Die vertrek van Ds. Wilcocks vanaf Mosselbaai en die toutrekkery oor die nuwe grense vir die Groot-Brakrivier gemeente het tot gevolg gehad dat die proses nie dadelik tot uitvoer gebring is nie. Onder leiding van die nuwe predikant van Mosselbaai, Ds. PWA de Klerk en sy kerkraad, is die kerkgebou in 1924 voltooi teen ‘n koste van £1 357. Bydraes vir die ontwikkeling was £ 200 deur die Searle-familie, £ 200 deur die kerkraad van George en £ 190 ingesamel deur ouderling Gert van Rensburg in die dorp. Mev. Willie Searle het die kerkklok geskenk.
Tydlyn van ontwikkeling van NG Kerk Groot-Brakrivier
Die Kerkgebou se hoeksteenlegging was 12 Julie 1924, en die opening was op 5 Oktober 1924. Die openings dag was ‘n groot geleentheid, en die inwydingsdiens is deur Ds. De Klerk en Ds. JA Hurter van George waargeneem. Daarna het die gemeente van hulp-predikante vanaf Mosselbaai gebruik gemaak. Die Groot Depressie en die rampdroogte het ‘n groot rol gespeel aan die uitstel van Gemeeente grense en begin van ‘n volwaardige Gemeente, met’ n eie predikant. In 1932 is Ds. FG Badenhorst, ‘n hulpleraar van Mosselbaai, met standplaas Groot-Brakrivier, hier georden. Die inwonertal was reeds meer as 2000.
Daar was ‘n groot toutrekkery oor die beheer van NG Kerk Groot-Brakrivier se beheer en gemeentegrense, tussen George en Mosselbaai gemeentes. Op 14 November 1935 het die twee Ringskommisies van George en Swellendam die afstigting gefinaliseer. Eers in 1935 het die N.G. Kerk Groot-Brakrivier sy eerste volwaardige predikant gekry. Ds. AF Malan, hulpleraar van Mosselbaai is beroep en ‘n eerste kerkraadsvergadering is op 3 Desember 1935 gehou.
3. “Ons Leraars van toe tot nou…”
Ds AF Malan 1936 – 1938 Eerste predikant van die gemeente, asook sy eerste gemeente/ Hy was hulp-prediker vir Mosselbaai, met standplaas Groot-Brakrivier. Hy het die moeilike tye van grense vasstel vir die gemeente beleef, waar daar soms min eensgesingheid was. Hy het sy gemeente gedien, ook as ‘ambulansbestuurder’ in tye van nood. Fil 2: 2 “maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, en een van strewe” was sy bede tydens die vergadering waar besluit moes word of die kelkies vir Nagmaal gebruik gaan word.
Ds DF du Toit 1938 – 1943 Sy seëngroet in 1985 vir die gemeente was: 2 Kor. 6: 16 “Ek sal onder hulle woon en wandel, en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees.”
Ds PA van der Merwe 1943-1946 ‘n Man wat toe reeds onder beroep gestaan het, en wat sy opvolger, wat agter ‘n bos weggekruip het, omdat hy nie wou preek nie, tog oorgehaal het om die Sondag in geleende klere te preek.
Ds JNW de Jager 1946-1949 Hy het hom beywer vir die uitdra van die Woord tydens gewone dienste en as tentmaker, veral in die Vakansietye toe menige vakansiegangers reeds daardie jare die area besoek het. Sy boodskap vir die gemeente: “Wees nie bevrees nie, want ek het jou verlos. Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; As jy deur die vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou.”
Ds DP Cillié 1950-1955 Ds. Cillié se eerste gemeente. Die gesegde “Skud reg julle vere” het vir die jong pastoriepaar ‘n humoristiese herinnering aan hulle eerste ontvangs in Groot-Brakrivier geword. Soos destyds die gewoonte was het van die gemeentelede die paar oppad kom ontvang. Hulle regskud van hulle vere het egter ‘n realiteit geword as gevolg van ‘n sak dons, waarvan die veertjies bly klou het, wat saam gery het in die klein Chev-karretjie. Ef 4:13 “…ons sal uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God…”
Ds LPA Spies 1955 – 1958 Sy wens in 1985 was dat “die skatkis van die Woord van elke dag vir ons skoner en mooier sal word en dat inniger meelewing en geestelike groei steeds kragtiger getuie sal wees van die genadewerk.”
“Mag ons met groter liefde en begrip na mekaar kyk en langs hierdie weg Sy Koninkryk bevorder.”
Ds SA Struwig 1958 – 1960 Hulle was maar ‘n kort tydjie in die gemeente, maar noem dat dit van hulle aangenaamste tye was.
Hy laat die gemeente met Fil. 4:19 “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy oorvloedige rykdom in Christus Jesus.”
Ds CB Roelofse 1961 – 1964 Groot-Brakrivier was sy eerste gemeente en hy het hier met egtheid en opregtheid kennis gemeek en het duursame vriendskapbande aangeknoop.
Sy wens aan die gemeente: “Mag die Here van die kerk die gemeente seën met godsvrug en volharding tot Hy kom.”
Ds MS Strydom 1965 – 1968 Ds Strydom het die bediening verlaat. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.
Ds MJ Keller 1968 – 1974 Hy was ywerig betrokke by jeug bearbeiding en het tydens vakansietye die strandaksies aktief ondersteun.
Ds CJ Bekker 1974 – 1981 NG Kerk Groot-Brakrivier was sy laaste gemeente.
Hy laat ons met die volgende boodskap van Kol. 3: 14-15 “Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.”
Ds GJ Duursema 1981 – 1984 NG Kerk Groot-Brakrivier was sy eerste gemeente. Hier het hy beleef hoe die Here voorsien in tye van behoefte, hetsy finansieël of fisies.
Hy laat die gemeente met Ps. 128: “Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en Sy wil doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees…”
Ds PJ Roodt 1985 – 2020 Ds Roodt was die predikant wat gekom het om te bly. Dit was sy eerste en laaste gemeente. Die gemeente het die voorreg gehad om sy bediening vir 35 jaar te beleef.
Tydens sy demissie diens laat hy ons met die boodskap van 2 Kor. 12: 7b-10 “…my genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.”
Ds PC Louw 2007 – 2011 NG Kerk Groot-Brakrivier was sy tweede gemeente, waar hy hom beywer het om met die jeug te werk.
