Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Oktober 2026 – God red in nood

11 Oktober

Liewe Vriend

As dit voel of jou wêreld uitmekaar val, onthou: God het al baie mense uit groter moeilikheid gered.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  God red in nood

Teks:  “… maar die regverdiges word deur die Here gered. Hy is hulle toevlug in tyd van nood.”  (Ps. 37:39)

•       God se liefde vir jou is troue liefde — Hy red jou, net soos Hy belowe het.  (Ps. 119:41)

•       Nood is nie ’n teken dat God jou vergeet het nie — dis juis waar Hy sy krag wys.

•       Vertel vir God eerlik hoe jy voel; Hy kan alles hanteer wat jy sê.

•       Praat ook met iemand wat jy vertrou — God gebruik dikwels mense om te help.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my veilige plek is in moeilike tye — ek hardloop vandag na U toe.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.