Afkondigings 11-18 Mei 2025

Sondag 11 Mei 2025 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Handelinge 9:1-17.
  • Die tema van die prediking is: Koers Aanpassings.
  • Moedersdag.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Ramot by die deure. (Sien ook: Ramot: ‘n Nuwe lewe ‘n Nuwe begin)
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.

Woensdag 14 Mei 2025 :

  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9B (Vogelsang tot Duinelaagte) by Chris & Ann Pretorius, Heuwelsig 10. Kontak Ann Pretorius – 082 565 1868.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 18 Mei 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Kategese.
  • Sinodale offer vir Arbeidsbediening by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Dankies -Gemeentefees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons gemeentefees.

Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.

Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Mei
Verjaarsdae Mei

 Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Omgeebediening Kos pakkies
Omgeebediening Kos pakkies

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 21 Mei en 4 & 18 Junie.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Magda Louw 20 Junie 2025
Magda Louw 20 Junie 2025

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd

“Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte” (Spr. 31:31 Afr83).

Vandag vier ons elke ma-figuur wat iets goed in ons lewe gebring het. In Afrika en Asië is daar talle vroue wat sukkel om alles te wees wat hulle gesinne nodig het. FEBA saai programme uit wat hierdie vroue bemoedig deur alledaagse probleme vanuit ‘n Bybelse perspektief te bespreek en praktiese raad oor huwelik en kinderopvoeding te gee.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se programme elke ma die nodige wysheid sal gee om haar huis op die Rots te bou en tot seën vir haar kinders te wees.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  1. Mei 2025
  2. Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 11 Mei, gelei deur Dr Gerrie van Deventer, is beskikbaar.
  3. Getuienisbediening:
  4. Bybelstudiereeks:
    • Die Mei ‘Skep asem vir vandag is vroegoggend elke dag se padkos.
    • Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: “Keuses…”
  5. Gemeentenuus:
    • ‘n Kort oorsig, toegelig met fotos, van die Gemeentefees van 3 Mei, kan gevind word op die webtuiste.
    • Die Afkondigings is op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier