Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Konings 5:1-14 (2020-vertaling).
Die tema van die prediking is: Na wie luister ons?
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 9 Julie 2025 :
GEEN Kooroefening gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 23 Julie.
Sondag 13 Julie 2025 :
Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Julie 2025 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 25, asook die antwoorde vir nommer 24, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Verjaarsdae 28
Bedieninge
Roomysbakke
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate: 1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of 2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Kategese :
Daar is geen Kategese tydens die skoolvakansie nie. Kategese begin weer 27 Julie en vind plaas tydens die erediens (10:00-11:00). Die kinders kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“Met my hele hart wil ek U prys, Here, wil ek van u magtige reddingsdade vertel”(Ps. 9:2 Afr83).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Soedan
Prys God dat FEBA Soedan se fasiliteite suksesvol opgerig is! Deur Sy genade is die radiostasie, personeelverblyf en ‘n 90-meter hoë toring in slegs drie maande voltooi. FEBA Soedan het ’n potensiële gehoor van sowat 4 miljoen – weens die aantal vlugtelinge in die gebied – maar die span benodig steeds toegewyde en kundige personeel om uitsendings te vervaardig.
Ons gebed vir die week: Bid dat die regte mense by FEBA Soedan sal aansluit en vra vir God se leiding waar hulle nou moet begin inhoud skep om Christus aan hul luisteraars te bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 6 Julie 2025
1.Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 6 Julie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ruan & ds Charné Viljoen(seuntjie – Sion Viljoen).
Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Korintiërs 3:1-11.
Die tema van die prediking is: Laat dit skyn.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
“Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ‘n graanoffer in die aand” (Ps. 141:2).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Soedan
Die konstruksie van FEBA Soedan se radiostasie in die Nuba-berge is voltooi, maar daar lê nog werk voor! Die gebied het bitter min infrastruktuur, swak paaie, geen elektrisiteit- of waterinfrastruktuur nie, en swak selfoonopvangs. Die omliggende gemeenskap is die radiostasie egter baie goedgesind.
Ons gebed vir die week:Prys die Here dat die bouwerk veilig voltooi is. Bid dat die regte personeel gestuur sal word, en vra vir sterk verhoudings en oop harte. Vra ook vir God se wysheid waar die span oplossings vir elke hindernis soek.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate: 1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of 2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Sterftes 2025:
19 Junie – Johan de Klerk: Wyk 06A Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 22 Junie 2025
Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediensvan 22 Junie, gelei deur ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Getuienisbediening
Michele se opdatering van Mari-Alena se behandeling en gebedsversoek vir die werk in die Oekraïne.
Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagskar.
Bybelstudiereeks:
Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar.
Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Waarheid?”
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Woensdag 11 Junie 2025 :
BlokbyeenkomsBlok: 11A & 11B (Pienaarstrand tot Heroldsbaai) om 18:00 by Jan en Ina Meyer – Ganslaan 9, Outeniquastrand. Jan Nortje – 082 806 3794.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 15 Junie 2025 :
Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Vadersdag.
Nasionale Biddag vir Blindes.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Innovation for the Blind by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Verjaarsdae Junie 2025
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se bediening aan die Buryat
Die Buryat-mense is ‘n Mongoolse etniese groep met ‘n bevolking van sowat 500,000 wat hoofsaaklik in Siberië woon. Hulle is onbereik – minder as 1% van die Buryat is Christene, terwyl die meerderheid ‘n mengsel van Boeddhisme en sjamanisme beoefen. Boonop het hulle geen toegang tot ‘n opgedateerde Bybel in hul taal nie. FEBA saai die Goeie Nuus aan die Buryat-mense in hul eie taal uit.
Ons gebed vir die week:Bid dat Buryat-luisteraars hul harte sal oopmaak en Christus deur FEBA se uitsendings sal leer ken.
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die volgende uitreikdatum vir die tweede kwartaal is 18 Junie.
Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Om gaar te maak roer 3,5liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Jeugkerk (Kinderkrans van ouds) by die AGS Gemeenskapsaal:
Elke Vrydagmiddag vanaf 14:30 tot 16:00 word die kinders met die Woord bedien, hulle sing en dan verdeel hulle in groepies waar die les van die dag behandel word. Hulle neem ook deel aan verskillende aktiwiteite en ontvang daarna ‘n koeldrankie en ‘n pakkie met iets lekker in. Ons beplan om ‘n rooster op te stel sodat dit nie nodig is vir elke “mentor” om elke week te gaan nie, maar tans is daar te min mentors.