Hy laat ons met die gedagte: Daar is soveel gelowiges wat vandag opgewonde is oor die Here en wat hulle geloof wil uitleef en deel.
Ds DJ Goosen 2011-huidig Ds Goosen beywer hom daarvoor dat Jesus vir ons, Jesus vir almal is. Sy fokus is om mense met deernis te hanteer.
“Maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie.”
Ds CP Viljoen 2024-huidig NG Kerk Groot-Brakrivier is haar tweede gemeente. Sy beywer haar vir die jeug en het ‘n passie vir Aktief Kerk om alle mense te bereik. In haar intreepreek het sy bevestig dat sy op die Roepstem van God gereageer het soos Samuel.
“Spreek Here, want U dienskneg luister” 1 Sam. 3: 9
4. “’n Veranderende Omgewing…”
Dit was oop ruimtes
George distrik is geproklameer in 1811, maar die plaas Wolwedans was oorspronklik deur Burgert van Dyk vanaf 1731 – 1751 bewoon. In 1762 het Hendrik vd Watt hier gevestig. Die geboue is opgerig deur Hecules Terblanch (Terblans) in 1852. In 1812 is Wolwedans as ‘n halfweg pos verklaar.
Groot-Brakrivier met die laagwaterbrug in agtergrond (foto van GB_John Mitchell 1882)
Toerisme in die Area
Wat eers net ‘n halfweg stasie oppad binneland toe was, het nou sie eie aantrekking as bestemming.
In 1989 open die oorspronklike huis van die die Searle’s, “Riversyde” as gastehuis deur Wendy agter-kleinkind van Thomas Searle, seun van Charles Searle senior. Vandag floreer die toerisme deur restaurante, gastehuisies, die Museum en kunsgalerye, wat gerieflik na aan die see is en vakansiegangers laat instroom gedurende vakansietye.
Eerste kroeg in Groot-Brakrivier is in 1986 geopen. Vandat die Searles, wat diep gelowiges was, en aan Groot-Brakrivier se ontwikkeling gebou het, was daar vir ‘n hele 100 jaar geen drankwinkel of kroeg in die dorp toegelaat nie. Daarin het die NG Kerk met die Searles handegevat, en alle aansoeke met hand en tand beveg. Die eerste dranklisensie is egter in 1985 goedgekeur.
Vloede in die vloedvlakte van die Groot-Brakrivier
Deur die jare was Groot-Brakrivier dikwels onderwerp aan vloedwaters, wat verwoesting gesaai het. Verwoesting van mense, huise en besighede.
Die eerste aangetekende verwoestende vloed van 1867, het die Searles genoop om van hulle woonhuis na die tolhuis te vlug. Daarna het die familie gehelp met die herbou van huise in die omgewing.
Die vloed van 1905
In 1989 is die Wolwedansdam, in die groot-Brakrivier, reg stroom-op van die dorp voltooi en was vir die eerste keer vol in 1996. Die dam het ‘n ‘roll-crete boog-graviteits damwal met ‘n 70m hoë damwal en ‘n lengte van 270m. Die dam was aanvanklik gebou om Mossgas (nou Petro SA) en Mosselbaai te voorsien van water. Addisioneel het dit ook die doel om die invloed van vloede te verminder op die stroom-af vloedvlakte waar Groot-Brakrivier dorp ontwikkel het.
Ten spyte van die dam se impak op vloede, het die vloede van 2001, 2005, 2006 en 2007 die Kerkraad genoop om die Pastorie, wat telkens oorstroom is tydens goeie reënjare, van sluise voor die deure te voorsien, om die vloedwaters buitenshuis te laat. Die Pastorie wat vir jare deur Ds. Paul Roodt bewoon is, is van 2022 ontwikkel as ‘n huis vir bejaardes, na sy aftrede.
Die vloed van 2007
Brandgevare
Groot-Brakrivier het ook al verskeie brande beleef, wat grootskaals skade in die dorp, aan huise en omgewing veroorsaak het.
Brand by Besighede in Groot-Brakrivier
Depressie Jare en Droogtes
Die gemeente het van hulp predikers gebruik gemaak vanaf 1924 en begin eers funksioneer as ‘n eie volwaardige gemeente kort na die Groot Depressie jare van die 1930’s wat wêreldwyd ‘n verlamende effek op ontwikkeling gehad het, asook menige mense in armoede agtergelaat het.
Daar was tydens hierdie tydperk ook rampdroogte toestande in die gebied, wat ook bygedra het tot toestande wat die gebied finansieël lam gelê het. Die area is dus duidelik blootgestel aan natuurlike droogtes, wat ook in die laat 2010’s weereens ervaar is, en waterbeperkings aan die orde van die dag was.
Taal veranderinge
Die woord is aanvanklik in Engels en Hoog Hollands gepredik, deur protestantse predikers wat in die Groot-Brakrivier besoek afgelë het om die woord te verkondig. Daar het egter landswyd die behoefte ontstaan om die Woord in Afrikaans, wat ‘n al hoe groterwordende spreektaal geword het in Suid Afrika, te ontvang. Die behoefte is aangespreek deur die Sinode en in 1933 word die eerste Afrikaanse Bybel beskikbaar vir die bediening in Afrikaans. Sedert hierdie tyd het verskeie nuwe vertalings, waarvan die nuutste vertaling 2020 is, die lig gesien. Saam daarmee kry die gemeente van N.G. Kerk Groot-Brakrivier hul eerste volwaardige predikant in 1935.
Ds AF Malan
Die 1924 voltooide kerk tydens erediens.
Politieke Veranderinge
Die politieke bestel van Suid-Afrika het ook verskeie keer van hande gewissel tydens die bestaan van die NG Kerk Groot-Brakrivier. Die beginjare was tydens die Unie-tydperk van Suid-Afrika met die Smuts regering aan bewind, terwyl die regeringstaal Engels en Hoog-Hollands was. In 1948 het die Nasionale Party aan bewind gekom, wat die Afrikaanse Taal bevorder het. In 1961 word Suid Afrika ‘n volwaardige Republiek onder eie bewind. In 1994 het die regering weereens van hande gewissel en die ANC het aan bewind gekom. Binne al hierdie verandering het die NG Kerk Groot-Brakrivier gestand die Woord van God verkondig.
Munisipake Veranderinge
Die dorpsraad van Groot-Brakrivier het in 1975 munisipale status gekry onder leiding van Mnr Bill Franklin, ‘n agter-kleinkind van Charles Searle. Gedurende 2002 word die munisipaliteit van Groot-Brakrivier weer teruggeplaas onder beheer van Mosselbaai.
