Verjaarsdae
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 15 November 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie. GEEN Kategese
.Maandag 16 November 2026:Blokbyeenkoms:Blok 16 (Hersham) om 18:00 by Apie & Lida Genis, Hersham-rylaan 22
Dinsdag 17 November 2026: Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez
Woensdag 18 November 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 18 November 2026 : Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
Sondag 22 November 2026 : Erediens om 09:00 Geen Kleuterkerk & Geen
Sondag 22 November 2026 : Laaste LEEFKerk vir 2026 – Ds Charné Viljoen
Donderdag 26 November 2026: Bloedskenk 14:00 – 19:00 in die kerksaal
Sondag 29 November 2026 : Kerssangdiens 19:00
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 15-22 November 2026
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).



Henning & Anelda Aggenbacht van Klawer: Blok 01 (Plaasgedeelte)
Baie welkom by ons gemeente.
In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.




FEBA is besig om een van sy radiostasies in wes-Oekraïne op te gradeer, waar personeel veiliger sal wees as in Kijif. Aanvalle op die hoofstad neem toe en raak dodeliker. Met die winter wat voorlê, raak die energietoevoer nou ’n belangrike teiken, wat mense sonder krag vir verhitting laat. Die FEBA-span in Oekraïne het dringende gebed nodig.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat die Here hulle en hul luisteraars genadig sal wees, dat FEBA se programme troos sal bring, en dat gelowiges soos lig in die duisternis sal skyn.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Die beste lewe is nie altyd die maklikste nie, maar dit is die een wat met God se Woord saamloop. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Teks: “Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.” (Ps. 119:1)
Liewe Vader, dankie vir u woord wat my lei – help my om daarvolgens te leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Daar is niks so kragtig as om te sê “U is my God” en dit regtig te bedoel nie. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.
Teks: “U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing.” (Ps. 118:28)
Liewe Vader, dankie dat U my God is – ek wil u grootheid vandag besing.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Die storie agter die lied: “Lord of the Dance”
Oorsprong en geskiedenis
“Lord of the Dance”, wat in 1963 deur die Engelse digter en volksliedjieskrywer Sydney Carter geskryf is, het een van die mees geliefde moderne geestelike liedere regoor die Christelike wêreld geword.
Om sy lirieke te toonset, het Carter die vreugdevolle, lewendige melodie van “Simple Gifts” aangepas. Hierdie wysie is in 1848 deur die Amerikaanse Shaker-ouderling Joseph Brackett gekomponeer. Carter het ook strukturele inspirasie geput uit “Tomorrow Shall Be My Dancing Day”, ’n tradisionele Engelse Kerslied wat die lewe van Christus as ’n dans uitbeeld.
Die betekenis van die lied
In die lied praat Jesus in die eerste persoon en vertel die verhaal van sy aardse bediening. Dit strek vanaf sy geboorte in Betlehem en die roeping van die dissipels, tot by sy genesing op die Sabbat, sy kruisiging en sy triomfantlike opstanding. Eerder as om geloof as stram of somber uit te beeld, gebruik Carter dans as ’n lewendige metafoor vir die ritme van God se genade, vreugde en nuwe lewe.
’n Boodskap vir ons
Vir ons dien die lied as ’n aangrypende herinnering dat die navolging van Christus ’n aktiewe, vreugdevolle reis is. Selfs te midde van hartseer en die kruis, lei die opgestane Here ons vorentoe. Hy nooi elkeen van ons uit om in sy genade in te stap en deel te word van die dans van die ewige lewe.
Kyk en volg gerus saam met die lirieke in die video hieronder.
Jou lewe is ’n storie wat God skryf – en dit is die moeite werd om te vertel. Hier is God se Woord net vir jou.
Teks: “Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.” (Ps. 118:17)
Liewe Vader, dankie vir die lewe wat U my gee – gebruik my om van U te vertel.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Voor jou dag vandag begin, onthou wie jou kragbron is. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.
Tema: Krag en beskerming
Teks: “Die Here is my krag en my beskerming. Dit is Hy wat my gered het!” (Ps. 118:14)
Liewe Vader, dankie dat U my krag en beskerming is – ek steun vandag op U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
As jy vasgekeer voel, onthou: een gebed kan die deur oopmaak. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.
Teks: “In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor en my bevry.” (Ps. 118:5)
