10 Oktober
Liewe Vriend
Wanneer God se woorde in jou hart woon, weet jy waarheen om te gaan, al is die pad soms deurmekaar. Hier is God se Woord vir jou vir vandag.
Tema: Woord in jou hart
Teks: “Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie.” (Ps. 37:31)
• God maak jou lewe ryk en vol — daarom is dit lekker om na Hom te luister. (Ps. 119:32)
• God se woord in jou hart is soos ’n GPS: dit help jou om nie te verdwaal nie.
• Kies vandag een Bybelvers en leer dit uit jou kop.
• Hoe beter jy God se woord ken, hoe makliker word dit om reg te kies en goed te leef.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir u woord — skryf dit diep in my hart sodat ek nie van koers af raak nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