Kerkterrein veranderinge
In die vroeë 1900’s het daar het daar die behoefte ontstaan om ‘n eie kerkgebou te bekom in Groot-Brakrivier. Reeds in 1916 het die Mosselbaai moedergemeente die behoefte begryp en onderhandelinge tussen Mosselbaai George het daardie jaar begin. Charles Searle het ook sy ondersteuning vir die projek getoon deur ‘n stuk grond vir die kerk en pastorie te skenk, met die voorwaarde dat die grond nie verkoop mag word of as besigheid bedryf word nie.
Op 6 Desember 1919 het die 232 inwoners van Groot-Brakrivier ‘n petisie onderteken, om hul behoefte aan afstigting uit te wys, en dit aan Mosselbaai gemeente voorgelê. Onder leiding van die nuwe predikant van Mosselbaai, Ds. PWA de Klerk en sy kerkraad, is die kerkgebou in 1924 voltooi en bydraes vir die ontwikkeling was deur die Searle-familie, die kerkraad van George en die insameling deur ouderling Gert van Rensburg in die dorp. Mev. Willie Searle het die kerkklok geskenk.
Die oorspronklike Kerkgebou (tans die kerksaal) is op 5 Oktober 1924 ingewy.
Die 1924 Kerk en Ou Pastorie
(Foto geneem na 1930, aangesien skool reeds gebou is)Vorentoe laerskool is geopen in 1930 reg oorkant die NG Kerk.
Eers in 1935 is die NG Kerk Groot-Brakrivier volwaardig as eie Gemeente met eie predikant, wat nog as hulppredikant vir Mosselbaai gemeente gedien het, begin funksioneer. In die tyd van Ds DP Cillié, is die nuwe NG Kerk voltooi in 1953, en in gebruik geneem.
NG Kerk Groot-Brakrivier
Bo-aansig van die kerk terrein met die kerkgebou in die middel
Die Kerksaal (Kerk van 2024)
Die kerksaal in sy aansig tydens ‘n funksie, 2024
Hierna word die oorspronklike kerk as Kerksaal benut vir Gemeentefeeste, opvoerings en deesdae ook as saal vir Laerskool Vorentoe tydens saal openings of afsluitings.
In 2022 het die behoefte ontstaan vir bekostigbare verblyf van bejaardes, en die NG Kerk Groot-Brakrivier se Bestuurspan het besluit om die Pastorie, waaruit Ds Paul Roodt afgetree het, te ontwikkel en word aan privaat persone uitgehuur vir die doel.
Die Pastorie langs die kerk funksioneer sedert 2022 as ‘Forget-me-Not’ Huis vir bejaardes.
Bywoning
Deur die demografiese veranderinge het die getalle van Belydende lidmate, dooplidmate, Kerkraadslede en predikante in die gemeente verander en in sekere gevalle aansienlik verhoog. Reeds in 2004 was die getalle in die kerk so hoog, dat die kerk begin bekend staan het as die ‘Opskuif-Kerk’. Tot so ‘n mate dat ‘n tweede predikant in 2007 beroep is.
Vernaderde getalle vir NG Kerk Groot-Brakrivier vanaf 1935 tot 2025
Die groei in getalle het gelei tot twee dienste in 2004, en aanleiding gegee tot hierdie kosbare liriek wat deur die destydse ouderling Gibo Gerber verwoord is:
In Groot Brak se “Opskuif-Kerk”
Hier in Groot Brak se gemeente is Sondag ‘n pyn vir jou gebeente skuif op, skuif op ons weet dis warm vir ‘n groter kerk is ons te arm
In Sint Paul se katedraal loop die duiwel self ook kaal ek is bang hul sê “skuif op”die hitte laat my vel afdop
‘n Vette oompie plons hom neer so op skoot voor ek kon keer dis warm, broertjie skuif tog op vandag kan ek die emmer skop
Doomnies Paul is bra maer van hitte word hy uitgespaar ek, ou dikke sit en sweet dit voel die satan het my beet
Paul loer weer, my gedorie vanuit die kerk se konsistorie die kerk is vol maar moenie bodder bring vir my daai beeste prodder
(Aan die Kerkraad)
Broeders, Kerkraad, en Susters ook span jul breins in, laat dit rook ‘n tweede diens? ‘n groter kerk? spaar tog ook ons Paul se werk
‘n Kerk het tog ook sy kliënte uit hul sak kom al die sente dink daaroor laat ons nie raai wyl ons nog ‘n somer braai
Maar al is dit koud of hetig warm prys die Heer, ons kom nog darem want uit die kerk vol leë banke klink daar tog geen jubelklanke
Tydens Desember vakasies, en spesifiek met Kersdag, word daar vier dienste gehou, en waar die ‘Opskuif-Kerk’ weer sigbaar is. Daar word stoele ingedra, in die instap gange en tot in die liturgiese ruimte, en die kerk is tot oorlopens toe vol.
75 Jarige bestaan
In 1975 is die vyf-en-sewentig jarige bestaan van die gemeente met ‘n kleurryke en foto ryke brosjure gevier, waar deuglike navorsing gedoen is deur ‘n groep lidmate, oor die vroeë jare van die gemeente.
75 Jarige Fees Brosjure van 2010
Die 2010 75-Jarige Feeskomitee
Die brosjure gee ‘n pragtige blik op die geskiedenis van die gemeente en is grotendeels gebruik om hierdie Historiese Oorsig die lig te laat sien.
Eie Webtuiste
Die wêreldwye pandemie, bekend as Covid19, het die kerkbywoning oombliklik gesmoor, aangesien daar geen gesamentlike byeenkomste gehou kon word nie. Die Kerkraad het dus van 2020 tot 2021 besin oor die wenslikheid van ‘n Webwerf en die gebruik van YouTube dienste, om die gemeentelede sodoende nog steeds te bedien, in woord en daad.
Na die aflegging van die verbod van samekomste, het die getalle (gemasker) stadig weer teruggekeer, maar nie heeltemal tot die ‘Opskuif-Kerk’ se getalle nie. Nou het die YouTube dienste ‘n integrales deel van die werk van die NG Kerk Groot-Brakrivier geword. Die reikwydte van besoekers uit 76+ lande aan die webwerf tydens 2024 spreek van ‘n behoefte aan kontak. Die YouTube dienste, op sy eie kanaal, het in 2024 ‘n rekord getal van 43 000+ kykers bereik met ‘n gemiddelde kykergetal van ± 700 per erediens. Plaaslik en wêreldwyd is daar dus ‘n behoefte om gereeld ‘n erediens te ontvang, al is dit in hul eie binnekamer.
