Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Augustus 2026 – Pasop wat jy sê

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

27 Augustus

Liewe Vriend

Jou woorde kan vandag óf lewe gee óf seermaak — kies hulle versigtig.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Pasop wat jy sê

Teks:  “As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens…”  (Ps. 34:13-14)

  • Wie sy woorde beheer, beskerm sy lewe — die Here gee jou wysheid om reg te praat.  (Spr. 13:3)
  • Moenie sleg praat van ander nie — dit is een van die duidelikste tekens van ’n lewe naby aan God.
  • Leuens breek altyd meer as wat hulle regmaak; kies die waarheid, ook as dit moeilik is.
  • Gebruik jou woorde vandag om op te bou — een woord van bemoediging kan iemand se hele dag verander.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die gawe van woorde — help my om hulle vandag reg te gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Aand van Lag, Trane en Mooi Herinneringe saam met Frank Opperman

Frank Opperman - Reunie 2026-08-221 NG Kerk Groot-Brakrivier - NG Kerk Groot-Brakrivier

Laas Saterdag het ons gemeente die voorreg gehad om Frank Opperman se meesterlike eenmansvertoning, Reunie, in ons kerksaal te beleef. Dit was ’n onvergeetlike aand waar die gehoor meegesleur is deur ’n reeks nostalgiese, humoristiese en diepsinnige oomblikke.

Frank het weer eens bewys hoekom hy as een van Suid-Afrika se mees geliefde toneelspelers beskou word. Met sy uitsonderlike talent het hy die verskillende karakters so lewendig en eg vertolk dat mens skoon vergeet het daar is net één man op die verhoog. Reunie het die perfekte balans tussen die lag en die traan getref — van skouerskuddende humor oor ou skoolherinneringe tot stil, broos oomblikke van oordenking wat elkeen van ons se hartsnare geraak het.

’n Woord van Opregte Dank

’n Suksesvolle vertoning soos hierdie gebeur nie sommer vanself nie, en ons wil graag ons opregte waardeering uitspreek teenoor almal wat agter die skerms gewerk het:

  • Frank Opperman & assistent: Baie dankie dat jy jou uitsonderlike talent met ons gemeente kom deel het en vir ons ’n aand van topklas-vermaak besorg het.
  • Bles de Wet (Klank en Beligting): Baie dankie vir jou professionele toewyding. ’n Spesiale dankie vir die vinnige optrede om ekstra beligting op te spoor en op te stel, asook die sorg waarmee jy die klank en alle tegniese reëlings vlot laat verloop het.
  • Johan Smit: ’n Baie spesiale woord van dank aan Johan wat hierdie wonderlike fondsinsamelingsgeleentheid ge-inisiëer en gereël het. Dankie vir al jou harde werk met die logistiek rondom Frank se besoek en die hantering van die kaartjieverkope.

Dankie ook aan elkeen in die gemeente en gemeenskap wat die geleentheid ondersteun het. Dit was ’n riem onder die hart om almal so saam te sien geniet!

Tunakuabudu – Wastahili ewe Bwana Kupokea utukufu

Utukufu Juu Kwa Munga Tunakuabudu Wastahili Ewe Bwana Swahili Worship - Lifting Voices NG Kerk Groot-Brakrivier

Soms het ‘n mens nie baie woorde nodig om die Here se teenwoordigheid diep te beleef nie. Die pragtige Swahili-aanbiddingslied “Tunakuabudu – Wastahili ewe Bwana” herinner ons aan die eenvoud en krag van opregte lofprysing. Dit is ‘n uitnodiging om stil te raak, ons oë op die Here te vestig en Hom te aanbid vir wie Hy is—die Een wat alleen waardig is om al die eer en heerlikheid te ontvang.

Lirieke Afrikaans

Swahili Lirieke (Afrikaans):

Ons aanbid U, Here
Ons aanbid U.
Ons aanbid U, Jehovah
Ons aanbid U.

Terwyl ons sê
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
Om al die heerlikheid te ontvang.

Ons verhoog U, Here
Ons verhoog U.

Ons seën U, Here
Ons seën U.

