6 Oktober
Liewe Vriend
Voel jy soms of niemand verstaan wat regtig gebeur het nie? God sien alles raak, en Hy sal jou saak regmaak. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Tema: God maak dit reg
Teks: “Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag.” (Ps. 37:6)
• Wat die Here doen, is ’n wonder in jou oë — Hy kan dinge omdraai wat jy nooit moontlik gedink het nie. (Ps. 118:23)
• As iemand leuens oor jou vertel, hoef jy nie terug te slaan nie of op jou punte te staan nie — God sal die waarheid laat uitkom.
• Die waarheid is soos die son: wolke kan dit ’n rukkie wegsteek, maar dit breek altyd weer deur.
• Bly vandag eerlik en vriendelik, al word jy verkeerd verstaan.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my hart ken — ek los my saak in u hande.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