“Staaltjies oor die tye…”
Hier volg slegs enkele staaltjies wat sekerlik aangevul kan word met nog menige vertellinge van die lidmate in die gemeente.
Nagmaal gebruike
In die vroeë jare van die gemeente se bestaan moes daar besin word of hulle die beker of die nagmaalkelkies gaan gebruik, wat deur die Engelse, na die Groot Griep van 1918 ingestel is, en deur Dr. William Nicol van Johannesburg-Oos ingevoer is. Op die Kerkraadsvergadering van Saterdag 29 Februarie 1936 het die leiers van die gemeente finaal oor die saak besluit. Daar moes ‘n Nagmaal servies aangekoop word. Nadat Ds. Malan die vergadering gepas geopen het met gebed, het hy ook die vergadering daarop gewys, uit Fil. 2, dat die vergadering eensgesind moet wees, ten alle koste. Die voordele van die kelkies is duidelik uitgewys, en na stemming, is op na een, eenstemmig. Daar is dus van toe hoofsaaklik van die kelkies gebruik gemaak.
Ambulans van Groot-Brakrivier
In daardie vroeë jare het die Predikant sommer ook as ambulansman opgetree. Die siek gemeentelede het eerstens die predikant geskakel. Dié het dan besluit of die persoon siek genoeg is, waarna die betrokke persoon na Mosselbaai se hospitaal vervoer is.
Wegkruip agter ‘n bos
Ds. De Jager het vertel hoe hy vergeefs weggebruik het, tydens ‘n kort vakansie aan Groot-Brakrivier, sodat Ds. Van der Merwe hom nie sou raaksien om te vra om ‘n Sondag preek waar te neem nie. Dit was vergeefs, want Ds. Van der Merwe het hom raakgesien en hy het daardie Sondag die preek waargeneem, in geleende klere. Hy is ook kort daarna beroep na die gemeente waar hy vir 4 jaar diens gedoen het.
Kinders tydens Kerkraadsvergaderings
Daar word vertel, in Dr Keller se tyd, hoe die kinders van die Ou Pastorie, tydens Kerkraadsvergaderings, al die kerkraadskinders en dorpskinders bymekaar gemaak het en die sirkelroete saam gestap, gekuier en op horings geneem het, sonder die medewete van die gemeenteleiers. “As die kat weg is, is muis baas.”
Gesig van die NG. Kerk Groot-Brakrivier Gemeente
Die gemeente is ‘n Omgee gemeente wat plaaslik en in die res van die wêreld betrokke is met mense, uitdra van die Woord, en uitleef van die Gawes wat God aan die Gemeente toevertrou. Almal is welkom, soos die visie van die gemeente dit duidelik uitwys.
Die gemeentelede is betrokke by die bedieninge (Bybelstudies, Diensverhoudinge, Eiendom, Erediens, Gasvryheid, Getuienis, Kommunikasie, Omgee en Ondersteuning) aksies en fondsinsamelings wat deur die gemeente geloods word. Gemeentefeeste word ruimskoots ondersteun, met ‘n oop hand, deur die lidmate en ander plaaslike mense, en is ‘n heerlike lekker-kuier en saamwerk geleentheid waar mense mekaar beter kan leer ken.
Die nuwe ‘waardes’ waarop besluit is in 2024, is Aanvaarding, Deernis, Eensgesinde blydskap in Christus, Gasvryheid en Mededeelsaamheid.
Erkennings en Bronnelys
Booysen Ria (2023) Familie lid van Ds. Keller (1968-1974)
Erasmus, B.P.J. (2004) Oppad in Suid-Afrika. ‘n Streek-vir-streek-gids. Jonathan Ball Uitgewers.
Gerber, G. & Gerber A. (2010) In woord en beeld 1935 – 2010: Geskiedenis van die NG Gemeente Groot-Brakrivier. Renaissance Design & Print Studio.
Redakteur (1985) NG Gemeente, Groot-Brakrivier November 1935 – November 1985. Group Editors
Roodt, P (2025) Emiritus predikant
SA Country Life September 1999. Prohibition Village.
Van Ginkel, C.E. (2025), Navorsing, verwerking en samestelling, van hierdie dokument.
Sondag 9 Februarie 2025 : Erediens en Kategese 09:00 Dinsdag 11 Februarie 2025: Bestuurspan 17:30 Woensdag 12 Februarie 2025: Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) Wolwedans boodskap, sop en brood 12 en 26 Februarie 2025 Sondag 16 Februarie 2025: Erediens en Kategese 09:00
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.
Dinsdag 11 Februarie 2025 :
Die Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 6 onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 12 Februarie 2025 :
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.) en 4B (Onder-Langstr tot Kiewietlaan) by Gert & Riana Briers, Kiewietlaan 18 – 081 039 8854.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.
Kategese :
Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 20, asook die antwoorde vir nommer 19, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Baie dankie aan elkeen vir julle gelukwensing en seën met baba Sion se geboorte. Ons is oorweldig deur almal se liefde en omgee! Ons kry nie altyd sinvol tyd om op elke boodskap te reageer nie, maar ons sien dit raak en waardeer dit baie.
Liefde,
Charné, Ruan en Emma.
Bybelstudiegroepe 2025
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke.
Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
Bid vir FEBA se bediening aan Moslembevolkings in Kirgisië, Kazakstan, Turkmenistan, Oesbekistan en Tadjikistan. Dié lande is tradisioneel en oorwegend Islamities, so daar is erge teenstand teen die evangelie, en diegene wat hulle na Christus keer, staar verwerping en mishandeling in die gesig deur hul families en gemeenskappe. Tog is baie op soek na die ware God.
Ons gebed vir die week:Bid dat God Sy kinders se geloof sal versterk gedurende moeilike tye en dat FEBA se uitsendings elke luisteraar tot ’n dieper begrip van God se Woord sal lei.
NEEM KENNIS:
Isabella Wolmarans wat ons gemeente so getrou dien by die deure elke Sondag en die tuine so pragtig onderhou gaan vir ‘n kort rukkie in New-Zealand kuier. Ons wens haar alle sëen, vreugde en voorspoed toe met haar reis.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
9 Februarie 2025
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 9 Februarie 2025.
