Sondag 29 Junie 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ruan & ds Charné Viljoen (seuntjie – Sion Viljoen).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Korintiërs 3:1-11.
- Die tema van die prediking is: Laat dit skyn.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 2 Julie 2025 :
- Klub 50 Bingo – 10:00 in die kerksaal (sien meer inligting agter).
- GEEN Kooroefening gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 23 Julie.
Sondag 6 Julie 2025 :
- Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Sterftes 2025:
21 Junie – Matthys Johannes Engelbrecht: Wyk 01
22 Junie – Hannes van Eeden: Wyk 14 Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Julie 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 25, asook die antwoorde vir nommer 24, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
- Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.
Resep –
100g sopmengsel,
100g rys,
100g lensies,
150g soja,
1 blokkie aftreksel,
1 pakkie sop.
Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak. Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag” (Ps. 5:3 Afr83).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA in Irak
FEBA se vennoot in Irak het onlangs ’n nuwe program begin uitsaai waarin gelowiges hul getuienisse deel. Baie luisteraars het die stasie al gekontak met vrae oor Jesus. Die span brei ook sy bediening uit na ’n tweede stad met 1.3 miljoen mense, waar God reeds mense se harte voorberei – hulle het al die radiostasie begin gekontak om vir Bybels te vra!
Ons gebed vir die week: Prys God vir Sy voorsiening en bid dat Hy FEBA se vennoot, sowel as die luisteraars, sal bewaar in ’n land waar gelowiges vervolg word.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
29 Junie 2025
1. Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 29 Junie,
gelei deur ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Michele se dankbaarheid en opdatering van Mari-Alena se behandeling.
- Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagskar.
- Bybelstudiereeks:
- Die ‘Skep asem vir vandag’ is elke dag beskikbaar, moet dit nie mis nie.
- Vind die Weeklikse: Stof tot nadenke: “Hoe lees ons die Bybel?”
- Gemeentenuus:
Die Gebedsgids vir Julie 2025 is beskikbaar op die webtuiste.
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen
Charné Viljoen
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