Terwyl ons sê
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
Om al die heerlikheid te ontvang.

Lyrics English

We worship you, Lord
We worship you.
We worship you, Jehovah
We worship you.
Saying

You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
To receive Glory.

We exalt you, Lord
We exalt you

We bless you, Lord
We bless you

You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
To receive Glory.

Lyrics Swahili

Tunakuabudu Bwana
Tunakuabudu.
Tunakuabudu Jehovah
Tunakuabudu.
Tukisema

Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwaa
Wastahili ewe Bwana
Kupokea Utukufu.

Tunakuinua Bwana
Tunauinuia

Tunakubariki Bwana
Tunakukubariki

Tunakuheshimu Bwana
Tunakuheshimu

Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwana
Kupokea Utukufu.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Augustus 2026 – Ervaar self Sy goedheid

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

26 Augustus

Liewe Vriend

Om van God te hoor is goed, maar om Hom self te ervaar verander jou lewe.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Ervaar self Sy goedheid

Teks:  “Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”  (Ps. 34:8-9)

  • Die Here gee water vir die dors en vul die honger hart met goeie dinge — Hy maak elkeen vol wat na Hom toe kom.  (Ps. 107:9)
  • “Kom ondervind en sien self” — God nooi jou om Sy goedheid nie net te hoor nie, maar self te ervaar.
  • Tweedehandse geloof is nie genoeg nie; bou jou eie, daaglikse verhouding met Hom.
  • Waag dit vandag om God by iets spesifieks te betrek — en sien self dat Hy goed is.
  • Die Here God is Iemand wat in jou alledaagse lewe betrokke is. Daarom dat dit ook met jou goed kan gaan.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek self kan ervaar hoe goed U is — U goedheid is elke dag nuut.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Augustus 2026 – Veilig by God

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

25 Augustus

Liewe Vriend

Rondom jou is daar vandag ’n beskerming wat jy nie kan sien nie, maar wat nooit slaap nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Veilig by God

Teks:  “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”  (Ps. 34:8-9)

  • Soos die berge rondom Jerusalem staan, so staan die Here rondom jou — nou en vir altyd.  (Ps. 125:2)
  • Die Here beskerm die mense wat Hom dien; jy is veilig in Sy sorg
  • Veiligheid is nie dat daar geen gevaar is nie — dit is dat God by jou is.
  • Begin jou dag met selfvertroue – die Here beskerm jou alreeds.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my aan alle kante beskerm — by U is ek veilig.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Augustus 2026 – God hoor jou roep

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

24 Augustus

Liewe Vriend

Geen roep na God raak ooit weg nie — elke een word gehoor.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God hoor jou roep

Teks:  “Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.”  (Ps. 34:7)

  • As jy in die moeilikheid is, kan jy na die Here roep — Hy hoor jou gebed.  (Ps. 120:1)
  • Die Here hoor hoe mense wat swaarkry na Hom roep — jou stem is nooit te sag vir Sy ore nie.
  • Hy red jou uit ál jou moeilike tye — nie net uit sommige nie.
  • Moenie jou probleme alleen dra nie; roep vandag na Hom en kyk wat Hy doen.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor as ek roep en my uit al my moeilikheid red.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Bybels vir dankbare medegelowiges

Op 12 Augustus 2026 is daar Bybels uitgedeel by die 60Plussers van Wolwedans.

Die geleentheid is op gepaste wyse met samesang en gebed geopen. 48 Bybels met groot druk is ontvang vanaf die Bybel genootskap, na die aanvoor werk van beide Aletia Nortje, wat die behoefte geïdentifiseer het, en Ds. Leon Cronje wat die skrywe aan die Bybel genootskap gerig het.