Getuienisbediening:
Lynette se weeklikse nuusbrief, uit Madagaskar, is beskikbaar.
Fred en Paula van YWAM se Berribrokkies.
Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”.
Gemeentenuus:
‘n Historiese oorsig van die NG Kerk Groot-Brakrivier is nou op die webwerf
beskikbaar.
b) Die blokkiesraaisel en woordsoek 20 is beskikbaar in voorportaal, by die kerkkantoor se hek en kan aanlyn gespeel word op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Klub50 het op 5 Februarie 2025 hul eerste vergadering vir die jaar gehad.
Danie het die vergadering van Klub 50 van 2025 op n ligte noot met n baie mooi boodskap geopen.
Daarna het lede jolig gekuier om die Vrugte bakkie van spanspek, druiwe en waartlemoen. Te drink was heerlike sap. Wors is gebraai en wors broodjies is later voorgesit.
Tydens die foto sessie is fotos van lede geneem, van wie party prettige kostuums of bykomstighede aan gehad het.
Die bestuur is:
Voorsitter – Koos Geldenhuys, Sekretaresse – Anina Geldenhuys, Onder voorsitter – Estelle Uys, Tesourier – Johan Snyman, Fotograaf – Elsabe Richards
Het jy al ooit gewens jy kon jou geloof op ’n meer dinamiese manier uitleef – buite die kerkgebou, maar wel op ‘n Sondag?
Aktief Kerk is vir mense soos jy!
Ons kom een keer per maand bymekaar vir ’n ontspanne, aktiewe geloofsreis. Of jy nou stap, draf, fietsry of bloot die natuurskoon geniet, dit gaan nie oor prestasie nie – dit gaan oor belewenis.
Ons gesels saam oor geloof, lag saam, en bou ’n gemeenskap waar jy aktief, jouself kan wees. Geen druk. Net ’n oop ruimte om te groei en te ontdek.
Maak nie saak waar jy op jou geloofspad is nie – jy’s welkom hier! Sluit gerus aan en ervaar kerkwees op ’n nuwe manier.
“Guard my life and rescue me; do not let me be put to shame, for I take refuge in you. May integrity and uprightness protect me, because my hope, Lord, is in you.“
Psalm 25: 21
The Adventure and Expedition Rangers are currently exploring a Bible series on the Book of Psalms, and this past Saturday, we were especially blessed by Psalm 25. Every verse in this chapter is rich in meaning and deeply relevant to our daily lives. It was a comforting reminder that when we place our trust in the Lord, He provides for us and delivers us from the schemes of the wicked. The Rangers also reflected on God’s call to live with integrity and righteousness, striving to walk in His ways.
Anne and Annika taught an English Ranger Song
The new classroom is nearly complete, and I’m excited to start painting and decorating to create a warm and suitable space for the preschoolers. Annika, with her wonderful creativity, had already started on the planning of an under-the-sea mural, which we can’t wait to bring to life. Meanwhile, Dries has been hard at work finishing the safety railing to ensure a secure environment for the little ones once the classrooms are ready.
You might be wondering about progress on Gabriel. With all the rain and other pressing projects, Dries hasn’t had as much time to work on the boat as he would have liked. On February 18th, he’ll be heading to South Africa, to attend a missions conference but also to reconnect with family and friends. This break is much needed, offering him a chance to step away from daily challenges and recharge. Please pray for him that everything will fall into place and that his time in SA will be a time of refreshing.
“Hom het God as Leidsman en Verlosser tot aan sy regterhand verhoog, om aan Israel bekering en vergewing van sondes te skenk. Ons is die getuies van hierdie gebeure, en so ook die Heilige Gees, wat God gegee het aan hulle wat aan Hom gehoorsaam is.”
Hand. 5: 31-32
Met elke verkiesing, wêreldwyd en plaaslik, word mense voor die keuse van ‘n leier geplaas. Met ons beperkte kennis oor enigiemand wat hom, of haarself beskikbaar stel, is dit bykans onmoontlik om ‘n goeie keuse te maak. Dan word dit, waarvoor elke persoon staan, beoordeel. Ons is egter deeglik bewus daarvan dat mense wat politieke aspirasies het, bykans enigiets vir die mense beloof voor sulke verkiesings, want hulle wil verkies word. Dit is onmoontlik om, uit menselike perspektiewe, ‘n goeie keuse te maak. Die media ondersteun duidelik sekere rigtings en persone. Op langerlaas, word daar selde uitvoer gebring aan al hierdie beloftes, want uit die menslike natuur, staan mense dikwels vir hulle self, en wat hulle daardeur vir hulle self kan bereik. Dit maak die volgende verkiesing net nog moeiliker vir ‘n keiser, want wie kan jy glo? Wie kan jy navolg? Wie is getrou aan dit wat hulle beloof het? Wie doen wat hulle doen werklik vir die kieser?
Daar is egter een ewige Leidsman, deur God self ingestel, wat betroubaar, eg en waar is (“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Joh. 1: 1-5)). In Hand. 5: 31-32 lees ons dat Christus as Verlosser en Leidsman vir ons deur God self ingestel is.
Die hele Bybel vertel ons die verhaal van die Almag van God, en Sy belofte van die Verosser (“Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring.” (Heb. 2: 10)), wat sou kom; en ook uiteindelik gekom het (“Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het, sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef – Hy deur wie se verwonding julle genees is.” (1 Pet. 2: 21-24)).
Christus het, as Leidsman, self vir ons kom wys hoe ons moet lewe , hoe om op te tree, watter eienskappe om toe te laat in ‘n mens se bestaan (“Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soor dinge is daar nie ‘n wet nie.” (Gal. 5: 22-23)), en te besef dat dit alles uit genade aan ons geskenk is. Ons kan aan niks voldoen sonder die totale oorgee van onsself nie (“Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil volg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg; want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red.” (Luk. 9: 23-24); (“Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (Matt. 16: 24)). Ons moet vra vir die leiding van die Heilige Gees (“As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!” (Luk 11: 13)), wat God se geskenk aan ons is (“Volg dan die voorbeeld van God as geliefde kinders, en leef in liefde, net soos Christus ons liefgehad het, en Homself ter wille van ons oorgegee het as offergawe aan God, as ‘n offerhande met ‘n aangename geur.” (Eff. 5: 1-2)).