Indien die Heilige Gees dit op u hart lê om hier betrokke te raak kan u vir Adriaan Kamper – 0828011332 of Karen Kamper – 0845042785 kontak vir meer inligting.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 8 Junie 20251. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Nagmaal Erediens van 8 Junie, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, is beskikbaar. Al die Pinksterdienste, ‘Die Heer en Lewendmaker’, skakels is op die webtuiste beskikbaar, sou u weer na ‘n diens wou gaan luister wat u aangeraak het. Getuienisbediening: Daar is weeklikse nuus vanaf Madagaskar. Die nuutste nuus vanaf Michele oor Mari-Alena se behandeling, asook die projekte van Oekraïne is geplaas. Bybelstudiereeks: Die Junie ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar. Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Ontvanklik?” Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17:20-26 en Handelinge 16:25-34.
Die tema van die prediking is: In mekaar.
Biddag vir Ekologie.
Kategese.
Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen & Ds Nelis Janse van Rensburg.
Woensdag 4 Junie 2025 :
Daar is GEEN blokbyeenkoms tydens Pinkster nie.
Let asb op dat die week se kooroefening om 17:15 plaasvind. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 8 Junie 2025 :
Erediens om 10:00 – Ds Nelis Janse van Rensburg.
Pinksterfees & Nagmaal.
Biddag vir Jeug & Kategese.
GEEN Kategese.
Sinodale offer vir Jeugwerk by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen (Nagmaal).
Eredienstye vir Junie Julie en Augustus
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Junie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 24, asook die antwoorde vir nommer 23, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Sterftes 2025
Bessie Reinhardt van Jan Kempdorp in die Noord-Kaap. Ma van Alida Terblanche en Janetta Visser is oorlede op 27 Mei in die rype ouderdom van 104 jaar en 7 maande. Ons innige meegevoel aan haar geliefdes.
Verjaarsdae
20 Junie 2025 Magda Louw Kletterkunde
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 4 & 18 Junie.
Ons grootste sopverskaffer is vir 2 maande uitstedig, ons nooi meer mense uit om asseblief te help met sopvoorsiening vir die volgende 2 maande.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5
liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
FEBA ELSEA (Ethnic Languages of Southeast Asia) is ‘n lewende voorbeeld van Handelinge. Meer as 20 spanne van verskillende tale, se personeel reis na afgeleë gebiede om luisteraars te besoek en te bemoedig, vir die siekes te bid en mense van God se Woord te leer. Hulle reis dikwels in die geheim, want sommige is voorheen in hegtenis geneem omdat hulle die evangelie deel. Ons gebed vir die week:Bid dat God FEBA ELSEA se geloof sal versterk om elke hindernis te oorkom en vra dat Hy die saad sal laat groei waar die bediening dit geplant het.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)1 Junie 2025
Erediensbediening:
a) Die skakel na die YouTube Erediens van 1 Junie, gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
b) Die Pinksterdienste, gelei deur ds Nelis Janse van Rensburg, wat om 18:00 op 1 Junie 2025 begin, sal die volgende dag per WhatsApp uitgestuur word. Al die dienste word opgeneem en uitgestuur.
Getuienisbediening:
Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
“Frontiers SA – 5 dae gebedsgids tydens HAJJ” is op die webwerf.
Bybelstudiereeks:
Die Mei ‘Skep asem vir vandag’ is vroegoggend elke dag se padkos.
Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Die Heilige Gees!”
Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Die Christelike Afhanklikheids Diens is ‘n dinamiese organisasie vir die ondersteuning van substansafhanklikes en hul gesinne. Ons hoofdoelwit is om te verseker dat die herstellende stof afhanklike weerhou van die gebruik van afhanklikheid-produserende stowwe. Hulle ondersteun die afhanklike en hul gesin fisies, sielkundig, sosiaal en godsdienstig om meer produktief en gelukkig te wees. Uit persoonlike ondervinding weet ons dat daar hoop is, en as sodanig het ons ‘n opregte begrip van die probleem. Die CAD is nie ‘n behandelingsfasiliteit nie, dit is ‘n ondersteuningsgroep.
Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei, asook aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).
Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:6-9 (1983-vertaling).
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:1-9 (2020-vertaling).
Die tema van die prediking is: Die Onverwagte?
Vierde Lydensweek.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Woensdag 26 Maart 2025 :
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Kobus Stander – 084 657 3611.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Donderdag 27 Maart 2025 : Bloedskenk
Skenk Bloed op 26 Maart 2025
Vrydag 28 Maart 2025 :
Skole sluit.