Die Bybels is met dankbaarheid ontvang. Ds. Leon Cronje het ‘n pragtige boodskap gebring oor die waarde daarin om ‘n Bybel te besit, en hoe mens meer van God kan verstaan, en wat Hy vir ons gedoen het.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Augustus 2026 – Prys die Here altyd

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

23 Augustus

Liewe Vriend

Daar is elke dag iets om voor dankie te sê — soek dit vandag doelbewus.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Prys die Here altyd

Teks:  “Ek sal die Here altyd weer prys, Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; dié wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.”  (Ps. 34:2-3)

  • Die Here is groot en Hy verdien al die lof — Sy grootheid is te groot om te verstaan.  (Ps. 145:3)
  • Om die Here “altyd weer” te prys, beteken ook op moeilike dae — lof en erkenning aan God is nie net vir goeie dae nie.
  • Jou lof bemoedig ander: dié wat swaarkry, hoor dit en kry weer hoop.
  • Laat “dankie-sê” soos jou eerste taal wees — dit skuif jou fokus van jou probleme na die almag en troos van God.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek U altyd kan prys — laat U lof altyd op my lippe wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Alle eer…

Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” 

(Jes. 24: 15-1620)

Groot praat?  

Ons weet dat mense wat daarvan hou om groot te praat, selde baie geliefd is. Selfs die Bybel noem dat spog verkeerd is, hetsy of dit oor jou eie belangrikheid, jou besittings of jou vele dade is.

Maar interessant genoeg noem Stephan Joubert, dat daar een grootpraat uitsondering op die reël is. Dit is wanneer ons grootpraat oor God. Wanneer ons nie skaam is om vir die hele wêreld te vertel hoe groot en goed God is nie.  

Ons deins dikwels terug van so ‘n grootpratery, want netnou sê die wêreld ons is dweepers. Niemand wil tog so genoem word nie. Maar ons mag so oor God praat. Ons moet so oor God praat, want hy is die enigste wat dit waardig is!  

Teksverse: 

Eer die Here met jou rykdom...” (Spr. 3: 920); 

Die troue liefde van die Here sal ek vermeld, die lofwaardige dade van die Here in ooreenstemming met alles wat die Here aan ons bewys het -.” (Jes. 63: 720); 

Oor die troue liefde van die Here wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand” (Ps. 89: 2-320); 

Moenie die wêreld, of wat in die wêreld is, liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie, want alles in die wêreld – dit wat julle liggame begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld.” (1 Joh. 2: 15-1620); 

Maar nou spog julle oor julle hoogmoedigge optrede. Sulke spog is verkeerd.” (Jak. 4: 1620

Wie is waardig?  

Hoe weet ons dat God waardig is? Joh. 1 stel dit wonderlik, “Alles het deur Hom ontstaan”. Daar is nie nog iemand soos Hy nie. Hy is Almagtig en groots. Sy liefde vir ons is groter as wat ons ooit voor begrip kan hê. 

Ons word telkens in die Woord vertel van die grootsheid van God. Daar is geen ander vegelykbaar met die Drie-enige God waarin ons glo nie. Ons moet gedurig opsoek wees na God se koninkryk en sy geregtigheid, hier waar ons woon. Ons moet Hom so lief hê, dat Hy ons hele wese vul. Hy maak ons bewus en kweek die begeerte in ons harte. Hy alleen is waardig om alle eer te ontvang. Liedboek 207 beskryf dit so mooi: 

Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid – Aan God drie-enig ons lof en ons lied.”  

Teksverse

Maar soek eers die koningkryk van God en sy geregtigheid,…” (Matt. 6: 3320); 

“…vir die Here julle God alleen moet julle ontsag hê. Hy is die Een wqt julle sal red uit die hand van al julle vyande.” (2 Kon. 17: 3920); 

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was van die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.” (Joh. 1: 1-320); 

Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus, Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig!”(Gal. 1: 3-420); 

Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag.” (Mark. 12: 3020

Aan wie kom die eer toe? 

Daar is geen ander! God, die Vader, die Verlosser, Jesus Christus en die Trooster, die Heilige Gees moet alle eer ontvang! Die liefde wat ons so onverdiend ontvang, kom van ‘n Almagtige en liefdevolle God. Ook die hemel wesens weet dat God heilig is. 

Ons kan nie anders as om dissipels van God te wees nie, en ons liedere is ‘n heerlike beaaming van God se Almag. Geen ander wese is so groot en so goed nie. Laat ons in nederige dankbaarheid voor die Skepper God neerbuig en die hele wêreld vertel van sy wonderdade. 