Liewe Vader, dankie dat U my hoor as ek roep – maak my vry van wat my vashou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Batterye word pap, data raak op en vakansies eindig – maar God se liefde raak nooit op nie. Hier is God se boodskap net vir jou.
Teks: “Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!” (Ps. 118:1)
Liewe Vader, dankie dat u liefde nooit eindig nie – ek loof U omdat U goed is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Matteus 10: 40-42
Tema: Van Kroon tot Voorskoot!
Waardes: Gasvryheid en Mededeelsaamheid
Datum: 8 November 2026
Trane is nie die einde van jou storie nie – God skryf ’n beter hoofstuk. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Teks: “U het my van die dood gered, U het ’n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie.” (Ps. 116:8)
Liewe Vader, dankie dat U my trane afdroog – help my om ander ook te troos.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
”’n Standvastige gesindheid sal U in volkome vrede bewaar, omdat daar op U vertrou word.”
(Jes. 26: 320)
Die belofte van vrede van God?
Die vrede van God is uniek. Ons begryp dit nie. Dit is vreemd aan ons manier van dink en redeneer. Christus self noem dat sy vrede wat Hy ons gee, nie die vrede is wat deur mense verstaan word nie, of wat deur die wêreld vir ons aangebied word nie.
Paulus het dit ook herhaaldelik genoem dat die vrede van God deur Christus alleen bewerkstellig word. Hy bring vrede en die evangelie van Christus is ‘n verkondiging van vrede. Ons as mens is nie in staat om hierdie vrede self tussen ons en God te maak nie. Hierdie vrede is ver bo ons vermoë, grootste ideale en diepste begeertes.
Hierdie rykdom, die vrede van God, is oorweldigend. Hoe God ons, swak en dikwels afwykende sondige mense, so lief kon hê, gaan ons verstand te bowe, maar dit is werklik hoe lief God ons het.
Teksverse:
“En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.” (Fil. 4: 720);
“Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie.” (Joh. 14: 2720);
“Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vadder van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan, en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van sy erfenis vir die heiliges behels, wat die onvergelykbare grootheid van sy mag is, vir ons wat glo ooreenkomstig die werking van sy groot krag, wat Hy uitgeoefen het in Christus, toe Hy Hom uit die dood opgewek het, en Hom laat sit het aan die regterhand in die hemele,….” (Ef. 1: 17-2020);
“Dit is Christus wat vrede gebring het tussen ons. Die Jode en die heidene was altyd apart en hulle was mekaar se vyande.” (Ef. 2: 1420);
“Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”(Jos 1: 920)
Die voorwaardes van God se vrede
Daar is tog een hoof voorwaarde waaraan ons moet voldoen. Ons moet volkome, met ons hele hart, siel en gees, op God vertrou. Dit is die fondament waarop die vrede van God berus. J.B. Figgis het dit so mooi gestel: ‘God is die fondament waarop vrede gebou word en die geheim van vrede is vertroue op God’.
Dis wanneer ons ons volle vertroue in God stel, dat ons die vrede van God kan ervaar. Dan besef ons dat ons absoluut niks is, en sonder God se bystand niks kan wees nie. Net soos Hiskia moet ons aan God vashou en nie wegdraai van God nie. Ook Salomo en Jeremia dryf ons om vas te hou aan God met volle vertroue in sy Almag, omdat ons weet dat Hy die rots is wat nooit sal wankel nie.
Teksverse:
“Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees.” (Fil. 2: 520);
“Verder broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. Wat julle van my geleer en ontvang het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees.” (Fil. 4: 8-920);
“Vertrou te alle tye op die Here, want die Here, die Here is ‘n ewige rots.” (Jes. 26: 420);
“Op die Here, die God van Israel het hy vertrou. Ná hom was daar onder al die konings van Juda niemand soos hy nie, ook niemand onder dié wat voor hom was nie. Hy het aan die Here vasgehou en nie van Hom weggedraai nie. Hy het sy gebooie, dit wat die Here Moses beveel het, nagekom.” (2 Kon. 18: 5-620);
“Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.” (Spr. 3: 520)
Sondag 8 November 2026 : Erediens om 09:00 Kleuterkerk & Kategese Afsluiting – Kinderdankoffer.
Woensdag 11 November 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
Woensdag 11 November 2026 : Blokbyeenkomste Blok 08 (Groenkloof) om 16:00 in Groenkloof eetsaal .
Woensdag 11 November 2026 : Blokbyeenkomste Blok 14 & 15 (Dolphin Creek & Eiland) om 18:00 , Dolphin Creek 62
Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbediening
Sondag 15 November 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie. GEEN Kategese
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 8 – 15 November 2026
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats



-Konrad & Magda Nelson van Wellington:
Blok 10 (Bergsig-Bo)
-Martin & Diedre Schoon van Pietersburg: Blok 11 (Sandhoogtepad)
-Hannie du Plessis van Pietersburg: Blok 11 (Sandhoogtepad)
Baie welkom by ons gemeente.

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 38, asook die antwoorde vir nommer 37 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.



Dit is tyd vir FEBA Radio SA se Kersfees Radioprojek! Elke jaar samel ons fondse in spesifiek vir radio’s en oudio-Bybels om na ’n spesifieke streek gestuur te word. Verlede jaar se projek het ’n besending vir Soedan befonds en vanjaar se projek sal dieselfde vir Mali, Niger en Tsjad doen. Hierdie lande het ’n gemiddelde volwasse geletterdheidskoers van minder as 35% sowel as baie beperkte internettoegang. Daarom is radio die perfekte medium waardeur mense God se Woord kan hoor en bestudeer.
Ons gebed vir die week: Bid dat die Here sal voorsien wat FEBA benodig om luisteraars in Mali, Niger en Tsjad met die evangelie te bereik.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Op die dae wanneer jy voel jy kan niks doen nie, kan God alles doen. Hier is God se boodskap, net vir jou, vir vandag.
Teks: “Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered.” (Ps. 116:6)
Liewe Vader, dankie dat U my red al is ek magteloos – U is my sterkte.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Jy hoef nie te wonder of God omgee nie – Hy is genadig en sy hart gaan na jou uit. Hier is God se Woord net vir jou.
Teks: “Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons.” (Ps. 116:5)
Liewe Vader, dankie dat U genadig is en U oor my ontferm – help my om ook genadig te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Dis lekker as iemand jou regtig ken – en God ken jou beter as enigiemand. Hier is God se boodskap, vir jou, vir vandag.
Teks: “‘Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,’ sê die Here, ‘omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.’” (Ps. 91:14)
Liewe Vader, dankie dat U my ken en red – ek wil U ook al beter leer ken.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
| And just like that our electricity problems have been solved! PM has finally been able to fully switch to solar energy and we are happy to be included. After almost five years of endless power problems, we are now trying to get use to the good electricity (yes, we still feel as if it is just a dream); bright lights that don’t flicker and fade, appliances that work properly and at the same time. A pretty mundane thing to start of the week’s news, but what a blessing! |
| The schools are closed this coming week for the mid-term break. We concluded the Ranger’s Song series with a ‘talent competition’. They were divided into four groups, representing different countries and they took it all very seriously as they practised during the week. Stephano, the new grade 4 teacher, was the presenter and as is always the case when Malagasy people have a microphone in their hands, he went all in. We had some of the leaders as the judges, Norbert handed out the medals and it was just wonderful to see how the Rangers enjoyed themselves. A very good end to the term. Please pray for Stephano as he asks a lot of questions about the Bible and faith and we can see how God is drawing him closer. |
| The training of the teachers who will use the Reading Rocket flashcard lessons in French from January, is progressing. At the moment we are focusing on language and presentation. Clarisse, Séverine, Ella and Marie were very nervous at the start, but I reminded them that we are all learning and that making mistakes is part of the journey. They have improved so much in a short time and I also see that they are now more aware of the benefit this program will have for the children. |
| Larisdiana made this visual for the classroom and I found it very appropriate for teachers and children alike. Growing in mind, body and spirit. |
| May you have a blessed week. |