Wie anders kan die ware en enigste Leidsman wees, as die Een van wie daar jare vooruit voorspel is, en wat dit alles as waar en eg bewys het (“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenis aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, om onderdruktes te bevry, en om die genadejaar van die Here aan te kondig.” (Luk. 4: 18-19); (“Die Gees van my Heer, die Here is op my, omdat die Here my gesalf het. Hy het my gestuur om ‘n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, om die genadejaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos,…” (Jes. 61: 1-2)).
We had a couple of eventful weeks to start off the New Year. The clean-up after the cyclone is still ongoing, but everything is up and running. Dries has almost completed the work on the new roof of our balcony. He is paying extra attention to make sure that it stays attached in the event of another cyclone.
The two girls, Annika and Anne, had arrived a little more than a week ago and was overwhelmed by the new environment and culture. In fact, it was an intense culture shock to them. So much so, that they doubted if they would be able to remain here on the island. With the intervention of their parents and also mediation by Thesi who you will remember came here as a volunteer a few years ago and who was the ideal person to encourage and advise, God touched their hearts. I think that the final turning point came when they visited the school for the first time and were able to look beyond the difficult circumstances. As is the case with children, the girls were immediately accepted by all. Both of the girls are very talented. They have been in the Royal Rangers since they were little children and can really contribute a lot to our Rangers. Anne is good with sport and Annika is artistic. Sounds to me as if we have the perfect duo to help us in the ministry for the next three months. It is also the perfect opportunity for them to grow in their faith by being completely dependent on God as their helper and provider. As they are in the process of deciding what they will be studying later in the year, it will also be a good time for quiet reflection and prayer. Please pray for the girls, because we are excited about what God will do in their lives. We have seen countless times how the mission field changes hearts and minds.
Dries took it all in his stride as the girls think the Land Rover is simply the ‘coolest’ car on the island. That observation seemed to be enough for him.
Die Getuienisbediening het 28 Januarie 2025 ‘n oggend tee met versnaperinge voorgesit, as dankie vir almal wat bygedra het tot die sukses van die Wolwedans 2024 Kersprojek. Die gemeente en besighede in die omgewing het ruimskoots bygedra.
Die Kerspakkies (105) is op 12 Desember 2024 uitgedeel, en met baie dankbaarheid en soms met trane van dankbaarheid ontvang. Nogmaals dankie aan elkeen wat gedring was om by te dra om die Getuienisbediening se hande te vat.
“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”
Matt. 5: 16
Ons hou ons besig met allerlei dinge vir die kerk, in die kerk en om die kerk. Doen ons dit uit geloof en omdat dit die begeerte van ons hart is, daartoe gedring deur die Heillige Gees? Of doen ons dit om deur mense gesien en bewonder te word? Salomo wys ons duidelik daaroop dat ons nie self moet roem op wat ons doen nie (“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Laat ‘n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, ‘n buitestander, en nie jou eie lippe nie.” (Spr. 27: 1-2)). Is dit vir ons so belangrik om erkenning te kry vir dit wat ons hier op aarde vermag, dat ons vergeet dat ons eintlik net hier is om God te verheerlik? Dat daar nie so ‘n verskoning is dat mens nie tyd het om dit wat jy vir God doen, goed moet doen nie. Jammer dit is al weer my ma se motto, “As ‘n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen”. Daar is sekerlik baie van ons wat dit in alle opregtheid doen” (“Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die Here; dien Hom met opregtheid en getrouheid.” (Jos. 24: 14)). Terwyl ander graag kritiseer (“Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig.” (Joh. 7: 24); “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees . Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die duisternis nie!” (Matt. 6: 22-23)).
Elkeen van ons moet ons daagliks weer herinner daaraan dat ons eie manier, nie noodwendig die enigste manier is om iets te doen nie (“Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie. En al oordeel Ek, is my oordeel geloofwaardig, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.” (Joh. 8: 15-16)). Dit het werk met die rekenaar my geleer. Daar is ten minste drie verskillende maniere om by dieselfde uitkoms te kom. Laat ons dus leer om verdraagsaam te wees vir die manier wat ‘n ander iets doen (“Ons verdra eerder alles, sodat ons geen hindernis vir die evangelie van Christus veroorsaak nie.” (1 Kor. 9: 12); (“…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld en liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede -” (Eff. 4: 2-3)). Laat ons nie verval in eie hooghartigheid en eiewaan nie. Laat ons nederig wees soos Christus ons kom wys het om te wees.
Ons moet daagliks besef dat elkeen van ons verskillend is (“Soek die Here en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.” (1 Kron. 16: 11)), en ons kan nie met mekaar vergelyk word nie. God het vir elkeen van ons verskillende gawes gegee, om Hom te verheerlik (“My krag en sterkte is die Here, en Hy was my redding. Hy is my God, en Hom sal ek vereer, die God van my Vader, en Hom sal ek verheerlik.” (Eks. 15: 2)), elkeen op ons eie manier. Ons moet baie versigtig wees om vergelykings te tref tussen verskillende take wat mense doen! Vir God is die opregte benadering tot wat ons doen belangrik. Dis iets wat ons nie vir Hom kan wegsteek nie. Hy ken ons van geboorte af. Hy verstaan ons innerlike pyn, seerkry en opregtheid. Laat ons dus God aanbid wat alles vir ons moontlik gemaak het (“Ek, Johannes, is die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval aan die voete van die engel wat hierdie dinge aan my gewys het. Maar hy het vir my gesê: “Moet dit nie doen nie! Ek is net ‘n dienskneg saam met jou en jou broers, die profete, en saam met diegene wat vashou aan die woorde van hierdie boekrol. Aanbid God!” (Open. 22: 8-9)).
Wat Christus vir ons gedoen het, meer uitmuntend as wat enige van ons mense dit sou kon doen, moet ‘n innige dankbaarheid in ons wek, sodat ons alles wat ons doen, eet, drink, kuier, alledaagse lewe, bybelstudie, lees, sing, werk, skep, en so kan ons voortgaan, tot eer en verheerliking van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees moet doen (“Jy moet die Here jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra.” (Deut. 6: 5-6)). Laat ons besig wees met begrip en ander mense aanvaar soos wat hulle deur God begenadig is. Laat ons ons besig hou met die liefde van Christus in ons alledaagse lewe, sodat woorde nie nodig sou wees om dit uit te dra nie. Ons moet ook elke dag besef dat ons dit nie self kan vermag nie, want by die mens is dit nie moontlik nie (“Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alles moontlik.”” (Matt. 19: 26)).