Teksverse: 

Die Here het vir Moses gesê “So moet jy vir die Israeliete sê, ‘Julle het self gesien dat Ek uit die hemel met julle praat. Julle mag nie gode van silwer en goud maak en naas My vereer nie; julle mag dit nie vir julle maak nie..” (Eks. 20: 22-2320); 

Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” (Jes. 24: 15-1620); 

Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees..” (Matt. 28: 18-1920); 

Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,”sê die Here God, die Almagtige .” (Open. 1: 820); 

Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag: “Heilig, heillig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4: 820

Afkondigings 23 – 30 Augustus 2026

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT - MEI NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT – MEI NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 23 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
  • Dirk & Karen Noeth (seuntjie – Joshua Noeth).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Deuteronomium 8.
  • Die tema van die prediking is:Onthou om te onthou.
  • Bybelsondag.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Charné Viljoen.

DEURKOLLEKTE


Vandag se deurkollekte vir Bybelverspreidingsfonds gaan aan die Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie om Bybels teen subsidie te kan voorsien aan gemeentes wat spesifieke programme loots waar daar kontrole is dat die ontvanger werklik die Bybel wil hê en kan lees.

Woensdag 26 Augustus 2026 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45.  Alle belangstellendes welkom.
  • Marida – Epos Kontak.
  • GEEN Blokbyeenkoms.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 35 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 35 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 Augustus 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Getuienisbediening

Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Klub 50

Klub 50 Braai by die groot boom NG Kerk Groot-Brakrivier
Klub 50 Braai by die groot boom NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland

Tsjetsjnië is ‘n outonome republiek in die Russiese Federasie, met ’n bevolking van sowat 1.5 miljoen mense. Hoewel ’n klein minderheid (meestal Russe of Georgiërs) Christene is, is etniese Tsjetsjniërs gewoonlik Moslem en bekering tot Christenskap bring verskriklike gevolge mee. Christene is huiwerig om hul getuienisse te deel, selfs anoniem, wat evangelisasie besonder moeilik maak.

Ons gebed vir die week: Bid dat ‘n deur vir FEBA Rusland sal oopgaan om die evangelie met die Tsjetsjniërs te deel en dat die evangelie Tsjetsjnië sal verander.

Wolwedans Kinderkerk Benodig Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans Kinderkerk Benodig Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier
Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier
Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

Nuut op 23  Augustus 2026

  •  Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 23 Augustus 2026, gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Bybelstudiereekse:
    • Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
  • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Alle eer…
  • Gemeentenuus:
    • Bybels vir dankbare mede-gelowiges.
  • Die weeklikse Afkondigings, asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Tesourier Outeniqualand NG Kerk NG Kerk Groot-Brakrivier
Tesourier Outeniqualand NG Kerk NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posEpos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Augustus 2026 – Vertrou op Sy liefde

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

22 Augustus

Liewe Vriend

God se liefde oor jou lewe is soos die son — dit skyn ook as wolke dit wegsteek.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Vertrou op Sy liefde

Teks:  “Hou U liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U.”  (Ps. 33:22)

  • God se liefde reik tot in die hemel en sy trou tot in die wolke — dit is groter as wat jy kan meet.  (Ps. 36:6)
  • Sy liefde bly oor jou — nie omdat jy dit verdien nie, maar omdat Hy getrou is.
  • Hoe meer jy Hom vertrou, hoe meer ervaar jy Sy liefde.
  • Herinner vandag iemand anders daaraan dat God hulle ook liefhet.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U liefde oor my bly — ek vertrou U heeltemal.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Augustus 2026 – God is jou helper

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

21 Augustus

Liewe Vriend

Hulp is nader as wat jy dink — God self is jou helper.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is jou helper

Teks:  “Ons vertrou op die Here: Hy is ons hulp en ons beskermer.”  (Ps. 33:20)

  • Jou hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het — niks is vir Hom te groot nie.  (Ps. 124:8)
  • Om op die Here te vertrou en om in Hom te glo, beteken jy wag met hoop, nie met vrees nie.
  • Hy is jou hulp én jou beskermer — Hy help nie net nie, Hy hou jou ook veilig.
  • Wees vandag self ’n helper vir iemand anders — so word jy God se hande op aarde.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hulp en my beskermer is — ek wag op U met vertroue.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Augustus 2026 – God sorg vir jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

20 Augustus

Liewe Vriend

Nog voor jy vanoggend wakker geword het, het God reeds vir jou dag gesorg.  Hier is God se Woord net vir jou.