Sondag 30 Maart 2025 :
Erediens om 09:00.
Prediker – Dr Gerrie van Deventer.
Doop.
Vyfde Lydensweek.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Magdalenahuis by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.
Verjaarsdae
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Van hierdie maand af verleng FEBA Pakistan se daaglikse mediumgolfuitsendings van 30 na 60 minute! Die span werk ook aan ’n nuwe videoreeks, “Christelike Gesinslewe”, wat hopelik in April op YouTube sal begin uitsaai. FEBA Pakistan se opvolgwerkers het intussen hulle werk op alle uitsaaiplatforms uitgebrei om kontak te maak met mense wat na God soek en om nuwe luisteraars leiding te gee.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Pakistan se span veilig sal bly en dat hul nuwe programme oorvloedige vrug sal dra.
Klub 50
Staan ‘n kans om ’n krat vol kruideniersware te wen!R20 lootjies Sondae by die tee na kerk by Johan Smit te koop.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
23 Maart 2025
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 23 Maart 2025.
Getuienisbediening:
Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
Michelle Potgieter gee aan ons terugvoer oor Mari-Alena.
Bybelstudiereeks:
Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Nuwe Gebod”.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen & ds Charné Viljoen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 2:36-47.
Die tema van die prediking is: NG Kerk Groot-Brakrivier?
Derde Lydensweek.
Kategese afsluiting (kwartaal 1) – hervat weer op 13 April.
Spesiale offer vir Carpe-Diem Skool by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 19 Maart 2025 :
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6A (Suiderkruis) by Kobus en Ansie Pieters, Hydriaweg 1A. Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 21 Maart 2025 :
Menseregtedag – Kerkkantoor gesluit.
Sondag 23 Maart 2025 :
Erediens om 09:00.
Prediker – Ds Danie Goosen.
Vierde Lydensweek.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 –Ds Danie Goosen.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Bedieninge
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Prys God vir FEBA Mosambiek se sewende stasie, Victory FM, wat nou in die Cuamba-streek uitsaai! Programme dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe in agt tale, insluitend gesinslewe, geestelike leierskap, Bybelstudie en kinderprogramme.
Ons gebed vir die week: Bid dat God die Victory FM-span met wysheid, krag en kreatiwiteit sal toerus in hul bediening aan nuwe luisteraars, en dat Hy Sy krag deur elke uitsending sal gebruik sodat dit diegene sal bereik wat dit moet hoor.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
16 Maart 2025
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 16 Maart 2025.
Getuienisbediening:
Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
Bybelstudiereeks:
Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Regverdige oordeel…”.
Gemeentenuus:
Kort artikel, ‘Klub50 maak musiek’, oor die vrolike samekoms van die 50-plussers.
Die Bybelblokkiesraaisel No. 22 van volgende maand is reeds beskikbaar op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 12 Maart 2025 :
NEEM KENNIS: Daar is GEEN Blokbyeenkoms die week nie as gevolg van die Moderamenvergadering wat ds Danie moet bywoon op 11 & 12 Maart.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 16 Maart 2025 :
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen. Derde Lydensweek. Kategese. Spesiale offer vir Carpe-Diem skool by die deure. Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Danie besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Die 8ste Maart was Internasionale Vrouedag. Kom ons bid vir die vroue in FEBA se bediening. Sommige vroulike luisteraars is in ongesonde verhoudings vasgekeer of word oorweldig deur moederskap, terwyl ander bid dat hulle mans en seuns veilig vanaf die oorlog sal terugkeer. FEBA se vroulike personeel vereenselwig hulself met hierdie luisteraars deur gedeelde ervarings en dien as lewende voorbeelde van God se herskeppende liefde.
Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA se vroulike personeel krag sal put uit God se teenwoordigheid wanneer hulle met luisteraars werk en dat luisteraars vreugde in Christus sal ontdek.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)9 Maart 2025
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 9 Maart 2025.
Getuienisbediening:
Daar is sendingnuus en toekomsplanne
Bybelstudiereeks:
Daar is vanaf 1 Maart 2025 kort nuwe dagstukkies, ‘Skep asem vir vandag’, beskikbaar. U kan vorige dagstukkies vind deur die skakel onderaan die berig.
Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse”.
Gemeentenuus:
Die Wêreldbiddag van 2025, by VGK, is opgedateer met meer inligting oor die Cook Eilande (die gasheer en program saamstellers) asook musiek, wat spesiaal vir die dag geskryf is. Kyk gerus daarna.