Here, gee my vandag ‘n rustige hart sodat ek op U kan fokus. Gee my ‘n ruim hart sodat ek vir ander kan bid en ‘n sagte hart sodat ek ander kan liefhê – soos ek vir U.
2 Februarie – Sondag – Heerlikheid is so verfrissend
Jesus, ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. Ons dank U vir u liefde en Genade.
3 Februarie – Maandag – Eensaamheid en teleurstellings
Dankie Vader dat u liefde nooit uitgeput raak nie. Troos asseblief die wat tans hartseer en eensaam is en vir die wat teleurstellings ervaar. Ons bid vir nuwe moed in elke situasie.
4 Februarie – Dinsdag – God se blywende seën
Seën asb ons bejaardes en verswaktes sodat hulle staande kan bly in die geloof. Versterk hulle wanneer hulle swak en moeg is en om elke dag se uitdagings te trotseer.
5 Februarie – Woensdag – Vergifnis
Wees goedgesind, nederig, sagmoedig en vedraagsaam teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Dien mekaar in liefde.
6 Februarie – Donderdag – Beskerming en Wapenrusting
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Helm van Verlossing; Borsharnas van Geregtigheid; Waarheid as Gordel; Skild van Geloof; Swaard van die Gees; Evangelie van Vrede.
7 Februarie – Vrydag – Haweloos en moedeloos
Here, maak ons meer bewus van die haweloses wat nie eers ‘n kombers het om teen die storms en koue te skuil nie. Ons is nie altyd bewus van hulle angs en honger nie. Wees asseblief hulle skuiling Here en maak ons harte sag vir hulle omstandighede.
8 Februarie – Saterdag – Beloftes van God
“Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het en dit sal vir julle so wees”. “Ek sal altyd met jou wees; Ek sal jou oral beskerm; Ek sal vir jou sorg en vrede gee. Ek sal jou krag wees en jou gebede antwoord. Ek sal jou altyd liefhê”.
9 Februarie – Sondag – Opvoeding en Onderwys
Here, ons bid dat die kinders onderrig moet word met wysheid om gedagtes te vorm, met waarheid om harte te vorm, met visie vir hulle toekoms en liefde om die wêreld te vorm. Ons bid vir die onderwysers om hul roeping uit te leef met Jesus as hulle Meester.
10 Februarie – Maandag – My toekoms sonder vrees
Vader met U volmaakte liefde is ek nie meer bang vir die toekoms is nie. Op U kan ek vertrou en weet dat U altyd in beheer sal wees. U liefde is sonder einde. Ons bid vir werksgeleenthede en gesondheid wat hoop sal bring vir die wat angstig daarop wag.
11 Februarie – Dinsdag – Harmonie onder leiers
Ek bid vir alle leiers in ons kerk, gemeenskap en dat U hulle met insig en wysheid sal seën om gunstige besluite te maak. U is ons Herder op wie ons vertrou om die pad vir ons te verlig wat skeiding sal maak tussen lig en duisternis.
12 Februarie – Woensdag – Uitspansel
Hoe wonderlik is U skepping Vader en hoe wonderlik is die Volmaan vanaand. U het die uitspansel geskep wat ons donkerste nag verlig. Bring berusting en kalmte in ons lewe.
13 Februarie – Donderdag – Benat ons dorre aarde
Here Jesus, trek asseblief die sluise van die Hemel oop en stuur vir ons deurdringende reën sodat ons damme en rivier weer sal opvul. Ons land dors na water soos wat ons siel dors na U. Dankie vir die reën wat reeds neergestort het, U liefde en genade is oorvloedig.
14 Februarie – Vrydag – Jabes se gebed
Stort U seën oor ons uit Vader en vergroot ons grondgebied. Neem ons onder U beskerming en weerhou onheil van ons en ons gesinne sodat geen smart ons tref nie. Wat ons het is net genade. Wat wil U het moet ons vandag vir U doen?
15 Februarie – Saterdag – Beskerming vir elkeen
Dankie Vader vir die mense wat ons land se grense en ons omgewing beskerm. Dankie vir elkeen wat dag en nag die gemeenskap bedien en van mediese hulp te verleen. Dankie vir ons polisiemag en brandbeheer en vir elkeen wat ons bystaan in tyd van hartseer en nood.
16 Februarie – Sondag – Kerkgebou instandhouding
Here, vandag vra ek hoe kan ek bydra tot die instandhouding van ons kerkgebou en perseel. U het my al in oorvloed geseën – mag my hande nie gou moeg raak om uit te reik en te help nie – al is dit hoe gering.
17 Februarie – Maandag – Ons goue ouers
Here, die lewe van ons bejaardes is so mooi soos die herfs blare van U tuin. Gee hulle liefde waar hulle vinnig verswak en waar dit nou vinnig donker word. Help hulle om moedig te wees in hulle pyn en hou hulle vas teen die storms van die lewe.
18 Februarie – Dinsdag – Vertrou op Jesus met alles
Vader, vertroos diegene wat geliefdes en besittings verloor, in brande of met skeidings. Versterk hulle in geloof sodat hulle weer kan opbou wat tot niet gegaan het. Ons dra elkeen se gebrokenheid, elkeen se siekte en elkeen se afhanklikheid op aan U.
19 Februarie – Woensdag – Onderrig mekaar tydens Blokbyeenkomste
Kol 3:17 “Wat julle ook al sê of doen, doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom”. Ons bid dat God ons geestelike oë sal oopmaak sodat ons Hom sal eer en doen wat van ons verwag word.
20 Februarie – Donderdag – My doel
Vader, ek staan voor U met ‘n mandjie wat oorloop van ywerigheid om in U te dien. Stryk eers al my kreukels van selfbejammering en bitsigheid uit, was my silwerskoon van twyfels en sondes sodat ek bruikbaar kan wees. Dankie dat u my alreeds gebruik – net soos ek is.
21 Februarie – Vrydag – Slaaf of kind van God
Gal 4:7 “Jy is dus nie meer ‘n slaaf nie, jy is nou ‘n kind van God. Omdat jy sy kind is, het God jou ook Sy erfgenaam gemaak. Moenie toelaat dat enigiets of iemand jou van jou status as kind en erfgenaam van God beroof nie.