Tema:  God sorg vir jou

Teks:  “Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou.”  (Ps. 33:18)

  • Los jou bekommernisse by die Here — Hy sal vir jou sorg en jou nooit in die steek laat nie.  (Ps. 55:23)
  • Die Here sorg vir dié wat Hom eer — jou respek vir Hom is nooit verniet nie.
  • Vertrou op sy krag, nie net op jou eie planne nie.
  • Gee vandag jou bekommernisse een vir een vir Hom — Hy dra dit graag vir jou.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg — ek vertrou op U alleen.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Augustus 2026 – God is in beheer

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

19 Augustus

Liewe Vriend

Die wêreld voel soms buite beheer, maar God se troon staan rotsvas.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is in beheer

Teks:  “Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.”  (Ps. 33:12)

  • Die Here se troon staan in die hemel — Hy regeer oor alles en almal.  (Ps. 103:19)
  • Van waar Hy as Koning sit, sien Hy almal, ook  vir jou — niks op aarde is vir Hom weggesteek nie.
  • Die nuus of daardie dinge wat met jou gebeur, het nie die laaste sê oor jou lewe nie — die Koning op die troon het.
  • Leef vandag rustig: jou lewe is in die beste hande in die heelal. Hy sal jou beskerm en gelukkig maak.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U as Koning oor alles regeer — ek kan vandag rustig wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Augustus 2026 – God sien jou raak

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

18 Augustus

Liewe Vriend

Jy is nie vandag onsigbaar nie — die God van die hemel hou sy oë op jou.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  God sien jou raak

Teks:  “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense.”  (Ps. 33:12)

  • Die Here sien alles raak — Sy oë kyk na die mense en niks glip by Hom verby nie.  (Ps. 11:4)
  • God kyk uit die hemel en sien ál die mense — ook vir jou, met alles waarmee jy vandag sit.
  • Jy hoef nie by mense te veg vir aandag nie — die belangrikste Oog sien jou klaar raak.
  • Leef vandag asof God kyk — want wat Hy doen, doen Hy met liefde, nie om foute te soek nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my raaksien, selfs wanneer ek vir ander onsigbaar voel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Augustus 2026 – God se plan staan vas

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

17 Augustus

Liewe Vriend

Mense se planne verander heeltyd, maar daar is Een wie se plan nooit wankel nie.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  God se plan staan vas

Teks:  “Maar die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag.”  (Ps. 33:11)

  • ’n Mens beplan baie dinge, maar wat die Here besluit, staan vas.  (Spr. 19:21)
  • God se besluite geld van geslag tot geslag — ook vir jou generasie, ook vir jou.
  • As jou eie planne skeefloop, is God se plan nog steeds op koers.
  • Bou jou toekoms op Sy vaste beloftes, nie op dinge wat heeltyd verander nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U plan vir my lewe vasstaan — ek vertrou U daarmee.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Augustus 2026 – Sing vir die Here

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

16 Augustus

Liewe Vriend

Mag daar vandag ’n lied in jou hart wees wat niemand kan stilmaak nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  Sing vir die Here

Teks:  “Jubel in die Here, regverdiges, sing ’n loflied, opregtes!”  (Ps. 33:1)

  • Sing ’n nuwe lied vir die Here — Hy doen elke dag nuwe dinge in jou lewe.  (Ps. 96:1)
  • Erkenning oor Sy goedheid en grootheid, pas by God se kinders — dit is die mooiste “klere” wat jy kan aantrek.
  • Jy hoef nie mooi te kan sing nie; God luister na jou hart, nie na jou stem nie.
  • Begin jou dag met musiek wat God eer, en kyk hoe dit jou hele dag verander.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek U mag prys — U verdien elke lied.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.