7 Oktober
Liewe Vriend
Daar is so baie geraas om jou — mag jy vandag ’n stil plek in jou hart vind waar net jy en God is. Hier is God se Boodskap vir jou vir vandag.
Tema: Wees stil voor God
Teks: “Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie.” (Ps. 37:7)
• Die Here is God, en dit is Hy wat vir jou lewe gee. (Ps. 118:27)
• Om in stilte op God te vertrou, beteken jy hoef nie heeltyd te stres of te kla nie.
• Moenie jaloers raak as dit lyk of ander met verkeerde dinge wegkom nie — God sien alles.
• Vat vandag vyf minute sonder mense, jou foon, musiek of televisie en sit net stil by God.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek by U stil kan word — maak my hart rustig in U.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