22 Februarie – Saterdag – Bepaal jou eie waarde
Om God die Vader te ken is om Sy wil te doen. Moenie toelaat dat jou waarde bepaal word deur die goedkeuring of aanvaarding van ander nie. Soek jy die guns van mense of van God? As ons die mens wil behaag, dan is ons nie meer ‘n dienskneg van Christus nie.
23 Februarie – Sondag – Hartenbos Versorgingsoord
Vader, ons bid vandag as gemeente vir elke bejaarde in die Hartenbos oord. Waar hulle alleen voel, wees asseblief teenwoordig. Ons ken nie elkeen se hart en omstandighede nie. Dankie dat U alomteenwoordig in hulle lewe is. Bedek hulle met U genade.
24 Februarie – Maandag – Ons kosbare Geskenk
Vader, dankie vir U kosbaarste geskenk aan ons en vir alles wat ons op ons lewensreis nodig het. Ons vra dat U ons in liefde sal toevou en met U vrede en sal lei na die bergtop van oorwinning. U sal ons nie vergeet nie – ons name is in U handpalms gegraveer. Amen!
25 Februarie – Dinsdag – Kerkraadsvergadering
Here, ons bring die leiers van ons gemeente voor U. Bedien hulle met U wysheid, insig en krag. Seën hulle in elke area van hulle lewe en in die bediening. Terwyl hulle opoffer vir die gemeente, bid ons vir hulle gesin by die huis vir kalmte en rustigheid.
26 Februarie – Woensdag – Waarvoor kan ek bid vandag?
Jesus, lei my vandag om te bid hoe om bose hindernisse te oorkom, hoe om krag te verkry om versoekinge te weerstaan en hoe om ander mense geestelik te kan versterk. Die leemte van gebed, dui aan op die leemte van geloof en vertroue op U Woord.
27 Februarie – Donderdag – Verhoudinge met alle mense
Rom 12:10 “Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde, die een moet die ander voorgaan in eerbetoning. Ons bid vir regverdigheid dat ons mekaar sal bemoedig, sal respekteer en elkeen se menswaardigheid sal raaksien. Jesus het vir elkeen gebid.
28 Februarie – Vrydag – Ek bid spesiaal vir jou
Met blymoedigheid bid ek vandag vir jou. Jy is baie spesiaal vir jou kinders, familie, vriende en vir die kerk. Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar Sy liefde vir jou sal vir ewig bly.
Sondag 26 Januarie 2025 : 09:00 Erediens en Kategese Dinsdag 28 Januarie 2025 : Rek en strek oefEninge vir seniors 08:00 tot 09:00 Woensdag 29 Januarie 2025 : • Blokbyeenkoms Blok 13 & Blok 2 Sondag 2 Februarie 2025 : • Erediens en Kategese 09:00 Woensdag 5 Februarie 2025: Klub 50 Vrydag 7 Februarie 2024 – Speletjiesaand Wolwedans boodskap, sop en brood: Woensdag 29 Januarie 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.2025:
• Baie welkom by die erediens gelei deur ds Gerrie van Deventer. Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 4:14-22. Die tema van die prediking is: So, wie is jóú Leier? • Kategese. • Spesiale offer vir Alta du Toit-Skool (Kuilsrivier) by die deure. • Daar sal GEEN tee bedien word na die erediens vir die maand van Januarie nie. • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 29 Januarie 2025 :
• Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
Sondag 2 Februarie 2025 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Plaaslike Ondersteuningsbediening by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Kategese :
Kategese vind plaas tydens die erediens (09:00-10:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2025 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Baie dankie aan die persoon wat na vore gekom het om te kom help!.
Ons benodig nog 2 mense wat kan help met die opstel van die maandelikse gebedstukke.
Elke persoon kry 3 beurte per jaar (elke vierde maand) om ‘n gebedsgids op te stel. Dit kan oor enige onderwerp handel.
Indien u wil betrokkke raak skakel vir Mona de Wet – 081 628 2866
Dankies -Bloedskenking
Die bloedskenking op 23 Januarie 2025 het 98 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 108 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Bedieninge
Bybelstudiegroepe 2025
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Kontak gerus die kerkantoor om uit te vind, watter groep die naaste aan u is.
DAG
TYD
PLEK
KONTAK-PERSOON
Maandae
16:30
Lokaal 6
Jan Richter
072 231 7859
Dinsdag
10:00
Lokaal 6
Gert Louw
082 712 7929
Dinsdag
10:00
Tergniet/Reebokhoogte
Marita Erasmus
082 253 2876
Dinsdag
10:00
Reebokhoogte (Vroue groep)
Marietjie Smit
082 771 6034
Dinsdag
10:00
Reebok (Manne groep)
Koos van Zyl
082 200 9480
Dinsdag
10:00
Groenkloof Bibl. (GK Inwoners)
Ds Danie Goosen
044 620 2205
Dinsdag
15:00
Reebokhoogte
Wilna Lourens
083 277 4999
Woensdag
07:00
Lokaal 6 (Manne groep)
Jurie Vermeulen
072 316 9562
Woensdag
10:00
Lokaal 6 (Vroue groep)
Rumada J v Rensburg
082 773 8996
Donderdag
09:00
Tergniet (Vroue groep)
Carin van Ginkel
067 173 1473
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor. • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig. • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
◦ Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 29 Januarie, 12 & 26 Februarie en 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
◦ Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied. Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur: • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer. • Hulp met inkopies. • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede. • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig. Vir meer inligting kontak: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Klub 50
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Afrika
Ongeletterdheid is ‘n groot probleem in Afrika. Tussen 60 en 70% van mense ouer as 15 in Niger, Mali en Tsjad is ongeletterd, wat gedrukte Bybels vir hulle ontoeganklik maak. Gelukkig is ongeletterdheid geen struikelblok vir radio nie en miljoene het hul lewens al aan Christus gegee sonder om ’n woord te lees. Oudio-Bybels voorsien ook God se Woord, met gepaardgaande lesse wat die teks verduidelik.
Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy Sy Woord, deur radio, aan ongeletterde mense beskikbaar stel, en bid vir Sy voortdurende seën op FEBA se bediening in Afrika.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 26 Januarie 2025
1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 26 Januarie 2025. 2. Getuienisbediening: Voorbidding word gevra vir Michelle se dogter Mari-Alena. 3. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?”. 4. Gemeentenuus: a) Gebedsgids vir Februarie 2025 is beskikbaar. b) Die Jaarprogram/Kalender is op die webtuiste. c) Die blokkiesraaisels kan aanlyn gespeel word op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.